SMS'e vir 17 Februarie 2017
“Stop die misbruik van staatsfondse.”
Hoekom is dit 'n sonde om 'n immigrant te wees? Mens sou sweer alle immigrante is misdadigers. Ons is nie almal so nie.
Elke Namibiër het grond nodig, maar as daar mense is wat hulle voorvaderlike gronde soek, moet hulle tog bewyse hê van watter jaar tot watter jaar grond aan hulle voorvaders behoort het. Ek vra maar net.
Dis bitter erg dat onderwysers laat betaal is in Januarie. Dink net aan al daai agterstallige debietorders wat hulle nou moet inhaal, nevermind of hulle vir hul kinders kon kos gee en self kon eet. En hulle word reeds “peanuts” betaal.
Namibië maak wêreldwyd reklame vir jag van woestynolifante en leeus? Natuurbewaring, skaam julle! Julle bewaar nie, julle verkoop en bevorder die plunder van ons diere. Dis net weer geldgiergeld wat in elk geval nie daar land waar dit hoort nie. Shame on you!
Ai, ons het darem 'n goeie regering. Ons het 'n GRN-voertuig om in werkstyd ons privaat dinge te doen en kinders by skole af te laai. Na ure ry ons rond asof dit ons eie motor is. As dit so aangaan, kan die regering elke inwoner asseblief 'n motor gee, want regtig, dit gaan te erg. Dit is hoekom ons geldsake so lyk. Asseblief, alle inwoners, stop die misbruik van staatsfondse.
Eers was dit die herfswurm, nou broei sprinkane orals uit. As daar nie droogte is nie, is daar vloede. Hoe boere nie kop verloor met al hierdie uitdagings nie is 'n wonder. “Hats off”, boere. As dit nie vir julle was nie, het ons nie kos gehad nie. Al is die kos peperduur, dis beter as niks. Dankie, boere.
Nou as die stad se water kamma so “uitstekend” is, hoekom is dit aanhoudend bruin? Ek laat my nie vertel daar is soveel pype wat breek nie.
Los tog die wintertyd soos dit is. Dit het beslis sy voordele.
Ek hoor Dirk Prinsloo is op pad terug Afrika toe. Hy moet tog net uit Namibië bly. “Bad news . . .”
Die stories oor damme en water raak nou bietjie “boring”. Gaan ons nou elke keer as dit gereën het, stories daaroor sien? Reën is wonderlik, maar die baie syfers oor damvlakke gaan bo-oor my kop.
Graag wil ek weet waarom ons president eerder 'n Chinees gekies het as vennoot in sy dorpsontwikkeling en nie een van ons mense nie (dalk een van ons baie tenderpreneurs met duur motors, ensovoorts?). Windhoek se munisipale grense is juis wyd uitgebrei om luukse ontwikkelings soos dit te beheer. Ek voel arm. – C
Die wettiging van handel in renosterhorings in Suid-Afrika laat mens wonder. Wat sê Namibiërs hieroor?
“Koës-inwoners moedeloos oor wanbestuur”: Ek dink daar is heelwat mense dwarsoor die land wat met hande hul in hul hare sit oor dorpsrade se wanbestuur. Kyk, as jy nie jou persoonlike begroting kan laat klop nie, hoekom sit jy in 'n posisie waar jy 'n hele dorp se finansies moet bestuur?
Strawwe vir onwettige vang of handel van ietermagôs: In SA is die straf U$694 444 of 19 jaar tronkstraf. In Namibië kry 'n man N$20 000 of vyf jaar tronkstraf? Kan julle sien hoe belaglik, simpel en “stupid” Namibië se strawwe is? Een vel is meer as N$20 000 werd. Bloeiende besigheid!
Jy wat kla oor 'n sogenaamde plakkerskamp oorkant Finkenstein, kry tog jou feite reg as jy nie weet waarvan jy praat nie. Bepaal jou eerder by wat in jou erf aangaan.
Ek het dit al voorheen gesê en ek sê dit weer: Bernadus Swartbooi is 'n HERO! Nujoma sê die nasie is “deurlopend op hoogte gehou”. Se voet! Dit was agterbaks van hom om te probeer wetgewing deurstoot aan die einde van die jaar.
Ministers of nature conservation and fisheries can shake hands. The one advertises endangered, protected wildlife for hunting; the other dishes out quotas for depleted endangered fish resources. Way to go ministers. What a shame that not only poachers but our own GOVERNMENT is killing our resources!
Moet ons in Namibië ID's (identiteitsdokumente) hê of nie? Laat weet asseblief.
Rössing Pension Fund sal die eks-Rössingwerkers se surplus terughou so lank hulle kan. Die meeste van die rente op die geld gaan seker na hulle toe.
Sien uit daarna om te hoor hoe dit met klein Mariana Grobler se ogies gaan na dr. James Aquavelladie kornea-inplantings op haar gedoen het.
Wat is die rede vir die modderwater in Suiderhof? Dit kan onmoontlik nie elke keer 'n gebarste pyp wees nie. Ons moet water spaar? Hoe? Ek moet al my wasgoed twee en drie keer oor was om rooi modder uit te kry! Nee wat, ek is al lekker gaaivol!
Die Sandhof-lelies is ongelooflik! Lyk soos iets uit 'n fantasieverhaal!
Grafte: Dit is normale mense wat dit doen wat te lui is om te werk, nou steel hulle die tralies af en gaan verkoop dit weer, maar een ding is seker: Jy sal gestraf word. Dalk nog gouer as wat jy verwag. Pasop dat jy nie in 'n soutpilaar daar by 'n graf verander soos Lot se vrou nie. Ek's baie ongelukkig.
Ek moet ook bieg, Sarel, ek weet nie van Ettebab nie, maar ek soek ook nie meer die Chinese in Namibië nie.
City of Windhoek, julle diens is pateties! Kom sit die krag af in ons straat in Khomasdal van vieruur af. Kom terug en sit weer net paar mense se krag aan. Sit nou al vyf ure sonder krag. Net een mens op “call out” diens. Pateties! Masn by “Call centre” onbeskof verby.
Namibiërs, moenie julle geld mors op SMS-kompetisies in Namibië nie. Speel liewers die lotto in SA.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie