SMS'e vir 16 Februarie 2017
“Harambee is tog bedoel vir die behoeftiges . . .”
Dringende aansoek oor immigrante: Ons het nie werk vir ons mense nie, nou kom hulle by en dan? Ek stem saam met Trump. Kyk na jou mense en maak seker dié wat van buite af kom se harte is reg teenoor ons land en nie tronkvoëls nie.
Rössing-werkers, staan op laat ons gaan toyi-toyi vir ons surplusgeld. Genoeg is genoeg.
Die onmin tussen inwoners van Ileni-plakkerskamp in Keetmans tussen sommige Nama- en Owambo-mense moes een of ander tyd gebeur. Toe dit net die oorspronklike inwoners was wat daar gebly het, was daar geen lawaai, g’n harde musiek, toe kom die ander met hul sjebeens, tombo-huise en gepaardgaande doen-dinge in die naam van "Free Namibia". Almal kan bly net waar hulle wil - wat die "flood gates" oopgemaak het. Dis nou wat jy kry as jy tee, vleis, suiker, groente, vis als in een pot kook. Wat ’n brousel! Sjef
Die president het met die parlementsopening omtrent verbete standpunt ingeneem oor die grondkwessie. G’n wonder sy amptelike woordvoerder bied ’n flou verskoning aan hoekom mnr. Geingob nie verlede jaar by sy eie mense se Damarafees was nie. Ons ander voel dan so tuis in ons eie Nama-, Damara-, Baster- en Hererovelle, hoekom is andere dan so jeukerig vir hul eie velle? Ek voel so tuis in my Nama-vel met my taal - in my Namaland in my Nama-atmosfeer met andere wat my waardes en Nama-wees aanvaar en erken. Ek verwerp ’n skewe, krom landsbeleid wat ons verarm en vervreem. Namalander
Stem volkome saam, laat die regering tog die somertyd hou.
Ek wil weet hoekom moet alles wat mooi, skaars en kosbaar in die natuur is, doodgeskiet word? Daai instansies kan die geld skenk en dan die leeu en olifant met ’n kamera skiet.
All I can say is Job Amupanda, meet Swartbooi - then you'll win the battle.
Chinese en visse! As dit nie renosters en donkies is nie, is dit nog die visse ook! Hoeveel gaan hulle teel? En hoeveel eet? Leer Namibiërs om dit te doen. Dis werk vir Namibiërs!
Hoe kan CoW toelaat dat ’n informele nedersetting (plakkerskamp) skuins oorkant Finkenstein se hek opgeslaan word?
Dis nie normale mense wat van grafte af steel nie.
Why does the Ministry of Home Affairs waste peoples’ time by asking for submissions on the possible change of Winter time? When the submissions are received, they keep quiet. Is it the inability to analyse data or a case of disregard of peoples’ views? This is a typical case of the bad governance Namibians have been receiving over the years.
Betaal tog vir NamPower dat ons nie sonder krag sit nie, asseblief.
Die direkteur van onderwys in Khomas, wanneer laas was Michelle McLean P.S. op besoek? Daar was geen stafvergadering sedert die skool oopgemaak het vanjaar nie. Die storie van die sweetpakke wat gekoop is met die skoolgeld, is ook nie ondersoek nie. Wat het van die Big Walk-gelde geword van 2015? Die skoolhoof teken tjeks, sy doen die aanvraag en gee ook toestemming. Daar is geen volledige skoolraad nie. Moet ons wag tot die "anti-corruption" kom?
Rehoboth-polisie, help asseblief vir Blok E, die leë huise wat in die ou sokkerveld staan agter ou mense se huise, is rookhuise. In die tweede straat daar loop die dwelms met voete rond. Daar’s sekere huise waar hulle ook sit en rook agter die huise. Ons kan nie meer nie. Help asseblief, ons kan nie gaan kla nie, nou skryf ons in die koerante.
Rössing, laat weet ons: Word die saak weer hof toe verwys of is die saak na September toe uitgestel?
Julle, ja julle weet almal wie hier bespreek word. Julle wat biljoene en miljoene uit die staatskas geplunder het, wees tog genadig met ons armes en betaal die belasting daarop terug aan GRN sodat geld beskikbaar kan wees om skulde te kan vereffen. Ons almal weet wie baie van julle is.
Aan die vrou wat my hart gesteel het 11 jaar gelede. Jy ken my beter as wat ek myself ken, al is my kop so bietjie deurmekaar. Ek is en sal altyd lief vir jou wees. S tot H wat ook nou S is. Jy is en sal my lewensrots bly al is die see rof. Van jou Gs sonder die kode 8.
Baie jare gelede toe ons op skool was het die skole somertyd 07:00 begin en in die lente en herfs 07:30 en in die winter 08:00. So kan die tyd nie bly soos dit nou is nie? Sê maar net.
Harambee is tog bedoel vir die behoeftiges oral in die land, maar hier in 7de Laan is dit net die fat cats wat daaruit geld maak deur die kos te verkoop, want hulle het sjebeens, maar die wat dit regtig nodig het, kry niks nie. Waarom nie?
Hage Geingob, werk tog met jou eie land se mense. Geweet al jou mooi beloftes aan die begin gaan nie lank hou nie.
Ek’s jammer as ek mismoedig klink, maar as ’n jongmens is ek bang. Ek is bang oor ons klimaat. Ek is bang oor ons ekonomie. En ek is bang dat met ’n maniak (en ’n dom een nog daarby) basies in beheer van die wêreld, die derde en finale wêreldoorlog vir ons sit en loer. En met kernwapens is ek bang dit baie vinnig verby wees. Ek is tot bang om ’n kind in die wêreld in te bring. Nou’s ek bang ek maak my medelesers ook bang.
Ek het ’n klagte oor die inbelprogram Vrae is Vry. My meisie het ingebel en gevra dat daar uitgesaai moet word dat sy werk soek. Nou dit is die grootste fout wat sy gemaak het. Al wat man is SMS nou vir haar om nou kennis met haar te maak en as sy vir hulle sê dat sy reeds in ’n verhouding is, dan word sy so gevloek dat die see haar nie kan skoon was nie. As ek die nommers bel, gebeur dieselfde. Nou as julle vir my raad kan gee, wat staan my te doen?
Help asseblief. Hoe kan een bus van Groot Aub N$40 per dag vra en N$800 vir die vaste mense vra. Help ons tog.
Goeiemôre, ek maak tafelstelle uit ou "pallets". Kontak my op 081 329 2117, Dusty.
Wil net sê ons maak meubels uit "pallets" as u belangstel. Skakel 081 206 0802.
Vir die persoon wat die Smurfies gesoek het, dit is by Toys R Us en in China Town beskikbaar. Bel my by 081 242 5135 vir meer inligting.
Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. Ons het niks hier geskep nie. Ons is slegs huurders op die aarde en nie regmatige eienaars van grond nie. Als behoort aan Hom wat leef en regeer.
G4S Hentiesbaai: Ons, die gemeenskap van Omdel-woonbuurt, wil Ferdinand Jacobs terug in diens hê, want hy het baie vir die gemeenskap gedoen en beteken.
GIPF, kyk tog asseblief weer na ons maandelikse "payment". Ons wat "retire" het, dis belaglik om so min te kry! Ons kan nie "cope" met daai bietjie geld nie! Asseblief, help ons tog met ’n verhoginkie . . .
Ek wil graag dankie sê vir Cooper Plumbers wat my op ’n Saterdagaand kom uithelp het. Julle diens was puik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie