SMS'e vir 17 April 2020
"...veiligheidsafstand is te min."
Ek kan nie verstaan nie, ons wetsgehoorsame Namibiërs bly by ons huise en gehoorsaam die wette, maar hoe op aarde kom 120 passasiers hieraan, word nie getoets of afgesonder nie. Nee, as die regering dit toelaat kan ons die virus nie wen nie. En die onskuldiges ly daaronder.
Een meter as veiligheidsafstand is te min. Eerstens want met ’n hoes trek die virus ensovoorts meer as 1,5 meter ver. Tweedens in ’n ry met net 1 meter afstand, staan ’n groot ou se pens tot in die middel van die meter voor hom die spasie vol.
Covid is nie net negatief nie. Dit is soooo lekker om deesdae êrens in ’n tou te staan met niemand se asem wat in mens se nek blaas nie. Hoop dit bly vir altyd so.
Hoekom het die maatskaplike werkers van MoHSS in Keetmanshoop so ’n lae profiel in die bekamping van Covid-19? Is hulle nie veronderstel om essensiële dienste te wees nie? Hulle is nooit beskikbaar nie.
Daar was groot dankbaarheid toe president Geingob ’n spesiale biddag teen verspreiding van die Covid-19 virus aangekondig het. Daar was sedert die biddag geen nuwe infeksies nie. Ook tot dusver genadiglik geen sterftes nie. Wat hartseer was, is dat geen eer aan God daarvoor gegee is tydens Dinsdag 14 Maart se perskonferensie nie. Net hoe betyds en flink die regering opgetree het. So jammer.
Regering moet asseblief nou net hierdie keer met duidelike reëls kom. Van wanneer af besluit polisie nou waar jy kos moet koop? Ons kan nie almal Spar bekostig, ons moet goedkoper winkels besoek. Reëls is nou so onduidelik, elke polisieman maak sommer sy eie. Komaan ministers, julle het darem nou al drie weke gehad om iets konkreets op papier vas te lê. Maak tog net seker polisie en weermag sien dit ook.
Ons was baie dankbaar dat ons president ’n biddag teen die coronaviruis uitgeroep het. Ons was gerat en gereed om saam met die res van die land ons voor die Here te verootmoedig. So bitter jammer dat die prediker toe weer die apartheidskitaar uitgehaal het om op te tokkel. Dit was asof hy gedink het hy moet op Onafhanklikheidsdag bid. Laat ons waak teen die dryf van eie agendas as daar biddae gereel word.
Daar is soveel Afrikaanse woorde wat mense gebruik vir lockdown. Die regte woord is grendelstatus.
Ek stem saam met die SMS van die skrywer in Republikein, Dinsdag 14 April in verband met meer SMS’e asseblief en nie minder nie, veral in die lockdown tydperk. Ek wonder ook self, wanneer is die budget gelees en is die kieriepay N$50 meer of N$100 of soos GIPF se 3,5%. Ek is ook soos hy/sy afhanklik van ons boodskappe aan mekaar dankie.
Banke se regiede maatreëls laat nie toe vir buitengewone omstandighede nie. Hulle dink dis bussiness as usual met Covid! Geen wonder die eerlike, hardwerkende ou word nie gehelp nie, maar skelms flous hulle so maklik!
Since NaTis offices are closed, am I now allowed to drive with my expired licence?
Tafel Lager na soveel kompetisies hoor ons nooit wie is die wenners nie. Ons speel mos met ons geld. Dis baie onregverdig. Maak reg.
Nee wat, Republikein. Vier bladsye waarvan twee net reklame is en dit vir sewe dollar. En nee dankie, die internet kos ook geld om na julle piepklein digitale uitgawe te kyk. Julle is nie meer die geld werd nie. (Liewe leser, ons advertensiebelading bepaal die dikte van die koerant, en gevolglik die hoeveelheid nuusblaaie in die koerant. Ons gaan uit ons pad om op die sosialemediaplatforms lesers op hoogte van gebeure te hou. So saai ons twee keer per dag regstreeks van die Covid-19-kommunikasiesentrum uit en plaas ons u as leser op virtuele wyse in die voorste ry by dié konferensie. U het ook grastis toegang tot ons webtuiste. -Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie