SMS'e vir 16 Oktober 2020
SMS'e vir 16 Oktober 2020

SMS'e vir 16 Oktober 2020

". . . ons eie skuld."
Mandy Rittmann
Laat ons dit maar duidelik vir mekaar erken: ons het ’n korrupte, onbevoegde, sosialistiese regering. Die ergste is, dis ons eie skuld. Ons het verkeerd gestem. Hoop ons het die les geleer.

Nou dat die verkiesing naby is, stuur die regering gesondheidwerkers om na die San om te sien, terwyl hulle al sedert Maart daarvan weet. So ’n regering is ’n absolute skande.

Kalumbi, there are two potential pandemics on its way from China. H1N1 mutation G4 and a new influenza virus H7N9 and both are more lethal than SARS COV2. So build a wall around Namibia with a roof covered with sand and stones so we cannot be seen from space. At night we switch off all the lights so nobody and no virus will find us.

Ai toggie Ontvanger van Inkomste. Elke twee maande dien ek my VAT-opgawe by die Windhoek-kantoor in en kry my gestempelde afskrif terug as bewys. Nou skuld ek skielik duisende, want ek het die laaste 8 jaar niks ingedien nie, dit terwyl ek met die gestempelde afskrifte sit. Nou kos dit my duisende om ’n privaatkonsultant te kry om dit reg te stel. Pateties! Kom terug Jack le Roux.

Wat gaan aan by Social Security? Betaal elke maand stiptelik en kry kwitansies. Skielik is ek oor die N$4 000 in krediet. Verduidelik vir hulle dis onmoontlik, kry toe bewys ek is opbetaal net om ’n week later te hoor ek skuld nou N$2000. Red so ’n land!

Wat sê ’n positiewe PCR Covid-toets in ’n gesonde persoon vir ons? Absoluut niks. Iemand wat enige van die reeks coronavirusse (10% tot 30% van alle verkoues jaarliks wêreldwyd) gehad het, kan positief toets vir Covid-19. Al wat nodig is, is ’n stukkie RNA-volgorde wat met COV2 RNA ooreenstem. Na Covid-19 dryf stukkies dooie virus vir weke en selfs maaande in die sisteem rond en word in baie gevalle baie stadig op die lugweg se slymvliese uitgeskei. Die persoon is lankal nie meer siek of aansteeklik nie, maar is Covid-positief. NIP toets positief, Pathcare toets negatief? PCR. wat ’n gebreklike grap!

Namibiese grensposte by Ariamsvlei, Noordoewer en Katima Mulilo is aan die Namibiese kant van die grense oop, maar nie die ander kante nie. So eintlik is die grense steeds gesluit. - Vagebond

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!