SMS'e vir 16 Augustus 2021
SMS'e vir 16 Augustus 2021

SMS'e vir 16 Augustus 2021

"...welkom in die kerk."
Mandy Rittmann
Demokrasie is nie chaos en anargie nie? My magtie, mens sou nie dit dink as jy na die gemors op ons paaie kyk nie. Almal ry soos hulle wil, dan praat ons nie eers van die morsige polisiekantore nie. Chaos en anargie heers laaankal.

President Geingob. You are the custodians appointed by the people of Namibia over our wildlife. Who gave you a mandate to sell our elephants to your Chinese masters?

Bring Pohamba terug as president, dat hy die gemors in Namibië kan uitsorteer, want ons land is in ’n gemors.

Kalkrand se begraafplaas lyk baie lelik. Kan die councillors nie sien nie? Ons weet nie waar moet ons onse probleme kla nie.

Welsynkantoor van Kalkrand. Daar is niemand wat daar werk nie en ons soek iemand want ons moet aansoek vir die kinders doen. By wie moet ons gaan? Die vrou bly net by huis en daar is oumense wat daar gaan en die vrou verstaan nie die mense nie. Stuur vir ons iemand anders asseblief.

Boerseun, jy is meer as welkom in die kerk. Die kerk is nie bedoel vir heiliges nie en ook nie ’n hof wat besluit wie gaan hemel toe of hel toe nie. Sterkte met jou begeerte vir jou buurvrou, ons almal sukkel maar daarmee.

Boerseun. Vlymskerp! Ek hoop dit vind inslag en word ter harte geneem.

CoW road damage (big hole) in Rugby street. When wil this be repaired??? Already several complaints about this death trap. 3 clubs surrounding this place, can’t they put up a petition against CoW? Their clients are using this road every day.

Watter bron(ne) verseker salarisse van 250 000 en meer per maand en ander kan nie brood koop nie en bejaardes staan vas op 1 300? In hemelsnaam, wat maak die opposisie?

NGK kattermaai glad voorbladnuus! Is al u lesers lede? Lyk vir buitestaanders na vuil wasgoed was in openbaar. Totaal irrelevant vir meeste lesers.

President, hoekom nou soo gou 100 kom maak. Jy raak te haastig, getalle sal weer styg. Ai tog!

Joos Platt, ek is dankbaar dat jy uit hospitaal is en tuis aansterk. Wil jou verseker dat daar mense in gemeenskap is wat werklik vir jou omgee. My innige simpatie ook met die heengaan van jou suster.

Vandat my vrou van die huis af werk, werk sy tot na 7 in die aand, sonder om oortyd te kry. Toe sy op kantoor was, het sy tot 5 uur gewerk, maar nou kry sy nie tyd vir haar familie nie. Gee julle nie om vir julle werknemers se gesinstyd nie? Julle spaar baie op dag-tot-dag onkostes, want hul eis nie meer op kantoor nie. Julle kan ten minste selfoon- en internettoelaag gee. Wys asseblief julle gee om vir julle werknemers. Hoop om gou van julle te hoor.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!