SMS'e vir 15 Maart
SMS'e vir 15 Maart

SMS'e vir 15 Maart

“. . . wonder oor dieselfde vrae. . . ”
Gerine Hoff
By die Swapo-vergadering verlede Saterdag in Keetmanshoop het ons gesien hoe die Swapos omtrént gedans het op die Swapo “beat” - nuwe serpe wat hang tot op die skoene en danspassies van Saturday Night Fever, ai tog. Wat sal ons mense nie alles doen vir “resettlement”-plase, top-“jobs” en so meer nie? – Gemsbok



Kandidaat Nujoma. Mnr. John Nauta, die ganse land, nie net mnr. Phil ya Nangolo nie, wonder oor dieselfde vrae. Die dagdrome kom van diegene wat nog 'n ou skepkansie soek en hoop dat die onbeantwoorde vrae rakende China en Noord-Korea saam met al die ander in Lubango begrawe bly.



President Hage, jy het geweet die Namas stel nie belang in jou vergadering nie, daarom is busse met mense aangery dat dit nie so sleg moet lyk nie.



In politieke mag- en vriende-dinge geniet Nujoma, Robert Mugabe en Zuma meer “aansien” in die Guinness Book of Records: Deur VN-reëls te verontagsaam, korrupsie weer hoogty te laat vier en Suider-Afrika ook na rommelstatus te lei. – Bekommerde middeljarige



Die vonnis van Susanne Hoff is 'n groot grap. Duidelik het die gewelddoener meer regte as die slagoffer. Slagoffers se lewens beteken niks nie. Dis hoekom die meeste mense reg in eie hande neem.



Ek is so bly vir die Namas wat die Swapo-vergadering Saterdag bygewoon het. Julle is in jul gesigte beledig. Soek en kry!



What is wrong with the president, his cadres and his A-Team? They already earn so much and get so many perks, yet they still get a 6% increase. If all/any of you have any integrity, you'll refuse the 6% increase.



Die NHE-huise wat so gesloop word: Wonder hoeveel sal nog gesloop word? Gee die werk vir Namibiërs met “experience”. Groetnis, Great Uncle RHB



Geskiedenisfoendi: Ek het ook die laaste paar jaar Namibië se geskiedenis nagevors en wat jy geskryf het, is beslis die kort en lank daarvan. Om net te konsentreer op wat enige Europese land hier aangevang het, is net so goed jy konsentreer net op wat een groep al hier gedoen het.



NRU rugby: Ai toggie, dit was mooi foto's met die opskrif “Rugbyver­skille uitgesorteer” van die swaers. Ek as 'n oudspeler sou bitter graag wou gelees het “Onregverdigheid uitgesmyt uit NRU”. Dit vreet ons rugby op. IRB kan 'n klomp afrigters stuur om NRU te help met 'n wenwedstryd in 'n wêreldbekertoernooi. Maar ons moet hande vat en op die toekoms bou met 'n “family spirit”. Los die verskille in die verlede. Maak 'n “mind change”. Apartheid is in die verlede. Werk aan trots, opregtheid, vertroue en kameraadskap. Dis die regte mengsel. As julle my nie glo nie, vra Eddy Jones en die Japannese. Viva NRU!



Well done, Swakopmund! The entrance of Swakopmund from Camelfarm and further is very, very clean. Keep it like that. You pulled up your socks. Well done.



Wat is Namibiërs so gaande oor 'n uur se tydverskil van SA? Enige besigheidsman wat sy sous werd is, sal nie daardeur gepypkan word nie. Want hy sal vroeg opstaan en sorg dat hy met hulle werk wanneer hulle beskikbaar is. Die VSA het vier tydsones én die van Hawaii, wat deel van die land is, en hulle doen besigheid en gaan aan met hul lewens al is hulle 100 myl van mekaar af en in twee verskillende sones. Ons kla te veel oor alles in die land en dit lyk asof ons 'n ondankbare nasie is. Werkers van Kalkfeld word aangestel, maar steeds is ander ongelukkig. Dit raak te veel om te noem.



Min of Finance, please note that you have a jewel in your Keetmanshoop office: Elize Daniel. She is very helpful, sympathetic and eager to assist. She creates an atmosphere of comfort around her. Thank you very much, Elize. Keep up the good work. – A thankful Collin Cupido



Taxi's gaan altyd deel van ons samelewing wees. Nou wonder ek hoekom daar nie genoeg oplaaiplekke vir hulle geskep word nie. Dan hoef hulle mos nou nie in die middel van die straat te stop nie.



Die plakkers langs Auasweg wat nou die dag verwyder is, bly weer onwettig daar – dié slag net onder 'n ander boom. Verder af in die veld na Matanannstraat se kant bly ook mense. Laat mens dink dat daar nog baie daggaplantasies is. Ek sien gereeld hoe die jongmense daar inloop en hulle gaan koop beslis nie kos nie. Al gekla, tot by narkotika, maar so bly hulle daar.



Dink die munisipaliteit moet 'n slag deur Windhoek se strate beweeg en die mense wie se bome so in die straat hang, vasvat.



Government, please learn something from Botswana who's government is embarking on selling their airline to privatise all loss-making state companies!



By KHP se “enviromental” afdeling is twee skoonmakers wat 08:00 aan diens kom en 8:30 verdwyn uit die hospitaaljaart. Die een gaan sit DStv op en die ander een gaan verf of teël of bou mense se huise in werkstyd. Kan die PMO nie die twee manne waarskuwings gee nie?



Dat ons leiers by Rehoboth “Town Council” leiding moet kry en voor gebid moet word, is 'n feit. Daniël 12:3: Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self. En dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos die sterre. – Eric Philander, Rehoboth



Winter- en somertyd is meer as 20 jaar in werking. Hoekom het mense nou eers probleme met dit? Ons Namibiërs moet aan dinge dink wat die land opbou en die vrede bewaar.



Kan iemand asseblief 'n foto van die wrak naby Bennie se Rooi Lorrie in Republikein plaas? Dankie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer