SMS'e vir 15 September 2017
SMS'e vir 15 September 2017

SMS'e vir 15 September 2017

“Stem vir veldtog. . .”
Mandy Rittmann
Help my verstaan. SME Bank wat 200 miljoen “bailout” gevra het, word gelikwideer, maar RCC wat miljarde in rooi is, word gered? Verstaan iemand dit?



Baie goeie vraag. Werkgewers van huishulpe is werkgewers, hulle moet registreer as werkgewers en Social Security en "workmens' compensation" betaal. Daarmee is dit eintlik vanselfsprekend dat hulle alle uitgawes soos salaris, taxigeld, etes, verblyf ensovoorts as uitgawes van inkomstebelasting afskryf soos enige besigheid hul skoonmakers, kokke kan aftrek. Mnr. Schlettwein, please confirm publicly.



Home Affairs to construct new office building in Swakopmund (Erongo newspaper) and building does not look cheap! What is it with government that is bankrupt but splashes/waste money on new luxury buildings one after the other? What's wrong with the old one? Of the six counters available to the public mostly only two are manned? All the new buildings do not make the service any better, only a change in work ethics does!



Stem vir veldtog wat werk vir roekeloosheid op paaie! Ek was Woensdag op die pad Otjiwarongo toe. GRN bakkies ry en jaag 'n spoed wat erg is! En blinde hoogtes en sperstrepe word net ignoreer! Desember amper op ons! Nou moet iets gedoen word!



Gochas dorpsraad! Minister Sophia Shaningwa moet Gochas besoek. Ons gaan nog agter die bossies en bome, die toilette word gebruik sonder water. Help!



Ek is jammer om u "bubble" te bars (SMS van 12 September). As u deel van die optog van 8 September was, glo ek sou u nie so 'n negatiewe siening geplaas het nie, want die woord wat deur pastoor Philander en die gebede wat deur al ons geestelike leiers gedoen was, het ons almal versterk. As ons nie self probeer om positief te bly en ons volle vertroue in ons Vader wat in die hemel is plaas nie, dan sal alles tevergeefs wees. Ek glo iets positiefs sal in ons dorp ontstaan. Ons hoef ons glad nie te skaam nie. Ons is eintlik beter af in ons eie dorpie as elders in Namibië. - Trotse Basterkind



Ek is vreeslik jammer as ek sommige avontuurlustiges die skrik op die lyf gejaag het met my skrywe oor my ondervindinge op 'n onbeplande toertjie deur die Kunene. Dit was inderdaad 'n groei-ondervinding vir my omdat dit so 'n positiewe uitwerking op my gehad het, en my tot ander insigte oor mense en menswees laat kom het. My skrywe het gegaan oor die Damaskus-ervaring en -ondervindinge, en nie die moeilikheid van die toertjie. Inteendeel, dit was naas my toer na Birkenau en Auschwitz die mees genesende toer van my lewe. Ek is regtig jammer as ek dit nie kon beskryf het soos ek dit beleef het nie, maar sal graag aan die lesers wil skryf dat hulle daardie toer op hul "bucket list" moet plaas. - John Fredericks



Tatoeëer? Weet jy dat mediese navorsing toon dat hierdie gif nadelig is vir die liggaam? En weet jy nie dat jou liggaam 'n tempel van God is nie?



SMS about Tintenplatz- there is no such name but only Tintenpalast, meaning ink palace derived from all the writing which happened there.



Net omdat 'n mens vriende en familie het wat korrup is, beteken nie jy is ook. Stop judging!



'n Besondere dank aan dr. Celest de Klerk. Sy verdien 'n medalje, wonderlike dokter.



SMS wat sê vergewe vir Joos - wat bedoel die skrywer? Vergewe mens iemand wat goed was of goed gedoen het? As hy die laksman was, het hy 'n goeie werk gedoen. Joos, niemand het nodig om jou te vergewe nie, ons het net nodig om jou te bedank en te prys.



Oumense van Rehoboth het smokkelhuisrekeninge, so hulle het nie die geld nodig. Gaan kyk hoe sit en drink die oumense elke dag by die smokkelhuis.



Ek wil tog weet! Waar kan jy gaan met iemand wat welsyngeld kry en dit op dwelms en drank misbruik? Ek wens ek kon dit gekry het.



Die gemeenskap van Kanobib wag al drie maande vir toilette wat installeer moet word. Moet ons maar die gate wat gegrawe is vullisgate maak? Wat doen raadslid Penina Iita van Groot-Aub?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!