SMS'e vir 16 Junie 2020
SMS'e vir 16 Junie 2020

SMS'e vir 16 Junie 2020

". . . huil elke dag . . ."
Mandy Rittmann
As besighede op dié trant toemaak, is daar nie meer geld vir ons ministers en ander staatsdiensamptenare nie.

Geen drank, beter toekoms? "Get over it." Sommige mense kan hul drank hanteer. Moet almal gestraf word oor ’n paar swakkelinge? Is ons nou weer in die skool, waar almal na skool moet bly oor een ou stout was?

Graag wil ek vir Bernadus Swartbooi salute, wat so die waarheid praat oor Kosmos. Man, ek staan agter jou met gebed, dat die Here julle sal help met wysheid krag en sterkte vir jou en jou span.

Bernadus, ons huil elke dag oor ons land en ons sien die dinge, maar kan niks doen nie. Regtig, dis jou van wat jou laat werk kry en nie jou kwalifisasies nie, maar dank die Vader wat julle jong manne laat opstaan teen die onregverdigheid in ons land.

Ek kan dit nie glo nie! ’n Mede-burger moet éérs N$27 000 betaal voor aandag aan ’n dubbele beenbreuk gegee gaan word. Dit is administrasie uit die hêl. - Peet Venter, 81 jaar

Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, Gochas het u aandag dringend nodig. Geen distansies word toegepas en geen maskers in strate. Stuur asseblief die paraparas.

Ek wil net sê, van hierdie koorsmeters is regtig nie korrek nie. Hoe op aarde kan jou koors 22 wys en dan vir die volgende persoon wys die meter 16. Van die persone wat die koors neem, lyk my weet ook nie dat die meters nie korrek is nie.

U eksellensie, president H.G. Geingob, u oopstelling van die drankbedryf het ’n geleentheid geskep vir onwettige drankverkope op Gochas. Doen inspeksie asseblief.

Krieket Namibië is op ’n next level. Rugby het baie om te leer.

Soek raad vir termiete in kaste.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!