SMS'e vir 15 Oktober 2021
SMS'e vir 15 Oktober 2021

SMS'e vir 15 Oktober 2021

"...trots op die land..."
Mandy Rittmann
Baie geluk aan die Lühl-Delgado egpaar, me. Uno Katjipuka-Sibolile (prokureur) en hoofregter Thomas Masuku. Hierdie uitslag het 'n bietjie van Namibië se verlore aansien en eerbiedwaardigheid en my trots op die land herstel. – Laetitia



Dries, die destydse parkebestuurder. Hoekom moet Olympia-swembad se naam verander. Olympia verwys na Olympic Games (sport). Strate is ook na sportshelde vernoem. Niks met politics te doen nie.



I support the Cancer Association of Namibia. I support fund raising towards cancer in Namibia. I have cancer and I am a pensioner and have asked my family to help with my monthly medical aid contribution as I cannot get the chemo treatment I need. Where does the Cancer Association or the Cancer Apple Project and I fit together?



Otjiwarongo-munisipaliteit, dit kan tog nie werk by Paresispark om die goedkoopste waterkrane aan te sit. Die kinders soek water, die skole huur die gronde. Kyk na die probleem.



Ek weet ons lewe in 'n land van vryheid van spraak en beweging, maar waarom mense bedags terwyl almal werk in die woonbuurte ronddwaal en inloer by erwe is vir my een te veel. Kan die polisie nie die mense opruim en op 'n werksoekersarea gaan loslaat sonder om hulle human rights te skend nie? Om so te drentel in woonbuurte lei net tot misdaad. Die mense ken elke klippie en plantjie en motor en swak plekkie in my omheining. Aarde!



Ek het 'n polis vir my broer se kind van Gobabis oopgemaak. Hy het 2 Maart gesterwe en na alles wat ons reggemaak het, is ek gesê die polis is nie ryp nie. Hoekom kry ek nie die verskil soos by ander polisplekke? Waar gaan die geld as dit gestop is?

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer