SMS'e vir 16 Oktober 2019
". . . geweld teen die mensdom . . ."
Ja, Okahandja-munisipaliteit. Kla oor die dorp wat nie geld het nie en mense wat nie kan betaal nie, tog laat hulle toe dat daar 'n verbypad gebou word om alle verkeer uit die dorp te hou. Wil Okahandja nou ook 'n Otavi raak? Wie het daardie pad goedgekeur?
Die "Jou stem"-meningspeiling wys tog nou duidelik wie het tyd en toegang tot die webwerf. Natuurlik dieselfde bevoorregte 15% persent. Die ander 85% het nie. Ek skat ons het baie meer respek teenoor mekaar as wat die uitslag wys. Groete en liefde.
Dit is met groot hartseer wat ons lees van die swak behandeling wat pasiënte in die staatshospitaal kry. Ek wil graag alle kiesers wat vir Swapo stem, vra om by die hospitaal te gaan kyk hoe die burgers van die land behandel word. Ek plaas die skuld op u, as Swapo-kieser, want dit is u wat vir so 'n sleg, korrupte en onbevoegde regering stem en die oorsaak is dat ons in die s . . . hole country moet bly.
Windhoek Sentrale Hospitaal laat dinge soos geslagsgebaseerde geweld na kindertuinspeletjies lyk. Dis nou geweld teen die mensdom. Dit maak 'n bespotting van dinge soos Harambee, Ubuntu en die eed van Hippokrates. Snaaks dat iemand nog nie in 'n vlaag van verkiesingsemosie besluit het om die instansie na 'n minister van gesondheid te vernoem nie.
As een persoon van 50 duisend en tot op een miljoen pay en ander moet klaarkom met minder as N$1 500 in ons land Namibië en daarby is ook 'n grant vir arm of weeskinders gestop, nou vir wie sal ons armes en pensioenarisse stem? Gee raad.
Aan oom Boetman, media. Ek wil weet, die dame wat met dood verraai word, het sy dan nie regte as 'n persoon nie en wat is dit wat die mense so nagmerries kry oor haar? Hierdie mense weet presies hoekom soek hulle haar dood, want kyk, die dooie kan mos nie vir hom praat nie. Ek voel daar is 'n pot iewers wat kook, wat die dame van weet. Hier die dame het g'n skuldgevoelens nie, dis net julle wat die pot roer. Hou op roer. Een of ander tyd sal dinge op die lappe kom, al sal dit nie nou wees nie. Ek wil hierdie dame aanmoedig: wees sterk. Jy is nie alleen nie, want jou God het jou nooit verlaat nie, en lewe jou lewe van oorvloed. En hoekom? Stop mense julle dinge wat ons herinner.
Suid-Afrika en Namibië is van die twee mees korrupte lande in Afrika. Om nog 'n verkiesing in Namibië te hou, is nog 'n vermorsing van ons belastinggeld. Sies, wat 'n skande!
Ek wil weet, wanneer kom die weelde van die droogtehulp waarvan die minister so praat. Hier in die Suide het ons nog Juliemaand laas ou mieliemeel gekry. Ons is darem seker ook geregtig op daardie kos wat mense in die Noorde kry, of tel ons stemme net vir mieliemeel? Arme ons in die Suide!
Geen groen blaar in die hele land. Kom na Windhoek, sien geen boom sonder groen blare. Dit lyk die noodtoestand het nog nie Windhoek bereik nie.
Ek sien op die Superrugby-program van Kobus Wiese en kie praat ons gewese Namibiese rugbykaptein, Fantastic Jaques Burger van ons, verwysend na die Springbokke. Jammer en snaaks nogal!
Wat het geword van Godvresende leraars dat jy nou pastore kry wat in die publiek oorlog verklaar en môre liefde preek en agterna vir jou nagmaal gee?
Hoe skokkend dat mense wat hulself Christene noem namens God homoseksuele so kan veroordeel. Maak nie saak in watter hoogdrawende woorde hulle dit kleed nie. Dan wonder julle nog hoekom julle kerke besig is om leeg te loop. Skaam julle!
Ek “sies man”, nee, het nog nie bygedra tot droogtehulp nie. Ek “sies man” is een van die mense wat honger ly en ook graag, as ek dit het, my kos deel. Ons kan duidelik agterkom jy kry nie swaar nie en vir jou is dit belangrik om liewer vuurwerke as kos op jou menu te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie