SMS'e vir 16 September 2019
SMS'e vir 16 September 2019

SMS'e vir 16 September 2019

". . . die vuur brand sterk!"
Mandy Rittmann
Daar is nie meer ’n slang in die gras of ’n rokie wat dui op ’n vuur wat betref die GIPF-korrupsie nie! Die slang is buite, die vuur brand sterk! Nou word sterk optrede van die AG verwag!

GIPF saga. Clearly the PG is incompetent and protective of the well connected in multi million corruption cases as this and Teko trio? Now the PG says she only learned on 10.9 about the documents which were not lost after all? Please, newspapers were fully aware of this info for years! And anyway, how can you destroy documents after 5 years of ongoing cases? Please someone have her and her office investigated!

Daar was ’n brief wat binnelandse sake verwyt het omdat daar nie paspoorte is nie. ’n Mens kon toe van die bruin boekies kry. Watter regering kan nie vir sy mense paspoorte gee nie? Binnelandse sake wat is die situasie nou? - 081 2768 478

Dankie Bokomo vir die double broodjies vandag. Maar dit is my human right om te weet waar julle volgende week broodjies gaan aflaai sodat ek julle kan inwag. Weer en weer en weer ’n keer. - Pietrossi

Tong in die kies wonder ek wat geword het van die siviele eis van N$25 miljoen toe die bekende kampvegters vir wildehonde en olifante se vliegtuig beskadig is teen die Amerikaanse weermaghelikopter in private Namibiese besit tydens ‘n operasie in Mangetti-Wes boerderyblok van die NDC. Die eis was teen die NDC en wat het werklik gebeur?

Gochas-inwoners sukkel om te verstaan hoe ‘n polisieman wat gevang is vir beweerde betrokke wees by veediefstal die week op borg uit is en vandag ‘n padblokkade hou in die einste dorp wie se gemeenskap hom aangekla het. Volgens Mariental se polisiehoofde is dit nie sy eerste aanklag nie. Hoe op aarde moet mens veilig voel? Geskok!

Ramaphosa in Harare uitge-boo. Wat ‘n skande. Die ANC het SA nou in ‘n gemors gedompel. Sies, wat ‘n skande. Volgende is Swapo.

O, ek verstaan glad nie. Die koshuisvader is poepdronk en sy vrou besluit sy het finansiële reg om die koshuisgelde te ontvang, maar werk glad nie vir die regering nie. Stuur tog asb. mense om te kom ondersoek. Hoe lank moet die kinders nog honger ly? Sy slaan die kinders in die eetsaal en jaag die kinders van die hostel weg. – Koshuiskind se ma

Verstaan ek Afrikaans dalk verkeerd? Vandag se Republikein. Vier jong meisies verkrag, een oorlewende is 11 jaar oud, so dit klink vir my die ander drie is oorlede? Verskoon my as ek dalk verkeerd gelees het.

Wees gewaarsku om by Otavi se FNB se ATM geld te ontrek, want daar is nie ’n sekuriteitswag nie. Ek is vandag daar beroof en die skelm is skoonveld met my geld. Die CCTV kamera wys die man, maar hy was nie gekry nie.

Ek vat die ander dag my ma se Toyota na Pupkewitz Toyota vir ’n diens, wat ’n ongelooflike ervaring met julle diens. Hou so aan!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!