SMS'e vir 17 Augustus 2020
". . . binne 'n paar uur . . ."
Alle Namibiërs moet 2 tot 3 dae wag vir hul Covid-19 uitslae, maar die president kry sy uitslae binne ’n paar uur. Werk die masjiene vinniger as dit hy is, of is die werkers wat daarmee werk luigatte?
Adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi dring aan daar is ’n verskil tussen brutaliteit en aanranding. Néé twak, sou my pa sê.
Wat ’n skande. Mense word uitgesit as gevolg van Covid, maar 'n jagluiperd wat 'n MRI kry, is voorbladnuus. Mense sterf, maar diere is belangriker.
Miljarde vir water en sanitasie? Ontlastingvrot by die regering? Advokate, hier is jul kans, sonder hoek en vislyn. – Pietrossi
In reaksie op "Hoeveel nog?" Die spoedgrens is 60 km/h. Ek ry daardie pad gereeld. Sodra mense by spoedgrens hou, sal hulle nie beheer daar verloor nie.
Wat van ’n minimumloon vir Chinese werkers en Namibiese werkloses. Kan die kommissie nie eers ondersoek hoekom BIG (Basic Income Grant) nie geimplementeer is nie?
Groot asseblief, ons smeek die regering om die begrafnisgetal van 10 na 50 te verhoog. Ons kan nie ons geliefdes so met minagting begrawe nie. Die naaste familielede kan nie totsiens sê nie. Ons respekteer die regering, maar asseblief. Ons geliefdes, wat maar gewone mense is, beteken ook baie vir ons. Dink daaraan.
Dis verstommend (altans vir my) dat 'n leser vir Godfrey Kleinhans kwalik neem en vergelyk met die sportmense wat hy noem in Vrydag se Republikein. Elke saak het sy meriete en dalk het daardie sportmanne wat toevallig almal bruin is, ’n punt beet. Dit bly ’n teer punt. Kyk maar die Lubangogate se slagoffers, of moet hulle ook maar stilbly? - Robbie Thompson
Dankie vir vandag se Republikein. Soveel meer nuus as net die pesnuus. - Peet Venter Snr
Kan iemand asseblief raad gee vir aambeie, ek sal dit waardeer. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie