SMS'e vir 16 Februarie 2018
SMS'e vir 16 Februarie 2018

SMS'e vir 16 Februarie 2018

“. . .paaie die beste. . .”
Mandy Rittmann
Aai, mnr. Werner Januarie! Het jy reg gedink my ou? Reëls en regulasies geld vir alle wetsgehoorsame burgers van die Republiek van Namibië. Hoe is dit dan nou dat jy verskillende reëls wil hê vir taxi-bestuurders, wat net maak soos hulle wil. Laat hulle ophou verkeersreëls minag. Verhoogde taxitariewe ook nog!



During the Cabinet meeting in 2015 miss. Angeline Simana, Executive Director of the Namibian Civil Aviation Authority said that no more foreigners will be appointed in the NCAA and the few remaining wil train Namibians to take over. However in 2018 more and more foreigners are still being appointed with no Namibian appointed to understudy any of them. Can the president please intervene. Or must the staff of NCAA also resort to praying like Air Namibia?



Fawzia Stellmacher, die Here sal jou deur dra, daar is geen twyfel. Dis hartverskeurend.



Daar word gesê, dat Namibië se paaie die beste in Afrika is. Sak Sarel! Gaan kyk na die B1 tussen Keetmanshoop en Mariental! Slegste in die wêreld!



Die persoon wat kla oor skoolfonds. Weet u, as die ouers nie bereid is om 'n bydrae te maak nie, wat gaan van die kinders word? Ek hoop nie jy verwag om skoolklere ook verniet te kry nie. Niks in die lewe is verniet nie. Doen jou plig as ouer en hou op skole sleg maak!



Stem 100% saam met lesers wat sê soek liewer na plek in die diep see vir die moordenaars, ens. 'n Tronk soos in die fliek Alcatraz waar die klomp skuim van die aarde af weggebêre word en sommer daar doodgaan. Hulle hoort nie in die samelewing nie.



Kan die ministerie van gesondheid asseblief bekwame en eerlike mense afstuur om Karasburg-hospitaal se "drivers" se oortyd te kom ondersoek. Daardie "drivers", van hulle is ongeskik en het nie respek, selfs vir groot mense wat hulle vervoer nie.



My liewe aarde! Weet die Swapo-regering hoeveel mense nou sonder werk sit as gevolg van Chinese wat voorkeur kry in Rehoboth.



“Gender violence” is nie net 'n sommer woord nie, dit kom van verskillende groepe, taalgebruik en dit is waar die howe baie swaar sal kry. Daar is baie, noem dit maar die beste wat jy het. Dit is nie 'n stilsitprobleem nie.



Geagte lesers. Die winter is weer aan die kom. Nou vra ek tog, as daar iemand is wat 'n goeie hart het, ek soek tog ou klere, skoene, komberse, enigiets wat 'n mens in pakkies kan opmaak. Dis vir Groot-Aub, die mense kry baie swaar. Dit sal hulle harte baie bly maak. Skakel vir Valerie asseblief. Kom ons vat hande saam en maak 'n verskil in iemand se lewe. Baie dankie. - 081 849 6789



Thank you Reggie Diergaardt for writing on behalf of the poor and not like those praise singers who have nothing but an endless appetite for status.



Beste paaie! Ja, verseker het hul Okahandja se strate mis gery en ook dele van Otjiwarongo se strate met gate. Dis 'n mooi pluimpie vir Namibië. Doen so voort!



Die ontvolking van die platteland kan toegeskryf word aan die soeke na 'n beter lewe. Windhoek word oorval en kan dus nie vir almal 'n geskikte werk en blyplek aanbied nie. Die stad gaan eersdaags ook watertekorte ondervind. Hoekom kan die regering dan nie nywerhede skuif na dorpe soos Okahandja en Rehoboth nie? Beide dorpe het genoeg water tot hul beskikking. In Rehoboth se geval moet Mistake Swartz en sy span net nie 'n fout maak nie.



We the Grade 10 pupils of Oosterheim Combined School would like to thank our teachers of 2017 for a job well done. A big thanks goes to Mr. Brandon Prins, u played a significant role.



Ek soek tog dringend raad vir maagswere. Het als probeer. Moedeloos!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!