SMS'e vir 16 November 2018
". . .op die dak ook dans."
N$13 miljard se agterstallige munisipale skuld aan waterwese weerspieël die kultuur van verbruikers. Ek dink NamPower en RED's se agterstallige skuld is ewe skrikwekkend en 'n bankrot regering het 'n groot aandeel daaraan. Geen wonder dat agteruitgang oor die hele land voorkom nie. – Johan
Dit is regtig jammer dat wat met dapper klein Dehan gebeur het nou deur sommige gebruik word as veldtog dat alle slange voor die voet uitgewis moet word. Die Bybelse verwysing(s) na die slang is simbolies. Slange het ook 'n rol in die ekosisteem en die baie goeie werk deur Windhoek en ander dorpe se slangvangers word nou ongedaan gemaak. Ek is ewe hartseer oor die seuntjie se dood, maar ons moet eerder die groter perspektief nie vergeet nie.
Ek versoek medelesers om oral waar hulle by staatsinstellings kom – nie net by skole, hospitale en klinieke nie – tekorte in voorraad en dienste by ons koerant se SMS-lyn of WhatsApp-nommer aan te meld. Sodat die ministers kan besef wat regtig aangaan
Rhino Park Hospital has "RoboCop" for pills? Seriously? Please publish the price of this white elephant and the price increase on medication to pay for this robot. There has to be a pharmacist anyway for all other medications. Can that person not also hand out pills? And this while state hospitals don't even have pills, medicines, instruments or food etc., etc., etc?
Sien die sage rondom die LED-ligte op voertuie (of dit wettig is of nie) is deur die hof by die kus in die guns van die verkeer toegestaan. So mense, bykomende LED-ligte op jou voertuig is uit. Dokta het jul mos gesê! (Die beriggewing het in 'n ander koerant verskyn. Lees die mening op vandag se brieweblaaie. - Redakteur)
Wat 'n verligting dat mnr. Jacky Husselmann nou ook as 'n visepresident van die NRU verkies is. Hy is 'n man van integriteit, hardwerkendheid en dissipline. Hy is en was ook nooit deel van die “Concerned Group” nie. Dit opsigself is al klaar 'n 100% verbetering! Viva Jacky Husselmann, viva!
Graag wil ons as belastingbetalers weet waarom die ministerie van finansies nie hulle telefone antwoord nie? Jy kan regtig nie elke keer Windhoek toe ry vir belastingsake nie. Dit is dalk tyd dat hulle begin werk. Geen e-posse word ook beantwoord nie. Wat gaan dan aan, meneer die Minister?
Mr. Ipinge, Rehoboth Town Council. Hoekom laat julle toe dat die Chinas naweke sand laai? Rehoboth word rot en kaal besteel deur inkommers, wat nie belasting betaal nie. Die Baster wat daar betrokke is met hulle is ook net 'n spaarwiel van die Chinas. Ek daag mense uit om op te staan en 'n besigheid op hul eie te begin en te floreer.
Verwys na die foto met die bordjie van die Suidwes-Afrikaanse polisie in Okahandja. Stem saam, dit hoort in 'n museum. Ek sal waardeer as dit vir Walvisbaai se museum geskenk word. Baie dankie.
Etse, huiseienares! Ek betaal jou elke maand. Bly weg, jy hoef my nie op te pas nie en solank ek daar bly en betaal, kan ek op die dak ook dans. Jistie!
Op reaksie van die SMS oor die “dikbek 'supervisor'.” Dit is outyds om dikbek en onbeskof te wees teenoor werknemers. Vryheid!
Kan die Rehoboth Baster Gemeente asseblief aan ons verduidelik wie nou eintlik ons leier is? Ons hoor baie gerugte. - Lid van die Rehoboth Baster Gemeente
Buys Begrafnisondernemers: Baie dankie vir die mooi diens, hulp en geduldigheid wat julle het. Dit is uitstekend. Op Schlip, 10 November.
Wil tog net hoor van iemand wat dalk die poeier verkoop vir winde in babas, sowel as grootmense, of raad vir winde om die hart en in maag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie