SMSu2019e vir 16 Desember 2016
SMSu2019e vir 16 Desember 2016

SMS’e vir 16 Desember 2016

". . . is hy gekwes of gestroop?"
Dani Booysen
Viva!! Aan ons president Hage Geingob, ons is trots op jou. ‘n Goeie leier sal altyd ongewild wees. Keep it up!!!

Ek sê graag baie dankie aan almal wat die pragtige natuur- en dierefoto’s neem en aan hierdie koerant stuur vir plasing. Ek waardeer en geniet dit terdeë. Nogmaals baie dankie. - AB

In Suid-Afrika was ten minste drie ministers betrokke by ‘n poging om die president tot orde te roep oor ‘n reeks van slegte besluite en korrupsie. Sover ek weet, is hulle almal nog steeds ministers, want hulle optrede was gefokus op wat die beste sal wees vir Suid-Afrika. In Namibië word ‘n adjunkminister gevra om te bedank oor hy sy opinie gelug het oor ‘n ooglopende onregverdigheid gebaseer op feite wat daar is vir almal om te sien. Viva Namibië en viva demokrasie.

Baie dankie aan ons ministerie wat sorg dat ons land se paaie, veral die grondpaaie, in ‘n goeie toestand is. Dit voel asof jy op ‘n teerpad ry.

Dehorned, deskinned (?) rhino in Etosha apparently had rabies? Carcass was taken to a place where it can decay the natural way? Should it not have been burned/buried? Can it not infect animals eating it? Why skinned?

Rybewyse van vandag. Skryf net eksamen en kry jou rybewys. Enigeen sal ook nou kry.

To Bernadus Swartbooi. Thanx for not backing off. We’re proud off you brada. – Suide-kleurling

Doppie geklink? Nogal Swartbooi s’n. ‘n Doppie word net geklink as ‘n skoot afgevuur is. Is hy gekwes of gestroop? Lyk my die skut/stroper ken sy gun . . . soos die cowboys . . . shooting from the hip! Is die Nama’s nou ‘n endangered species? Is dit ‘n kwesskoot? Pasop! ‘n Gekweste leeu is gevaarliker as ‘n gesonde een. - Oom Peet

Rybewys: Dis absolute laerskoolmentaliteit om te beweer dat persone in besit van rybewyse meer ongelukke veroorsaak. Natuurlik sal dit so wees, aangesien 99% van motorbestuurders lisensies het, maar die 1% ongelisensieerdes veroorsaak in verhouding meer ongelukke.

Minister van finansies, verduidelik vir my hoe ek as werklose 8 000 dollar aan jou kantoor moet betaal? Lyk my ons betaal sommer vir die Chinese ook tax.

So die prezz droom ook en dit nogal op die voorblad! Drome kan verwar word met nagmerries . . . en dan ry dit jou bloots. Die draad is kort. Dit wys duidelik op persfoto’s. En as ‘n man dan nog in ‘n hire and fire-mode is, sien iemand dalk sy alie. - Mr. Furtfleiss

O ja, dié sensitiewe geval, die Swartbooi-geval, is nie ‘n uitsondering nie, want hy is die 2de wat die skopskoen kry oorlat hy die waarheid gepraat het. 1ste was KK, Kazenambo Kazenambo. Altwee van minderheidstaalgroepe . . . Wat sê dit?

Mr. Shifeta, how can poaching not be a crisis? Because it’s only 1.2%? What you are now saying to these poachers is it’s OK to poach as long as its under 1.2%.

President Hage, jy verwag Swartbooi moet vir Nujoma om verskoning vra. Wat gaan jy met Nujoma doen? Ons soek ‘n antwoord. Ons is nie tevrede hoe jy die saak hanteer nie. As Swartbooi moet gaan, moet Nujoma ook gaan.

As the result of colonialization our ancestors’ land was taken away, thus I want to claim land that rightfully belong to us.

Die trokke mag nie anderkant die geel lyn ry nie. Dit staan op ons trailers geskryf. Nou vir die bietjie wat ons vir julle motoriste doen, sê julle nie eers dankie nie. Ons is nie verplig om daar te ry nie, maar dit lyk vir julle is dit ‘n moet.

Salute vir Swartbooi. Mooi gedaan en ek is bly jy het by jou woord gestaan.

Die waarheid wat Bernardus Swartbooi gepraat het, het hy namens ons wat by grondhervorming benadeel word, gepraat. Dit was nie tot voordeel van hom nie. Hoe kan ‘n mens verskoning vra vir die waarheid?

Ek wil weet: betaal die Chinese ook belasting? Moet hulle ook opgawes by die belastingkantore indien? So moet ons betaal. Alle buitelanse mense met winkels – die voorraad word verkoop, daar’s nie tille of geldkassies nie. Die goed word verkoop en die geld gaan dadelik na die broeksak. Is dit reg? Hulle het geen bankrekeninge nie, die geld gaan net weg uit Namibië. Asb., ons wil weet of dit reg is.

Beriggewing wil dit hê dat president Geingob bewus was van die ongesonde verhouding tussen die ministers Nujoma en Swartbooi. Die president het niks daaraan gedoen nie. Nou moet hy tog uit die aard van die saak Nujoma se kant vat. Clinton, pak jou goed en verlaat die Geingob-administrasie; moenie aanbly in ‘n politieke party waarin jy jou menswaardigheid moet opoffer nie. Geingob received the boot and he’s again at the feet of his master. Start a new political party; we’ll join, members of existing struggling opposition parties included.

Aan meneer Swartbooi, u is ‘n held wat omgee vir jou mense. Ek dink u moet volgende president word. Swapo, wie sal vir jule stem in die Suide? - Basterseun

McHenry moet net die DTA se naam verander. Kan hy en Swartbooi saam staan en die land terugkry van hulle se voorvaders? Ons sal vir hulle stem.

Wolke kom mooi op, maar geen reën. In die ou tyd het die riviere vol water geloop, Windhoek was groen, die voëls en die diere se geluide het jy gehoor, maar nou niks. Mense, God is ontevrede met ons doendinge in Namibië.

Het nou bietjie respek vir Clinton gekry.

Rêrig, CEO van Gibeon. Jy dink seker ons ken nie wat gaan vir wat in ons dorp nie. Jy is dan nie eens by die werk nie, hoe kan jy sê jy het op en af gehardloop. Sê dankie dat daar iemand soos Caroline is wat omgee vir Gibeon se mense. Sy het vir ons die praatwerk gedoen sodat ons vandag water het. En as die geld nie geëet was nie, was daar nie vandag soveel probleme nie. Erken jou foute.

Iets wat ek nou al geruime tyd agterkom, is dat nadat Swapo aan bewind gekom het en die Chinese vrye toegang na Namibië gekry het, was hulle so min dat as hulle mekaar op straat raakloop hulle gegroet en gechat het. Maar deesdae is hulle so baie dat hulle nie eers opkyk as hulle bymekaar verbyloop nie.

Ai, oom Kosie Pretorius. Jy is enig in jou soort. Skep moed - Bob Mugabe is al 90 jaar oud. Dat soveel kennis, geordenheid en wysheid uiteindelik vir volk en vaderland verlore sal wees, is nie reg teenoor die mensdom nie.

Geen plesier om meer die koerante te koop nie. Prys styg volgende jaar en al wat jy kry is ‘n klomp advertensiebylae met drank van voor tot agter. Is voedsel nie ons grootste nood nie en drank ons grootste euwel?

Viva Bernadus Swartbooi. Die waarheid maak seer. Moet vir niks bang wees nie. Die lewende God sluimer of slaap nie. Elke hond het sy dag. Ons staan agter jou.

In die Confidente-koerant van Donderdag was Swartbooi onder andere soos volg aangehaal: "Swartbooi advised government for the development of communal areas saying it is cheaper than purchasing commercial farms. We have to improve infrastructures in communal areas. All we do is buy farms south of the red line and resettle everyone south of the red line. That is not how you develop a country because you leave out other huge parts of the country undeveloped and that is unfair to all." Ek wonder hoeveel mense sal met hom gaan saamstem, want wat sal gaan gebeur is dat mense wat nie van kommunale areas afkomstig is nie, sal gaan kla dat alle ontwikkeling net Noorde toe gaan.

You say Mr Swarbooi didn’t talk with small Nujoma first before he went public. You are wrong. If you are not on talking terms with your President and Minister how could he get that platform from both of them. Clinton must just dance to their tune.

Martin de Klerk, baie dankie vir jou goeie diens. Vandat jy by Cymot Keetmanshoop is, kry ons puik diens.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!