SMSu2019e vir 17 Januarie 2018
SMSu2019e vir 17 Januarie 2018

SMS’e vir 17 Januarie 2018

“. . .dit vir die trauma, pyn en lyding. . .”
Dani Booysen
Ek wil net weet wanneer sal ons skool vir graad 1 en graad 4 en graad 6 onderwysers kry. Dis by Gabis. Daar is nog nie begin met vakke nie en “kids” het ook nog nie boeke gekry nie. Hoe sal “kids” nie druip as dit so gaan nie, en dit terwyl die minister moet sorg dat as skool begin daar onderwysers daar moet wees. Ek is so moeg vir die agterstevoor manier van onderwys. Ons “kids” wag. Maak ‘n plan.

Verkragter kry 24 jaar. Net 24 jaar? Pateties! Hoe lank gaan hy nou sit? Dalk 12 jaar? En dit vir die trauma, pyn en lyding van die toeris, om nie te praat oor die skade aan die land se reputasie nie. Die vrou ry van Egipte af en nêrens lê iemand ‘n hand op haar nie tot in Namibië. Skande vir daai patetiese kamma 24 jaar.

Verstaan ek dit reg? Donald Trump van Amerika is skynbaar ‘n rassis en die hele Afrika is kwaad. Toe Robert Mugabe van Zimbabwe egter vir dekades lank ‘n openlike, rassiestiese aanslag oor die media en in koerante teen blankes gevoer het, het Afrika vir dekades (nou nog) daaroor geswyg. Vra maar net. – SAP&H

Sal graag wil hoor dat Riaan Cruywagen van SA televisie-faam sy nuwe advertensie “Huppel in jou stap” bedoel vir senior persone moet verander na “Kruppel in jou stap”. Dis veel nader aan die waarheid. – Matuzalag

The National Promotion Policy Guide for Schools issued by the Ministry of Education Arts and Culture stipulates that a learner may only repeat once in a phase. It is thus correct for a learner to be promoted to the next higher grade if he/she has failed already once in a phase. Teachers, Heads of Department and Principals must read the rationale of the Promotion Policy as well the content thereof for proper comprehension and adherence afore misleading the public through social media. – AJ //Hoeseb

Wil net weet of Min Katrina Harmse-Himarwa se beweerde korrupsiesake toe sy goewerneur van Hardap was ooit voor ‘n hof uitgeklaar is? Dit bly agter jou naam! Is dit dalk die rede hoekom die hele onderwyssisteem “down the drain” is? “Practise what you preach.” Jy stel nie die beste voorbeeld vir eerlike onderwysers nie.

Stop wanting to send everyone to univerity! There are many graduates who cannot find jobs. Many people are talented in other areas than academics. The Government should create more trade schools that can produce the skilled workforce the country so desperately needs.

Met groot trots kan ons praat van die junior primêre onnies by JR Camm. Altyd kry ons kleintjies drukkies en soentjies. Ons waardeer dit.

Die wêreld is ontsteld oor Donald Trump se opmerking van Afrikalande wat s**thole countries” is, maar week vir week lees ons in die koerante van riool wat in dorpe se strate afloop (soos Rehoboth) as gevolg van dienste wat nagelaat word. Wat is dit anders as “s**tholes”?

Ek verwys na die mening oor “skips” in Cimbebasia en die vuilgoed wat buite die “skip” eerder as binne-in die “skip” is. En die stukkende karre wat so op die sypaadjies staan sonder wiele laat lyk dit amper soos Brakpan se mense wat daar bly. Kan City of Windhoek nie asseblief plan maak nie?

Ek het absoluut niks geld gehad vir Kersfees, die vakansie of oujaar nie. Nou met die heropening van skole het ek absoluut niks geld vir al die nuwe jaar se uitgawes nie. Ja-nee. Ek het goed voorsiening gemaak vir hierdie jaar. My innige dank aan die owerhede van die dag vir die selfopgelegde Namibiese resessie tewyl ons nog steier onder die watertekort en petrol- en kospryse wat onnodig hoog opgejaag is deur ‘n selfgemaakte droogte.

When people talk of teachers in rural areas who cannot speak English it does not make sense. Are they not products of UNAM and other teachers training institutions? If they were taken from their village homes to teach in schools then Namibia has no teachers at all.

Og, Rehoboth. Hou op kla. Daar’s ook ander dorpe met groter en erger probleme. Mens kan sien baie Rebothers bly net in Rehoboth. “Travel” gerus na dorpe soos Rundu, Katima, Mariental ensovoorts en sien selfs die berig in die koerant van 16/01/2018 oor Mariental. Daar was ook ander dorsprade voor die huidige een wat baie swaak gevaar het.

Daai Amerikaanse toeris wat so by die Brandberg verdwyn het, moet hulle maar by die leeus gaan soek? Maar MET sê mos die Erongo-leeus is ook nie gevaarlik nie. Lag net! Hoeveel mense sal nog verdwyn voordat daar iets gedoen word? Hoor daai leeus by Omaruru loop nog steeds daar rond. Beslis weer net groot woorde om bekke stil te maak. Wag maar in spanning!

Aan die SMS-skrywer in die Republikein oor die ELKRN se leierskap die volgende: Jou taalgebruik het jou verraai, ons ken wie jy is. Gaan in vrede oor na die Exodus. Dis nie die eerste SMS wat jy na die koerant stuur nie. Doen jouself ’n guns en skuif, ou broer, of as jy al geskuif het, los ons leiers uit. Tweedens, jy kan nooit die ELKRN se leierskap met Exodus se leierskap vergelyk nie. Verder is ons oë lankal oop en die lied oor die leierskap se sogenaamde outokratiese leierskap het al vals note gekry. Gaan tog net oor Exodus toe, ons sal jou niks maak nie. Jy het ook nie ’n vertrekbrief nodig nie. Mooi loop! Verder het die leierskap nie jou toestemming nodig om ’n besluit te neem nie. Voorspoedige Nuwejaar!

Ek is op soek na 2dehandse skoolbaadjie vir WHS graad 8-leerder. Dankie. – 081 230 7711

Ek is op soek na seuns- en meisiesklere onder die ouderdom van veertien- en vyftienjarige kinders. Indien enigiemand my kan help, skakel my op die nommer 081 613 8072. By voorbaat dankie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!