SMS'e vir 15 Junie 2018
SMS'e vir 15 Junie 2018

SMS'e vir 15 Junie 2018

". . .eed van Hipokrates. . ."
Dani Booysen
Baie mense het nou iets te sê aangaande Nujoma se opmerking. Is dit 'n geval van die waarheid maak seer? Vra maar net.



Mens wil nie Oshiwambo-kamerade oor een kam skeer nie, maar dit is Hage Geingob se skuld dat Utoni Nujoma 'n senior ekonomiese ministerie gegee is. Utoni ken niks van landbou.



Die geneeshere by Keetmans se staatshospitaal sal die roeping wat hul veronderstel is om uit te leef tot die letter moet nakom. Terwyl siek mense by ongevalle vir 2 dae (48 ure) op aandag wag, word mense ignoreer en 10 minute voor een gegaan vir ete en na 14:15 ingeklok in plaas van 14:00 Namiddae word 17:00 uitgeval wyl siekes steeds wag. Die verstandhouding dat jul nie oortyd betaal word nie, is nie betaamlik nie. Aangesien jul nie naamplate dra nie weet ons ook nie wie ons sou behandel nie. Die eed van Hipokrates is waar? Ons weet van “no name”-produkte, maar “no name”-dokters? – Verwaarloosde



Waar is Hardap se streekraadslede? Al wie ons sien, is raadslid Hercules Jantze wat dinge gedoen kry. Dan sien jy die goewerneur daar waar aksie is vir oorsig. Res van die raads­lede doen net mooi niks in Hardap. Is raadslid Hercules Jantze die enigste een met vernuf onder julle?



Miskien verstaan ek nie, maar alle sportsoorte in Namibië is vanaf laerskool onderworpe aan transformasie, veral skolenetbal en o ja, ­veral rugby. Die kwotas word ­duidelik uitgespel en so word paloekaspanne Suid-Afrika toe gestuur. Wat sien ek vanoggend? Die hele, maar hele senior netbalspan is gekleurd. Nie een ou wittetjie nie, maar dit is heeltemal oraait. Wat 'n massiewe klug is sport nie in ons land nie. Solly Duiker, word tog wakker.



Maria, mooi gedans Woensdag. Dans so voort. – Norman Kotze



Wil net weet wie was verantwoordelik vir die insameling van die geld wat van baie besighede gevra is vir die ondersteuning van Namibië se skoonmaakdag? Hoeveel is ingesamel en wat is daarmee gekoop en wat is oor? Of het dit maar net weer in een of ander se sak geglip?



The Avid 5 should not only go straight to prison for many years but also pay back the money which is surely stashed in some offshore account, even if they have to pay till they die.



Avid saga: defence lawyer Kasper reminds judge of the maximum penalty that can be imposed? Hey crooks out there, this is a booming business. No matter how many billions u steal max penalties are a fine of 8 000 or 2 years in prison or both? Booming business! How sick is our justice system.



Karasburg “traffics", hoekom word daar nie oor naweke op Karasburg teen dronk bestuurders onder die invloed van drank en persone sonder lisensie opgetree nie? Is daar 'n wet wat sê as jy praat as jy onregverdig behandel word deur 'n ­verkeersbeampte dat die polisie jou kan kom arresteer sonder borg? In ander woorde jy mag nie oor jou reg as mens praat nie. (Dreigemente)



Nou ja, daar kry ons toe sowaar 50 dollar verhoging in ons pensioen! Om wat mee te maak? Hoe moet ons oorleef? Daarom vra ek nou of daar nie dalk 'n Samaritaan iewers is wat my wil help met 5 000 dollar sodat ek my eie klein besigheid kan begin nie. Ek is nog 'n weduwee boonop. Waar gaan ons eindig? Die banke help ook nie as jy 60 en ouer is nie. As iemand dalk kan help, kontak my by 081 397 1979. Dankie.



Karasburg-dorpsraad en CEO, kan julle vir ons verduidelik is dit 'n pawiljoen of wat? Dit staan dan net so. Die pad na die hospitaal is steeds half vir so 'n lange tyd. Die voertuie waarmee julle ry na werkswinkels en vergaderings lyk nie goed nie of kry julle nie geld van die regering nie? Ons glo dit nie. Die minister moet kom of persone afvaardig wat Karasburg toe moet kom laat ons hoor hoekom die dorp nie vorentoe kan gaan nie. ACC-span moet Karasburg “Town Council” kom besoek, asb. Voor dit te laat is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!