SMS'e vir 16 Januarie 2020
SMS'e vir 16 Januarie 2020

SMS'e vir 16 Januarie 2020

". . . kan self huise koop . . ."
Mandy Rittmann
Ja, vir ons weermag is die Namibiese publiek die vyand.

Namibië se swak weermag: Ek dink nie dit is nuwe nuus nie. Wat ek graag wil weet, is hoeveel kwansuise fighter pilots daar is vir die 6 vegvliegtuie en wat is hulle range en name? Republikein het mos genoeg joernaliste om hierdie inligting te bekom en aan die publiek bekend te maak.

Laat my toe om die volgende mening te lig. Onse regering is direk verantwoordelik vir die huidige finansiële krisis. Air Namibia moet aan ’n private persoon of besigheid verkoop word. Geen GRN-persoon of sy direkte familie moet vir GRN-tenders oorweeg word nie. Almal steel op ’n ry. Dankie.

Kan al die ou vrinne in politieke poste asseblief uitgaan, sodat ons nuwe mense met nuwe idees as goewerneurs en raadgewende lede kry. Die vryheidsvriende maak die land bankrot. Hul gulsigheid het geen perke. Kry asseblief ook onderwysers uit die staatshuise uit. Hulle kan self huise koop. Verhoog die slaagvereistes by skole en universiteite. Die aanvaarding van die E-simbool by skole en universiteite maak ons onderwysgehalte baie swak. Laat net mense wat as voertuigbestuurders poste beklee, GRN-voertuie bestuur. Moenie grond uitdeel om gewild te wil wees nie. Dis nie elke Jan Rap en sy vriend wat ’n veeboer kan wees nie. Stel tegnies gekwalifiseerde mense met gepaste ondervinding aan by NamWater en rural water supply. Nie elke Jan Rap en sy vriend het ’n rooi seël nie.

Okahandja se baas geskors met volle betaling. Wat help dit, die geld raak nog steeds weg. Okahandja het seker die meeste skuld van alle munisipaliteite in die land. Hulle het miljoene in kontant oorgeneem, geen oudits nie of deel almal? Droewige dag. - Lood Viljoen

Namibia Beverages, Coca Cola. Kan julle Tab terugbring asseblief? Sommige mense drink dit om gesondheidsredes.

Swakopmund Municipality! Other road authorities are doing their utmost to eliminate potholes. You create them on all the unpaved streets. What is the secret behind this by digging a perfect round pothole, 600 mm in diameter and around 250 mm deep to keep the drain covers visible? Is this how other municipalities are doing it or is it plain straight incompetence?

Die veelbesproke 666 staan vir drie tydperke: Die swart kruis +(plusteken), 64901 die donker verbond. Die rooi kruis 65053. Die rooi kruis is die bloedverbond (overit are nineteen). Die wit kruis is 63113. Die geheim van apostel Johannes is geopenbaar. Is die oorlog in Midde-Ooste op hande. Peace until the rise of morning. Bygesê, die wit kruis plus die vredesverbond. Rusland se handlanger gaan baie seer kry.

Kan die minister van gesondheid aaaasseblief kyk na verpleegpersoneel. Bly meer op die telefone as wat hulle jou help. Dit is hoekom mense doodgaan en hulle is ongeskik, luister nie as jy hulle roep of sê gaan sit. Maar jy ken nie waaroor nie. Die selfone is die ergste. Wens ons kan maar weer die kaart met die hokkie terugkry.

Eers was dit aan, nou's dit weer af. Vanoggend (15 Januarie 2020) het die rooi verkeersligte by die oprit en afrit vanaf die westelike verbypad by die Katutura-hospitaal (rigting Noord) alweer nie gewerk nie. Dis heeltyd rooi. Ek het nou al in die kolom verskeie kere hieroor gekla. Mens moet nou maar links kyk, raai of ruik wanneer jy kan ry of wag tot die haastige Janne agter jou begin toeter. Nee man, CoW! Wie maak seker verkeersligte is korrek gesinchroniseer en werk?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!