SMS'e vir 16 Junie 2017
“Hulle is van die 'gee my-generasie!”
Was die afgelope twee dae in Otjiwarongo. Voorwaar skoon en netjies, sommer pragtig. Dorp van die Jaar pas julle pragtig. Dan Wimpy se netheid en al die vriendelike personeel - hou so aan. As ons Otjiwarongo se voorbeeld volg, dan kan dit mos net goed gaan in ons pragtige land Namibië!
Studente in Rusland wat so ontevrede is, moet hul skaam en ophou kla. Hulle het geen idee wat swaarkry is nie. Hulle is van die "gee my"-generasie! Dit kos die belastingbetaler honderde duisende, alles verniet. Kan ouers gerus sakgeld bydra! En siestog, arme bloedjies moet 25 minute na die trein toe stap. . . Maak my briesend. Ons moes ure stap en niemand het ons universiteit betaal nie. As ouers nie die geld gehad het nie, moes jy maar werk en spaar vir jou studies. My vraag: Hoekom word hulle ten duurste buiteland toe gestuur as Namibië sy eie universiteite het?
Comrade Erongo Governor, thank you for the commissioning of the Karibib Solar Plant. Now that we have power so close when are we at Sandamap, specifically Sandamap South Post 2 going to get rural electrification? Whether from Erongo RED or the new Solar Plant? We want to develop our area but we can’t without power.
Hoekom is “Day of the African Child”, 16 Mei 2017, aangedui as ’n skolevakansiedag op die ministerie se kalender en nou is dit ’n gewone skooldag? Wonder wie se slim idee dit was? Kan die ministerie van onderwys beter beplan in die vervolg. (Dit het onder ons aandag gekom dat twee weergawes van vanjaar se skoolkalender bestaan. Op 'n PDF-dokument met die titel "goedgekeurde" skoolkalender verskyn die verwysing na 16 Mei as 'n skoolvakansiedag nie. - Redakteur)
Regeringsamptenare! Die persoon wat nie glo in die opstanding van dooies nie, kan net van 16:00 af by ’n regeringskantoorblok gaan sit, dan sal jy sien dooies kan opstaan.
NamPort under the leadership of Mr. Bisey Uirab sets an example for all SOEs to follow. Efficient capital spending and due care with government funds. Well done to management on the rebuilding of the Omanda Tugboat.
Binnelandse Sake, hoe is dit moontlik dat ’n ID verkeerdelik uitgereik word met inligting van ’n ander persoon vermeng met joune? So doen ons die hele aansoek van voor af oor om weer die verkeerde ID te ontvang sonder regstellings! En die bugerskapsertifikate word al twee maande nie gedruk nie, want hulle wag vir sertifikaatpapier! Wie doen nie hulle werk nie?
Namibië se arme diere boet alweer op grootskaal aan die hande van gewetenloses. Niks wat op ons aarde loop word met rus gelaat nie en word blootgestel aan verhongering, verwaarlosing en eventueel ’n onnodige en wrede dood. Stop die handel van ons wild op alle vlakke onmiddellik.
Genade mense! As jul nie kla oor DStv se swak kanale nie, dan kla jul oor die Afrikaanse radiodiens se swak stasies. Sit af die TV en radio dan is daar niks om oor te kla nie. Ons “love” ons geliefde radiostasies.
Wil graag uitvind. . . Ons het verlede jaar Juniemaand aansoek gedoen vir kinderwelsyn. Tot nou het ons niks ontvang nie. Toe ons navraag doen, word aan ons vertel dat alle aansoeke van Juniemaand teruggestuur word, want die vaders moet ook nou verklarings gee dat hulle nie werk het of kry nie. Helfte van ons weet nie eens waar die vaders hulle bevind nie en ander ontken die kinders. Nou wil ons net weet wat moet ons maak in die gevalle. Vra maar net.
PM cracking whip in travel and S&T? Then please answer what consequences followed on this: Still waiting for answers of 3 MPs (amongst others Petrina Haingura, Alexia Manombe-Ncube and Agnes Limbo) who went to New York to attend international parliamentary women’s bureau meeting from 13 - 24 March. Reportedly ended up not attending but reportedly did personal business/other activities including shopping instead. Government or rather taxpayers spent 650 000.00 on these three and their support staff. We have a right to know full costs of whole delegation travel cost! Read article in “Informanté”. This is scandalous and heads must roll!
Kan die DTA kantore asseblief mnr. McHenry Venaani se selfoonnommer of e-posadres plaas. Wil ’n vriendelike versoek in landsbelang direk aan hom rig.
Kan die Namibië Outright-kantore asseblief hulle straatadres, telefoonnommer of e-posadres plaas.
Ons vier Happiness Store Day, Africa Day, Heroes Day, Moedersdag, Vadersdag, noem maar op, maar wat van Oupa en Ouma Dag. Ons kleinkinders wil ook vir ouma en oupa bederf. Vra maar net.
Ek wil tog net sê, ek is ‘n kliënt van Foschini Mariental. Plek is pragtig skool en jy word so gou gehelp, maar daar is ‘n meisie wat nie weet hoe om met kliënte te praat nie. Ken ook nie om te groet nie, maar verder is die “manager” uitstekend en baie ordentlik en help graag met ‘n glimlag.
“Hulle is van die gee my generasie!”
Jy hongerlong wat kla oor stoepsitters by Crows Inn, daar is nog een plek vir jou, maar t&c apply.
Jy wat kla oor die manne voor Crows Inn, dis ’n klomp vriende wat na werk bymekaarkom. Jy het seker nie vriende nie, dis hoekom jy so negatief is. Vee eers voor jou deur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie