SMS'e vir 17 Januarie 2020
". . . so alles glo . . ."
Ja nee. Die publiek het klaar die oudonderwyser aan seksuele molestering skuldig bevind. Maar die man moet eers in 'n wettige hof skuldig bevind word. Wat as dit alles fabrikasies was en die man onskuldig is? Sy lewe is in elk geval alreeds verwoes of hy nou skuldig of onskuldig is. Mense moet tog nie so alles glo en onmiddellik stories versprei nie, asseblief!
Ek vra alle Namibiërs om te bid dat hier nie olie in Namibië ontdek word nie, want dan is dit neusie verby met die gewone, eerlike landsburgers. Kyk maar lande in Afrika wat olie het hoe dit daar gaan.
In sake die rubriek oor selfdegeslaghuwelike/-verhoudings en die uitlating dat Namibië agter is in die verband: Inteendeel, Namibië is in hierdie opsig 'n uitstaande voorbeeld vir die wêreld danksy die beantwoording van gebed. Dit gaan my verstand te bowe dat ouers wat voorgee hulle is lief vir hulle kinders geen morele waarde meer koester nie. Eers moes daar ontslae geraak word van godsdiens by skole, die einste rede hoekom ons jeug in soveel ellende gedompel is. Dagga is nou vrylik beskikbaar, aborsie moet gewettig word. Wat is volgende? Mense moet hul seksuele voorkeure vir hulself hou en nie op openbare platforms uitbasuin nie.
Aan alle Namibiërs. Hou op kla en murmereer oor alles in die land. Klaagliedere sal nog nooit help nie. Kan ons stil word en begin bid vir ons land? Mense wat bid, kan groot dinge van die Here verwag. (Effesiërs 3:20)
Agribank's attitude towards AALS farmers is sick. Affirmative Action Loan Scheme farmers had to pay 10-30% of the selling price upfront because Agribank ignores market value. These farmers again invested 30% into infrastructure. Many farmers then had to pay 10%+ annually for three consecutive years without capital redemption. Farmers were also informed that they will pay heavy penalties if they try to settle their loans within 10 years. Agribank excessively charged interest even when droughts were declared a national disaster by the GRN. Agribank is not willing to support farmers who are willing to sell their farms but rather prefer they must die. This attitude is very sick!
Ek is die welbekende kruisprediker, Martin Esterhuizen. Ek was Maandag met gebed na die veld uit toe drie mans my aangeval het en met klippe bestook het. Dank God wat my krag gegee het om een van hulle met die kop 'n tegniese uitklophou te gee. Ek het 'n kniebesering opgedoen. In dieselfde asem soek ek 'n saamrygeleentheid na Stellenbosch, want ek en my medegelowige broer het ons kruiste in Stellenbosch gelos. Ons vra asseblief 'n barmhartige Samaritaan om ons asseblief behulpsaam te wees. Martin 081 227 6903 en Dawid 081 437 1608. Ons sal dit hoog waardeer. God seën u. Dankie. Amen.
Ons as familie sê baie dankie vir Walvisbaai se SPCA wat ons hond Madroska in die straat opgetel het en na hul veilige bewaring geneem het.
Watter dae en tye mag ons SMS'e stuur? (24/7 - Redakteur)
Trump, die ryk God van die wêreld! Kan hy tog sy magdom soldade stuur om Australië te help? O wêreld, of is hy net op oliegebiede ingestel? Waarom kyk die wêreld toe? En ou Trump.
Want to see something funny? Go to the Grove Mall and from parking area take the lift down to Checkers. Count how many people (some staff and some visitors to the mall) are standing quietly looking at their cell phones for hours on end. Watch people in line all on their phones. No one talking, working, everyone engrossed in their phones. Funny? Sad?
Nou vandag (Donderdagoggend) werk die verkeersligte skielik weer korrek waaroor ek in gister (Donderdag) se uitgawe gekla het. (Op die Westelike verbypad by die afrit na Katutura-hospitaal.) Lyk my dit help om te kla. Die goed kom sommer al reg voor publikasie. Maar, City of Windhoek, ek sal dophou en verslag doen. Ook oor verkeersligte: As mens weswaarts ry op pad na Cimbebasia verby Grove Mall se afdraai, die lig op die linkeroorkantse hoek is gestamp of gedraai en lyk of hy groen wys vir jou. Iemand gaan hulself nog lelik daar misgis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie