SMS'e vir 15 Oktober 2019
SMS'e vir 15 Oktober 2019

SMS'e vir 15 Oktober 2019

". . . die kap van die byl . . ."
Mandy Rittmann
Kommunikasietegnologie. Wat 'n uitstekende plan van die Paaie-owerheid. Al die fondse wat ingesamel word weens spoed en oorlaaide voertuie kan dan gebruik word vir die herstelwerk aan ons padnetwerk in Namibië. Hoop die planne trek deur. – Johan

Moes vanoggend hoor ons sal eers volgende jaar paspoorte kan kry. Ek dink die regering kan nie daarvoor betaal nie, daarom wil niemand dit vir ons vervaardig nie. Dit kan mos nie langer as ’n paar dae neem om te vervaardig en op ’n vliegtuig te laai na Namibië nie? Waarom maak Republikein nie elke dag ’n voorbladberig daarvan, om druk op die regering te plaas, sodat ons agter die kap van die byl kan kom nie? Wat ’n ongelooflike skande?

Wat lees ons nou? Ons regering het 29 jaar alles opgebou, afgebreek? Hospitale, skole, polisie, munisipaliteite, ens. Daar behoort ’n wet te wees dat al die staatsamptenare tot die president staatshospitaal toe moet gaan, om die gelyke behandeling soos hulle onderdane, kiesers te ontvang, sodat hulle die werklikheid in ons land kan ervaar.

Ek stem saam met Phil Davies. Vergroot die premierliga tot 10 spanne. Grootfontein byvoorbeeld en Otjiwarongo hul reserwespan.

Ontvanger van inkomste, Calle se afdeling. Die hysbakke is nou vir maande buite werking. Ou mense en gestremde mense moet trappe klim vir tot vyf verdiepings. Dit is eerlike mense wat belasting betaal, maar dit val op dowe ore! Viva van 29 jaar land opbou!

Wil net sê, dis stemtyd. Oom Calle, betaal ons.

Jy, “sies man”, se voet! Net een vragie: Het jy al vir honger mense kos gegee, het jy al bygedra vir droogtehulp? Vra maar net.

Mense wat kuierplekke laat in die aand oophou sonder dat hulle sekuriteitswagte op hulle perseel het, loop ’n gevaar nie net om kliënte te verloor nie, maar ook vir hulle besighede.

Ek stem nogal saam met persoon wat sê Hercie Bason se SMS was anders bedoel. Met ’n tong in die kies tussen die lyne lees en fyn sarkasme in sy SMS het hy mense egter rooi laat sien. Net die ou deurwinterdes tussen ons kon egter die teendeel raaklees.

Die afstorting van die olifante oor ’n waterval oorsee omdat hulle ’n kalfie wou red, het my hartseer gelaat. Die tweede storting is egter veroorsaak deur verpestelike drones en hommeltuie wat bokant hulle kom hang het. Olifante kan heel beserk raak as hul pad met dié van ’n swerm bye kruis. Ons het dit self beleef in Babwata Park toe ’n inbesiel jagter by ’n watergat sy drone laat opstyg het bo-oor ’n trop dorstige olifante. Net chaos! - Peet Venter Snr

Die 70% plus Trump-ondersteuners (hoop die syfer is verkeerd), kan julle regtig nie deur die man se unmatched wisdom (sy woorde) sien nie? As ons leiers hulle familie in die hoogste poste aanstel, dan is ons woedend. As ons leiers moet spog hoe ryk hulle is en hoe hulle belasting ontduik het, sal ons ontplof. Dubbele standaarde?

Namdeb vernietig alweer seelewe soos hulle los boor in diameter groot roterende kroon en suig dan die los materiaal op, wat plantmateriaal en seelewe vernietig.

Volbloedbosluise: Telecom en Roads Authority se voertuie sedert naweek by die luise se neste geparkeer. Dit is nou al Maandag om 12:00 en nog geen voorneme vir werk nie, net bloedsuig. Siesa! – Pietrossie

Karasburg, Gabis krag, kraaag. Ons van Groendoring en Donaib 1 en 2 wag nog krag, krag!

Aan oom Boetman, media. Ek wil weet, die dame wat met dood verraai word, het sy dan nie regte as ’n persoon nie en wat is dit wat die mense so nagmerries kry oor haar? Hierdie mense weet presies hoekom soek hulle haar dood, want kyk, die dooie kan mos nie vir hom praat nie. Ek voel daar is ’n pot iewers wat kook, wat die dame van weet. Hier die dame het g'n skuldgevoelens nie, dis net julle wat die pot roer. Hou op roer. Een of ander tyd sal dinge op die lappe kom, al sal dit nie nou wees nie. Ek wil hierdie dame aanmoedig: wees sterk. Jy is nie alleen nie, want jou God het jou nooit verlaat nie, en lewe jou lewe van oorvloed. En hoekom? Stop mense julle dinge wat ons herinner.

Mayor van Keetmanshoop. Ons in Krönlein rapporteer straatligte wat nie werk nie en dit val op dowe ore. Ry jy by die kragkantore verby dorp toe sit of staan die mense rond. Die bakkies op en af (vermorsing van petrol). Ons doen ’n beroep op u gaan in op die saak.

Het 10 Sodastream gasbottels wat leeg is beskikbaar. Skakel 081 616 5755, Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!