SMS'e vir 17 Augustus 2018
". . .stry al weer af. . ."
Die regering stry al weer af, "'Geen oorlogsone in Namibië'"! Die mense sien wat hul sien. M... se vliegtuie, konvooie van weermagvoertuie. Treurig dat die regering dink sy mense is so “stupid”. Hul stry ook epidemie af, soos varkgriep, hepatitis, AIDS wat hul kamma wen. Hoekom moet hul altyd lieg, pleks om met die waarheid uit te kom?
As stad Windhoek kan opstaan teen Shoprite, kan stad Windhoek se inwoners sekerlik ook opstaan teen “City of Windhoek.” Nog nooit van so iets gehoor. Windhoekers betaal hul ore van hul kop af vir tariewe en wat kry ons daarvoor? Ons moet nog ons "self reading" (SMS) self betaal soos in koerant geadverteer. Let wel teen N$1 per SMS. Gestel 295 000 inwoners reageer daarop. Stad Windhoek in N$295 000. Onder wat gaan hul dit in die begroting aanwend? Sekerlik “entertainment”!
Geingob neem SADC-leisels oor. Moet SADC nie bekommerd wees as ons kyk en sien in watter gemors Namibië is nie? Vrot van skuld, bankrot, ekonomie in sy "glory", onderwys, gesondheid, finansies en alle andere in puin, derduisende leef in haglike toestande, maar ons mors geld en bou onbekostigbare, luukse ministeriële geboue, hawens, "fuel storage", Desert Rose.
CoW. Gelde ge-in deur u SMS-diens vir meterlesings, hoe gaan Stad Windhoek die inkomste aanwend tot voordeel van die stadsburgers? Of is dit maar net ’n gerieflike, ekstra inkomste vir die stad?
Dit is regtig ’n groot skande om verplaas te word oor wie ’n tender moet kry, of nie. Mense verander werk oor ambisie, maar lyk my nie meer in Namibië nie, dit is hoekom die in beheer so lank by een “ministry/agency” ens. sit, om tenders te manipuleer. Skaamteloos en arrogant!
CoW, u SMS-diens is ’n geldmaakstorie. Jy moet eers registreer vir N$1, dan kan jy jou lesing stuur en water- en ligtelesings moet apart wees. Dus is dit N$3. Gestel 200 000 inwoners maak van die diens gebruik, het CoW N$600 000. Dis ’n konserwatiewe skatting. Vir ’n diens wat CoW self moes doen, volgens die wette van die land. Die advertensie is uitgereik deur die “Office of the CEO”. Wat maak CoW met al die geld van die SMS-diens? CEO, die burgers wil graag weet.
Nuusblad 14 Augustus 2018 – “Siele op wiele" van Dirk van Zyl”: Stem volkome saam met jou skrywe. Dit kos niks van ons as landsburgers om hulle (vragmotorbestuurders) te respekteer nie, want alles wat hul vervoer, raak ons!
Kan iemand asseblief vir my sê hoekom ’n diabeet nie mediese skema kan kry nie. Toe wil my seun (werkloos) staatspasiënt word. Sal die persoon vir hom sê hy is ’n blanke en alle blankes het werk en medies. Dit is mos nou pure diskriminasie op altwee fronte.
Stem saam! Op Groot Aub, nie ver van polisiestasie, is ’n “mechanic” waar dagga daagliks verkoop word. Aan kinders ook!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie