SMS'e vir 16 Maart 2017
SMS'e vir 16 Maart 2017

SMS'e vir 16 Maart 2017

“derduisende se lewens hang af van Psemas”
Dani Booysen
Daar behoort gou en dringend 'n ondersoek geloods te word na Psemas! Spookpasiënte moet gou opgespoor en geëlimineer word. Derduisende geregverdigde pasiënte se lewens hang af van Psemas. Maak die Psemas-huis vinnig skoon!



Die donkieslagpale is vir die velle, nie vir verwerking van vleis nie. Dis 'n Chinese sakeman wat dit wil begin. Velle word gebruik vir een of ander mediese produk van die Chinese.



Dit is nou rêrig n groot jammerte dat die geskiedenisfoendi soveel snert kwyt raak en verwag dat mense hom moet glo net soos Donald Trump se onsin. Duitsland en Europa as geheel het hul eie agenda gehad wat niks met Afrikaner, Witbooi, Namas of die Ovaherero te doen het nie.



Ons het al vir 20 jaar 'n probleem met die somer- en wintertyd. Daar was net nooit gehoor gegee nie. Daar is genoeg tyd om die land op te bou en die vrede te bewaar. Ek glo nie 'n uur sal 'n verskil maak nie. Weg met wintertyd!!!



Wintertyd het betrekking. Lyk my die betrokke minister het aan die slaap geraak. Nou op nommer 99 skrik sy wakker.



Ek verskil baie van president Geingob se sêgoed tydens hul kamma-“rally” in Keetmans. Eerste was dit die destydse bekende kolonialiste en toe kom die kamma Swapo-bevryding wat ons van Namaland verder verarm het met vandag se regering se skewe grondbeleid waar andere ten koste van ons ryk geword het. Op u vraag of Swapo ons grond gevat het? Ja, meneer! Met onafhanklikheid het u regering die hele land ontvang, d.w.s. Namaland ingesluit. Wat moes volg, was die "restitution of land rights", nie die kamma-“resettlement”-proses nie. Waarom die Namas omrede hul opstaan vir hul regte van alles behalwe die waarheid beskuldig? – Namalander



Graag sal ons wil hoor wat het van die projek geword van die skaap, bokke en bees waarvoor ons moes aansoek gedoen het by Hon. Mungunda. Bel jy haar, antwoord sy nie haar sel nie. Sal graag van andere wat ook aansoek gedoen het wil hoor.



Wintertyd maak mense baie depressief. Asb. mense, skrik wakker. Die wintertyd werk nie. Dink aan ons mense wat oor en weer ry. Gaan sonstaan van hul huise en kom na donker tuis. Watter aandag kry hul kinders? Windhoek-mense kom by hul huise as die son nog staan.



Ek wil saam met Phil ya Nangoloh stem. Die stigterspresident het sy kans gehad. Hy moet nou die jonger geslag die kans gee. Hy is reeds te oud.



Tydsverandering: Die persoon wat skryf "die Here se werke wil verander", dit was mense wat die tyd uitgevind het en verskillende tye in verskillende lande bepaal het. En dit was mense wat vier skoolkwartale bepaal het. Tereg het hulle goeie verstand van die Here gekry om dit uit te werk en dan so orde te handaaf. Maar dis beslis nie die Here se werk nie. Dis owerhede se werk.



Ons fees Otjiwarongo: Dankie vir die reëlings dat iets in ons dorp kan gebeur, maar asb., reël die advertensies net beter. Die plakkate sê nie wanneer vind wat plaas nie en hoeveel die toegangsfooie is nie. Word als beide dae aangebied?



Etse, toe Hage Eerste Minister was, het “PLAN fighters” voor die parlement gaan kamp, “Struggle Kids” het al die land op horings gehad, maar toe die grondlose Suide opstaan toe hardloop die president Suide toe en raas en skel, Ae, Suide amase, wie sal vir ons red? – T



Geskiedenisfoendi, jy praat uit my hart. Dit is alles waar wat jy sê. Toe die eerste Duitse sendelinge aangekom het, moes hulle tussen die Herero's en “Bastards” gaan vrede maak. Die Herero's en Namas het met enige nasie destyds oorlog gemaak op die wreedste wyse. Nou weet niemand iets daarvan nie. Die geskiedenis het nie in 1904 begin nie.



Ats, ek is darem nou vanaand (14 Maart 2017) diep teleurgesteld in Martin Dentlinger wat op Capricon FM 96.1 so swartgallig en deurmekaar praat. Hy is dan kastig 'n Christen. Hy beweer dat "human" 'n dier is. Ek gedog 'n dier is "animal". Hy verwys na die aansoekvorms waarop ons "male" of "female" genoem word. En nie “man” or “woman”. Dink Martin Dentlinger ons luisteraars van Rehoboth is dom en vreet sy haatspraak vir soetkoek op?



Ek wil graag weet waarom Roads Authority nie 'n plan kan maak met die B1 wat deur Rehoboth gaan nie. Kan ons nie soortgelyke, lae koste “speedbumps” soos in Okahandja kry nie, i.p.v. die berge wat nou daar is of voorgenome verkeersirkels nie? Die van Okahandja is uiters effektief. Dis skrikwekkend teen watter spoed trokke en karre deur die dorp beweeg.



Ek wil weet hoekom sien ek net vir Xander Skinner in die koerant. Is hy al een wat rekords in swem breek?



Ek wil net weet: moet die klerk by “transport” nie die karre uit “issue” nie en dan weer in “issue” nie as die karre terug kom. Hoe sal hulle weet as die karre gestamp of geskraap word? Dis hoekom Khp hospitaal se karre nou in 'n toestand is. In die verlede het die karre nie so gelyk nie.



Ek wil net weet hoekom moet die oumense 50 dollar betaal om vir 'n kospakkie te registreer en hoekom moet hulle met looitjies loop? Die oumense moet bazare uit hulle se sakke hou en hulle moet by elke vergadering geld kollek. So ek voel dit is 'n geldmaakstorie. Doen iets aan die saak.



MultiChoice, kan ons as “Namibians” nie ook 'n rugbykanaal kry nie? Nie almal is sokkerliefhebbers nie en ons betaal baie geld.



DSTV, groot asseblief, dink aan ons pensioenarisse? Net 'n klein bietjie afslag sal ons vreeslik baie help. Dink tog daaraan. Dankie by voorbaat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!