SMS'e vir 17 Desember 2018
". . . net 4 persone in die kastele . . ."
Die nuus dat Jesse Schickerling bedank het by die Namibië Sportskommissie is 'n groot terugslag vir sport. Die uitspraak van die voorsitter van die NSK (NSC), mnr. Joel Matheus, is in uiters swak smaak. “I think his resignation is a blessing in disguise.” Die Sportkommissie was nog nooit in soveel chaos nie. Dis hoog tyd dat die minister van sport intree.
?In Namibië is daar baie welaf mense wat in baie groot, luukse huise in die stad bly. Hulle is soms ook net vier mense in die kastele. Kan die regering nie ook maar daar ingryp nie, asseblief? Van onse mense bly 16 en meer mense in 'n piepklein plekkie van net twee vertrekke! Mense, dit kan mos nie so aangaan nie? – Peter Zimunthalar
?Die manier waarop die polisie die jong mense hanteer voor dié dansklubs is ongehoord vir 'n land wat vrede en respek het tussen medeburgers. Jul gedrag maak dat die jong mense julle as boewe en skurke sien. Groot asseblief! Julle is daar vir vrede. Kinders word geklap en getrap omdat hulle by hul voertuig staan! Waar pas dit? Ouers, vra maar jul kinders oor die polisie se gedrag. Hulle misbruik hul mag!
?Daar is nou twee tradisionele stamfeeste op Vaalgras, op Hoachanas, op Gibeon, op Berseba, op Blou Wes, en ons kyk uit na Bethanie, Karasburg en Amper Bo. Dalk moet na drie feeste per stam oorgeskakel word van 2020 af.
?Denver Kisting, dankie vir jou hartroerende “Sê maar net” van Vrydag. Ai, hoekom is mense so wreed? Kan ons nie net mekaar aanvaar vir wat ons is en in vrede leef nie? Ons is nie almal eenders nie, so gun tog mekaar 'n plekkie in die son.
?Wonder net . . . As jy jouself 'n Christen noem, maar oral loop en strooi jy gif met jou tong, hou jou besig met skinder, leuens, swartsmeer én derglike, wat se soort Christen is jy? So 'n mens is nié die naam van 'n Christen werd nie én 'n verleentheid vir God. Gooi jou Bybel in die asdrom en sweer jou godsdiens af.
?Mayor Kazapua of Windhoek. Why don't you care about the city? Look at the streets and pavements: they're becoming filthier by the day. Why don't you take action against business owners, street vendors and the public?
?Is die polisieleier, Sebastian Ndeitunga, en politieke leier, president Hage Geingob, van lotjie getik? Misdadigers is deel van die gemeenskappe net soos hul Chinese misdadige vriende deel van die Namibiese gemeenskap is. Dit is eenvoudig belaglik en beledigend dat die twee leiers onder die indruk is dat woonbuurte verdeeld is volgens beroepe en dat misdadigers in afsonderlike woonbuurte gevestig word.
?Republikein 14 Desember 2018, bladsy 3: “Air Namibia vlieg meeste vakansiegangers in”. Hulle is ook die bankrotste.
?Die beeste wat mense so doodmaak. Wag net dat 'n minister of hooggeplaaste omkom, dan sal daar eers drastiese stappe gedoen word. Daar ry elke dag 'n verkeershoof Rehoboth toe. Wil hy sê hy sien nie die beeste nie?
?Today's Market Watch headline: “Hungry price monster bears its fangs” should read “bares" please. It's a homophone. Thank you.
?Lyk iemand het 'n aar raak geprik in die NPI- en Namib Mills-sage. Hul vetkoek rys nie, ná jare se monopolie.
?President concerned about criminality and says instill fear in unruly elements? Seriously? What a joke! They all get bail to continue rape, murder, attacks, drunken driving etc etc etc! Namibia is lawless, no consequences for crime!
?Huurders wat so kla: Dink julle huis- of woonsteleienaars het dit verniet gekry? Hulle betaal duur vir eiendom en dan nog levies boonop, en julle wil dit verniet hê? Ek verhuur 'n woning al 30 jaar en betaal al die pad belasting op die huur. Ek kan boeke skryf oor huurders en die ongelooflike skade wat hulle agterlaat, of nie huur betaal nie. NB: Daar is mense wat in hul agterjaarte kamers van 3 x 4 m uit hout en swart plastieksakke bou, sonder bad of toilet, en dit teen N$800 verhuur. Hoe is daardie vir uitbuiting?
?Government properties country wide are falling apart, are in terrible condition and government says tenants should fix it themselves? The high and mighty build new luxury buildings when the old are not good enough any more, but you tenants don't matter! And private property owners are the baddies?
?Beate, jou boom in die Mahango Nasionale Park is die Chrorizia Speciosa of dronkmansboom, of ook genoem kapokboom. Pragtige blomboom.
?Dit is blatante uitroeiery! Jy moet N$4 000 spandeer om 'n combo ter waarde van N$200 verniet te kry. Lesers, maak oop jul ogies, asseblief.
?Ek kan nie verstaan hoekom sekere mense vir mekaar briewe deur Republikein stuur nie. Ons stel tog nie belang in jul rusie nie. E-pos mekaar. Dit is wat ek doen as ek iets onder my vriende se aandag wil bring. Ons stel nie belang in jul hartsake nie. Asseblief!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie