SMS'e vir 16 November 2016
“Nooit maar nooit weer stem ek nie.”
Wie onthou nog dat die Derde Wêreldoorlog sou uitbreek as Wladimir Poetin herverkies word tot Russiese president? Dat Brexit die wêreldekonomie sou laat in duie stort? Niks het gebeur nie. Die wêreld draai nog steeds. Gee Donald Trump ''n kans.
Om die meeste ongelukke te vermy: Hou links by sperstrepe en kyk of die pad skoon is voor jy verbysteek. Ek weet dis bietjie ingewikkeld vir baie Namibiërs. Hulle glo as hulle nie ''n voertuig sien nie, is daar nie een nie.
Hier is ''n nuwe wetsontwerp: Enige persoon wat op ''n openbare pad die spoedgrens met 15 kpu oorskry en ''n ongeluk maak wat aan roekelose of dronk bestuur te wyte is en waarin ''n passasier die lewe laat, kan vir moord aangekla word. Afgesien van ''n boete of tronkstraf kan sy bestuurderslisensie gekanselleer word. – Oom Lood
As ons reën kry wat kniediep lê, sal heelwat huise oorstroom. Daarom stel ek voor jy loop om jou huis en bêre losgoed, grawe slootjies om water weg te lei van die huis af, lê sandsakke voor deure, maak dreine skoon en maak ogiesdraad bo-op vas. Parkeer jou kar onder skadunet of afdak. Moenie vir die volgende week jou plante natmaak nie.
Jongmense moet tog nie so stadig en tevrede wees met wat na hulle kant toe kom nie. Die lewe is soos ''n wedloop en dit hang van iemand af of jy wil wen of verloor. As ouers te sag was of nie getraak het met die huislike opvoeding nie, is dit steeds jou lewe en kan julle self daaroor besluit. Ouers is skuldig, maar julle het ''n toekoms wat wag.
Ja, dis die tyd van die jaar wat almal uitsien na die vakansie vir ''n welverdiende rus. Ongelukkig spits die wat te lui is om te werk hulle daarop toe om juis nou te roof en te steel. Wees versigtig.
Groot Aub: Die dam was gister middag oorlopend vol, maar krane word 10 nm oopgemaak. Middernag wanneer almal slaap, word stroom eers effens sterk. Volgende oggend 5 uur is water leeg . . . weggeloop in die aand deur krane wat oopgelos word uit. Kan mnr. Williams nie ''n slag sy kop gebruik nie?
Wilde perde: Alle vullens 3 plus jaar is en was gevang deur Spotties en dis feite en dit gaan nou weer gebeur in vultyd. Dis nog 50/60, d.w.s. totale is so 50/60 x 3 of 4 oor die tyd, d.w.s. so 150-200, ''n hele generasie. Hiënas is wel so 60-75 km noord van Garub ge-“relocate” op Kanaan, word ek gesê. Die punt is hul stap maklik heen en weer en “tracking” wys dit – voor 2001 was daar nooit Spotties nie, nou is daar 13 plus. Spotties is verseker nie daar geplaas om vullens te vang nie, maar as daar niks ander wild is om te vang nie wat anders sal hul doen? Hulle kies die maklike prooi. Die “common sense” sal wees dat die 13 ge-“dart” word en ge-“relocate” word na waar dit kan werk, Etosha of Boesmanland, en dit sal deur en met MET-goedkeuring moet gebeur. N/a'' anku sê sal dit mos kan reël.
ACC is so korrup dat N$13 miljoen in ''n skelm wat lank al geëet het, se bankrekening betaal is vir grond wat deur RTC verkoop is. ACC, julle is korrup! Kom arresteer vir my, Great Uncle, omdat ek sê ACC is korrup. Sies, julle kan jul werk doen. – Great Uncle Rehoboth
Lyk my die belastingkantoor wat persoonlike inligting vra met SMS van 13183 nommer is om nuwe data op te stel. Moet ons maar deurgee? Bang om so iets deur te gee.
Joos Platt, ek stem saam met jou op Facebook in Viritas Truth. Jou stelling oor min. Helmut Angula se dreigement van oorlog. Dankie. Ek haal jou aan. Iemand wat van oorlog praat, was nog nooit in oorlog betrokke nie, ongeag aan watter kant van die grens hy geveg het. Ek salueer jou.
Willie Swartz, wat soek Rhb dorpsraad se miljoene in jou rekening?
Ek het self verlede week tot by die kantore van tuine en parke gery en gaan kla presies hoe dit by die Bains-parkie lyk. Ek is bly die toilets is skoongemaak, maar ai tog, asb. Kan die wat in daai toilets bly darem in ''n skoon plek slaap. Mense, dis nie hoe dit werk nie. Jaag daai leeglêers asb. daar uit. Die parkie is daar vir die kinders. Wie kan dit waag om jou kind daarheen te vat? Dis ''n hool met stukkende drankbottels, papiere en sakke en ''n smokkelhool. Mens is te bang om daar verby te stap. Doen ''n opvolg en maak skoon asb.
Mnr. /Uirab, ons ondersteun jou. Die manne glo nie, maar weer eens, God is stadig, maar die uurglas loop leeg.
Hoekom moet Groot Aub se water in die aand oopgemaak word? Dink jy nie aan die oumense wat alleen by hulle huise bly nie en almal het nie meters nie en moet water skep by bure? Vandat die nuwe man water pomp, is alles ''n probleem. Laat iemand anders die werk doen asb.
Rhb Timosha-kliniek in Blok E, “yards” lyk baie skoon. Hou so aan, ons is “proud”. – Inwoner van Whk
Ek en my vrou was vandag (Maandag 14 November) na binnelandse sake met ons kleinkind (11 jaar) se paspoortaansoek. Ek koop toe sommer Republikein om by die huis te lees. Op pad stad toe wys sy my hoe oulik ons kleinkind is om self haar handtekening te maak op die vorms. Daar gekom, sê die persoon agter die toonbank om ''n lyn deur haar handtekening te trek en te skryf “too young to sign”. So gemaak en die aansoek ingehandig. Terug tuis maak ek die koerant oop en lees die SMS wat vra “Am I wrong or plain stupid” oor ''n paspoortaansoek vir ''n 13-jarige. Die persoon moes omdraai omdat die ouer namens die kind onderteken het. Toe wonder ek hoekom dan nou nie dieselfde opdrag gee soos vir my vrou nie – naamlik trek ''n lyn daardeur. Die SMS eindig met ek sien trane en hartseer vir ouers. Iemand kan ons mos die trane en hartseer spaar deur uit te vind vanaf hoe oud moet ''n kind self sy/haar naam teken. – Toivo
Dit is ''n pragtige foto, mnr. Conrad Thalwitzer, van die Omatakorivier met die Omatako-koppies in die agtergrond.
Hoekom mors die mense so met mnr. Uirab? Is hulle nie bang vir ons lewendige Here nie? Die 4 Swapo-raadslede dink hulle kan wegkom met moord. Nie die president, min. Sophia, ACC of wie ook al het nog ingetree oor die dorp se onreëlmatighede nie. So gefrustreed.
Aangesien lt.genl. Ndeitunga nie die grootkop-pos by Interpol gekry het nie, kan hy gerus tuis bly en daadwerklike aandag skenk aan die toenemende geweld en korrupsie in ons land en die slagting op ons paaie hokslaan. – DeDema
Dat die manne wat taxi-lisensies uitskryf asb. die straatname kyk. Daar is verkeerde straatname op die taxi''s geskryf. Faraostraat is nie in Soweto nie en Havanna nie en daar is nie ''n Grysblokstraat in Grysblok nie.
Kan die persoon wat die Internet gebruik vir uitsendings asb. noem hoe dit gedoen word.
Fly Africa het ons van ons geld beroof. Belowe hulle sal ons geld terug betaal. Selfs “email”-adres gegee waar ons eis moes insit. Niks het gebeur nie. Hoe kan ons geregtigheid laat geskied? Ons is bedrieg.
Die rioolgemors in ons straat raak nou groen slik en nou vrot dit eers. Ek is nou op van baklei, want Rehoboth “Town Council” se amptenare steur hulle nie aan inwoners nie. Hulle baklei eerder om van Uirab ontslae te raak, wat vooruitgang in dorp wil hê. Nooit, maar nooit weer stem ek nie. As enigeen my ooit weer by ''n stembus sien, gee ek julle nou al toestemming – slaan my behoorlik.
Asb. ouers leer julle kinders tafelmaniere by die huis en nie by hotelle en bed en ontbytplekke nie. Kyk ook na jul eie tafelmaniere. Ek sê sommer ek is vol bespreek as ek hoor daar is kinders. Indien hulle goed in die kamers breek, noem dit asb. aan die bestuur. Moenie dat hulle brood rooster as hulle nie weet hoe die goed werk nie. Leer hulle om stil te sit in eetsale, want daar is gewoonlik ander gaste ook en almal wil hulle ete geniet. Skep julle self hul kos op. Asseblief, moenie kos bestel en nie eet nie. Kos is duur en ons probeer ons pryse laag hou.
– Marie, Windhoek

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie