SMS'e vir 16 Augustus 2016
“. . . ’n oog om te sien en ’n oor om te hoor.”
Staatskole-vakansie wat wou? Kort, korter, dan niks. Die Augustus skolevakansie net 5 werksdae kort, of is dit 5 werksdae lank vir die leerlinge? Plus die een wat ’n publieke vakansiedag is. Dan is dit weer terug skool toe vir 3 maande. En so verwag ons aan die einde van die dag topeindresultate. Wat is die rede vir die belaglike kort vakansie?
Dit is baie goed as die huurwet van toepassing sal wees. Baie dankie aan ons regering. Nou kan ons ook saans slaap.
Namibië het ’n handvol “instant rich” geskape, maar die res gefaal.
Ek lees en hoor nou al ’n geruime tyd dat die regering se droogtehulp bestaan uit mieliemeel, geblikte vis, ens. My vraag is nou: Wat van die arme diere? Wanneer die diere droogtehulp kry, sal hul kondisie van so ’n aard wees dat die boer hul kan verkoop en sodoende finansieel in staat wees om vir hulself kos te koop. Soos dit nou is, vrek die diere en die mens alleen word versorg en bly dus afhanklik van die regering.
– RB van Windhoek
Dankie dr. Sam Nujoma vir onafhanklikheid. But freedom? Ek weet nie . . . NEEEB is die neef van diskriminasie.
Al die jare het ek vir die regerende party gestem en sien net hoe maak die fat cats hulle sakke vol. Ek is trots om te sê ek werk vir ’n wit man. Hy betaal my goed, hy sorg altyd dat ons werk het en nou wil hulle alles met NEEEB stukkend maak. Ek het my les geleer – nooit weer nie.
Mevrou die eerste dame, het u vergeet dis die einste regering wat besluit het op “free education for all”? WHS het geld, want hulle het baie maniere om geld in te samel om die gebou en alles daar in stand te hou. Die staatskole se ouers werk nie saam nie en wil alles verniet hê en koop nie eens ’n potlood vir die kind nie. Onderwysers word nie gerespekteer nie, en die lys is lank. “Quality education” se voet. Dit kry jy by enige skool mits kinders en ouers saamwerk en nie altyd alles verniet wil hê en negatief sien nie.
Kan diere, beeste in ’n dorp aangehou word? Die mense wat die voorbeeld moet stel, die CEO van Kamanjab Village Council, het beeste in dorpsgebied in sy erf. Doen ons as inwoners dit, moet ons betaal en ons diere verwyder. Het Kamanjab dan sekere dorpsreëls vir die inwoners en ander vir die hooggeplaastes? Ons as inwoners het ’n oog om te sien en ’n oor om te hoor.
Mariana Viljoen, ek het geniet om jou “Terug skool toe” te lees. Het my laat dink aan die houtwerkonderwyser wat die gewoonte gehad het om sy potlood agter sy oor te sit. Eendag maak hy skelm ’n dampie in die klas toe die hoof onverwags inkom. Van pure skrik druk hy die brandende sigaret agter sy oor in. Die volgende het in die Afrikaans-klas gebeur. Die vraag: Maak ’n sin met nieteenstaande. Antwoord deur een van die seuns: Nieteenstaande die paal, want dit is nat. Hou lekker reünie! Van lankal afgetree.
Geagte Nantu, kan dit wees dat die skoolvakansie net 3 dae lank is vir onderwysers (sonder die naweek)? Is dit nie moontlik om te onderhandel dat skole Vrydag die 19de sluit nie? Miskien sal die ekstra paar dae help dat ons herstel van griep wat net nie beter word nie. Ek dank u.
NEEEB: Mr Thieme, president of NCCI supporting NEEEB. It must be easy for you to give away money/part of the business if you inherited the multi-million dollar business/farms/property and did not build it up from the bottom yourself with own blood, sweat and tears. Perhaps your support will come and haunt you one day.
Republikein 12/8/16. Jy mag jouself en jou familie beskerm as jou motor met klippe bestook word, maar eish, struggle kids? Daai is ’n tameletjie. Die wet was nog al die pad aan die kwaaddoeners se kant. Hulle is die “victims” en jy wat jouself wil beskerm, is die skuldige een. Word jy doodgemaak, bly die een verantwoordelik onskuldig en geen haan kraai weer na jou dood nie. Skadevergoeding aan jou motor? Sal nie kry nie. Dit is maar soos dit werk in die land.
Ek sien ’n klein rokie waai by Kalkrand Council en ’n kokende pot opborrel en omkantel van die vuur af. – Profeet James Hansen
Ek wil reageer op die SMS oor die leser wat ongelukkig voel omdat hy/sy so druip by RHB NaTIS. As jy jou verkeersreëls ken en weet hoe om te bestuur, het jy nie nodig om ook die verkeersbeampte se tyd te mors nie. Daai verkeerbeampte is 100% reg, want as hy daai persone laat slaag wat nie kan bestuur nie, dan laat hy moordenaars op die pad toe. Ek haal my hoed af vir die verkeersbeampte van RHB NaTIS. Hy is nie te vinde vir geld nie.
’n Hartlike dankie aan die dokters en verpleegpersoneel van Okahandja-staatshospitaal wat Donderdagaand my ma in haar uur van nood gehelp en haar gerus gestel het. Ook baie dankie aan die sekuriteitsman van NWR Gross Barmen wat hulle gehelp het om die hospitaal te kry. Jul vriendelikheid en professionaliteit is baie spesiaal. Dankie!
Vyf maande betaalde kraamverlof vir SA. Met hulle (soos ons) bevolkingsaanwas en meer vroue as mans in die land wonder ek wie gaan oorbly om werk te verrig? – Bella
Namakind wat vra wanneer wen //Kharas en Hardap? Jy sien dan Mega Moola gaan net O-streke toe.
Soos ek verstaan, is die Namibiese regering bekommerd oor onwettige kerke. Sien ons een kerk in Hoachanas wat ons wonder watter kerk daardie is. Daardie kerk is Pinkster, maar lyk my die kerk is onwettig. Dis Jesus Saves Ministries, maar die hoof van daardie kerk sê hy ken nie daardie deel nie. Kan Pinkster Assosiasie van Namibië asb. daarna kyk. – Bekommerd van Hoachanas
Ek soek ou lappe, gare en breiwol en penne wat u nie gebruik asb. Sabina @ 081 034 7225. Vreeslik dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie