SMS'e vir 15 Oktober 2020
SMS'e vir 15 Oktober 2020

SMS'e vir 15 Oktober 2020

". . nog in weelde . . ."
Mandy Rittmann
Kan iemand dalk sê wat het van minister Tjekoro Tweya geword? Landbougemeenskappe het net lig begin sien met die minister se oopkop benadering tot landbou? - Von Soloms

Asseblief, plaas die tweede kolom langs die spotprent in Dinsdag 13 Oktober se Republikein met betrekking tot persoon wat met sy hond plaas toe ry tog in vetskrif. Dit is pateties hoe swak ons polisie hulself gedra.

Sakkie Prinsloo, ek stem saam. Ongelukkig dekades na ons as standard 9’s en matrieks blootgestel was aan F A Venter se tetralogie. Meer so Bedoelde Land! Juffrou Deborah de Bruin het die liefde vir Afrikaans regtig in ons aangewakker! - Robbie Thompson

Sal graag wil weet wanneer die ander Fishrots toegesluit gaan word wat nou nog in weelde lewe. Hulle moet almal lewenslank sit.

Mnr. Willem de Wet, jy slaan die spyker op sy kop en kon dit nie beter stel. Baie dankie.

Fellow Namibians, our country needs a name change. The name, Republic of Namibia must be changed to the Federal Republic of Namibia as a matter of urgency. The change will empower our regions. The first step in moving in that direction is to call for a national referendum. – Kaporoi

Die Chinese dra ons land leeg van enigiets. Vandag sien ek in Erongosig, Usakos hoe hulle ’n vraghouer met rooskwarts laai. Hulle ry dit aan van Henties se kant af met ’n sedankar en sleepwa, seker van die Rooskwartskoppie naby die Dooiesee (soutgat). – Nany, Henties

Wees versigtig vir hierdie persoon. Hy gee voor hy wil jou cellphone banking regstel met ewallet, ’n ene Patrick met nommer 299 2201. Gaan werk vir jou!

Aranos-distriksgemeenskap. Stop met partypolitiek en stem vir mense wat die gemeenskap se belange op hul harte dra.

Die nasionale atletiekstadion is ’n skande vir ons land. Wie gaan seker maak dat sulke fasiliteite onderhou word? Gaan kyk gerus. Wat eens groen gras was, is nou net onkruid waar jy kyk.

’n Baie treffende boodskap van wyle Kaptein McNab. Dankie aan mnr. Britz

Matriekafskeid. Skool het een en tagtig graad 12-leerlinge, maar net 10 mense op ’n slag word toegelaat? Miskien is Erongo Covid-19-vry? Is regulasies nie meer van toepassing daar nie? Laat weet ons, ons wil ons troues en begrafnisse daar kom hou. Dankie. (Die getalleperk vir openbare byeenkomste is tans 50 en nie meer net tien persone nie. - Redakteur)

Dis baie opmerklik dat amper elke 2de bankrot munisipaliteit nou skielik ten spyte van geldnood met die bou van laekostehuise begin kort voor die verkiesing. Wonder hoeveel gaan daarna voltooi word.

Councilor Jan Jarson, u het toe gedink jy sal Aranos aan die inkommers verkoop. Tevergeefs, al die Aranos-jeugdiges het na opposissiepartye toe getrek wat hul potensiaal sien.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!