SMS'e vir 15 Mei 2018
". . .daarom al die klagtes, sterftes. . ."
Mnr. Paulus Hango van Tucna, u uitsprake in Erongo (3 Mei) oor nasionale pensioen en mediese fondse verwys: Ek verwys ook na noodlottige swak diens in staatshospitale (berig 9 Mei oor baba). U is baie keer regverdig met u uitlatings, maar hierdie keer oorspeel u u kaarte. Hoe sal dit gaan as almal in die land gratis medies kry? Die regering is reeds onbevoeg met genoeg belastinggeld om bevredigende diens te lewer. Ons het reeds gratis oumenspensioen wat ook met belasting betaal word. Wat is u logika agter u voorstelle? Verskuilde agenda? Werkverskaffing? Laat mens wonder? – Windhoeker
Wat maak Oom Calle daar? Hulle krap so lekker daar waar dit nie jeuk nie, jou wange word ál rooier. Wat sal nie nog oopgekrap word nie? Krap, mense, krap!
Air Namibia advert sign up for rewards with emphasis on earning miles. One used to get 2 000 points for an overseas flight (distance based), now you only get 200 (revenue based) but it is still called earn miles. At that rate you will never ever in a lifetime get a free ticket. For example: quote for trip Windhoek/Frankfurt return: Flight fare N$5 970.00, airport tax N$8 163.00. You get peanuts on the fare rate. What a scam and eye blinder?
Geagte inspekteur-generaal van die Namibiese polisie en minister van geslagsgelykheid en welsyn, gryp in asseblief! Na aanleiding van ‘n berig (“Moordsaak geskrap”) in die plaaslike koerant van Rehoboth, Die Volkster van 11 Mei 2018.
Wat gooi die City of Windhoek in ons water in, hier op Groot-Aub? Moet ons nou Jik-water drink? Wat dink die mense van ons? Julle kan net die water in die oorspronlike vorm gelos het. Hou op met ons gesondheid speel.
Die SMS op 11 Mei or bultende sakke: Reine waarheid. Gaan sit by St. Mary’s op die banke voor waar ons vir medisyne sit en wag en kyk hoe kom hulle uit met daardie sakke. Miskien word hulle deur die hospitaal voorsien.
Kom maak Aranos weer reg, "Commander" Baffrath en "Chief" Swartbooi. Stemtyd moet kom, dat ons lewe, asseblief. 100 persent agter julle. Viva LPM.
Is dit waar dat Hardap se goewerneur die misbruik van en ongeluk met die Witbooi-stam se GRN-bakkie help bedek? Waar is die GRN-bakkie van die Witbooi-stam geparkeer? Het die goewerneur na soveel klagtes van misbruik toestemming gegee dat die GRN-bakkie kon gebruik word om 'n private bakkie te sleep?
Landsinwoners: Die behandeling van staatspasiënte sal nooit verander alvorens staatsdokters, verpleegters asook politici gebruik maak van staatshospitale nie. Staatsdokters en verpleegpersoneel behoort aan mediese fondse en gaan privaat dokters toe wanneer nodig. Dit wil sê die behandeling en medisyne is nie op standaard vir staatspasiënte nie, daarom al die klagtes, sterftes en “gopo-gopo” behandeling wat ons daar kry. - Staatspasiënt
Hoekom het Wessie Clark nie ’n staatsbegrafnis gehad nie? Hoehom nie, hy was dan ’n polisieman. Was sy eer nie waardig nie? Toe gooi hulle hom maar net weg. Nee, julle maak nie reg nie. Regering, gaan maak julle reg. ’n Mens gooi nie ander weg nie en die anders wat sterf is in die koerante met volle staatsbegrafnis. Nee! Polisie, daardie man was ’n volledige polisieman in sy werk. Begrawe hom reg. Wat vir een geld, geld ook vir die ander. Asseblief, polisie-amtenare en -hoofde, maak julle gemors reg. Hy was ’n polisieman in uniform. Dit is baie lelik. Maak reg!
Sorry people. I just cannot see anything criminal in requesting tenants only from a certain population group to apply for rental of ones property. Namibia is a democratic nation. We surely will choose who we want living in our properties. People have different lifestyles. We choose people that we feel comfortable with living in our property. And even with those occupants one can still be in for a nasty surprise.
Wil graag weet hoe die Namibiese Rugby-unie klubwedstryde beplan. Meer toeskouers by Unam en Suburbs se wedstryd as by die Welwitschias. Ek vra maar net.
Baie dankie, Des Erasmus, vir die omvattende artikel oor visvanggeskiedenis, Vrydag 11 Mei. Historici kan beslis meer aandag aan hierdie onderwerp gee, wat groot deel van ons ekonomie is. - D Potgieter
Namibiese Rugby-unie plaas groot asseblief ’n volledige puntetabel van Premier Liga eerste en tweede ligas. Die rugby-ondersteuners sien uit daarna.
Die eens, skoon Groot-Aub is besmet met onwettige smokkelhuise en die polisie sien niks!
Wil net baie dankie sê vir Angela en Sackus van Telekom Okahandja vir die vriendelike en uitstekende diens om my ADSL te herstel voor die lang naweek begin het. So dankbaar.
Die persoon wat kla oor kinders wat bal oor die draad skop. Ek het goeie advies. Bel my 081 236 1011.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie