SMS'e vir 15 November 2018
"Dit is te lekker."
Die skrif is aan die muur (en in die koerant). Moet jou voertuig nêrens alleen los nie, nog minder wanneer jy of julle iets gaan besigtig of net gaan rondstap. As jy nie een of twee sterk persone by die voertuig kan laat agterbly nie, bly jy of julle maar eerder self agter. Hartseer maar waar! - SAP&H
Dit is reg as ’n persoon geskors is met geen salaris. As hy of sy onskuldig bevind word, moet alles terugbetaal word. Geen rente. Wetgewing moet ook so gemaak word. Dit sal persone twee maal laat dink? Dit is te lekker. Gaan af met volle salaris.- Gq WH
Sjoe, maar Mnr. Kahimise leef lekker hoog. ’n Huis, plaas, 4 "luxury" karre, 2 oortrokke bankrekeninge ens., ens. Aarde! Of hy sy skorsing verdien of nie, gaan ek hom nie jammer kry nie. Maak soos ons almal, verkoop jou goed en betaal jou skuld. Het hy vier karre nodig? Dit is nie dat hy hulle op een slag kan ry nie, of moet dit by sy pak klere van die dag pas? En betaal asseblief jou plaaswerkers meer.
Sies, Kahimise! Ek skaam my dood as ek so ’n salaris kry en nog met onrëelmatigheid staan. Wees lojaal teenoor die hand wat jou skuld help betaal en kos op jou tafel plaas. Hoeveel mense grawe in asdromme vir iets om te eet? Skaam jou!
Mnr. Kahimise kla oor sy salaris, wat as hy dit nie meer gaan kry, hom gaan kniehalter. Hy verdien net N$82 000.00 per maand. Mense, waarheen neuk die land met die tipe van maandelikse salarisse wat betaal word uit die sak van landsburgers? Begryp en verstaan elke dag meer en meer waarom daar geen geld meer is by enige instansies nie. - Jan van Skipbreuk
Hoop Katrina betaal vir haar verdediging met haar eie geld. . .
Die opskrif van Dinsdag, 13 November lees: “Kahimise se skorsing sal kom knak”. Moes dit nie lees “Kahimise sê skorsing sal hom knak?” Redakteur, wees asseblief versigtig met spelling, ons skoolleerders lees ook jul koerant en ons as Afrikaanse onderwysers gebruik ook jul artikels as medium vir onderrig.
Sesjarige meisie deur 17-jarige seun (wat in graad 5 is?) verkrag! Tragies! Wat soek ’n sewentienjarige in graad vyf?
Regter Liebenberg laat die gereg geskied. As Katrina Himarwa skuldig is, laat sy gaan sit, dit wil nie sê as sy ’n minister is dat sy onskuldig is nie.
Geagte meester van die hof, as inwoner en indien moontlik, soek ek die volgende tipe persone as trustlede van die Rehoboth Community Trust: ’n plaaslike prokureur, welsynsbeampte, polisiebeampte met jare ondervinding in gemeenskap, rekenmeester en kerkleier ens.
Manifesto of a Unam staff member. Thank you IC for telling it as it is!
Waar sal ek tog huurders kry wat by die basiese reëls hou? Opgesukkel!
Ek het nie die beskrywing van die foto gegee nie. Die Republikein het dit self gekies. Baie dankie dat u hulle korregeer. Squeezy is ’n blou agapornis.
Joos Platt, welkom aan boord by VGK Khomasdal. Bly jy is deel. Ek nooi ook die gemeenskap uit, om elke Sondag te kom kuier by VGK, 9 uur Sondae. Joos glo ek sal ’n bydrae lewer tot gemeenskapsdiens.
Hoe hanteer jy ’n kronies onbeskofte en dikbek “supervisor?”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie