SMS'e vir 17 Julie 2017
SMS'e vir 17 Julie 2017

SMS'e vir 17 Julie 2017

“. . .nie asof ons loon netso opgaan. . . ”
Mandy Rittmann
Ons enigste redding is as die vrouens die regering van die wêreld oorneem. Die vrouegeslag is dominant. Dis haar dure plig om ons spraak te leer. Sy leer ons morele waardes, sosiale aktiwiteite, akademiese verpligtinge, ekonomiese balans (spaar), sy is daar om ons kultuur te beskerm en bevorder, sy leer ons bid, sy vestig ons politiek, met ander woorde sy gee ons stemreg. Haar opvoeding gee ons as geskape wesens 'n internasionale reg van eer en respek. Soms wonder ek moet ons nie die universele gebed verander na Moeder, Vader, Seun en die Almagtige nie? Sy is tog alles in alles.

?Snaaks hoe mense se koppe werk. As leeus jou beeste verskeur (hongerte) word hulle vrekgeskiet, maar as jy ander mense se wild en vee steel (gierigheid) raak jy kroonwild en niemand mag niks aan jou doen nie. Tussen jou en die leeu, wie het die meeste verstand?

?Die Dippenaar-saak is moord en daar is 'n hiernamaals waar almal rekenskap moet gee, so ons geleerde vriende moet nie sulke mense op tegniese maniere probeer onskuldig kry nie.

?TransNamib wants executives to pay back their bonuses. The company is bankrupt and the incompetent executives who worked it into the ground are rewarded with bonuses? Seriously? Corruption is blooming and gets rewarded. Viva Harambee!

?Die Nama-volk in Keetmans, julle gaan julle uitroei met die messtekery. Net 'n lafhart gebruik 'n mes om te veg. Wanneer sal die polisie net wakker word?

?Ek ondersteun die doelstellinge en aspirasies van die Rehoboth Bastergemeente asook die kaptein. Dis die enigste weg na ware en getroue leierskap, so nie sal die huidige dorpsraad voortbeur met chaos. - A. Bock

?Daar is maar selde verkeersinspekteurs op ons paaie of selfs in die dorp te sien. Jare gelede was verkeersinspekteurs gesien by verskeersligte waar swaar verkeer was en ook as die verkeersligte nie werk nie. Tye het mos seker so verander dat die bestuurders van voertuie maar moet sien en kom klaar.

?This Friday I got a fright as I saw how City of Windhoek traffic officers scold the private drivers but don't worry about taxi drivers. Seriously, do you have shares?

?Last night on SABC news: President of Kenya slashed government employees' salaries by 12% including his own to help the struggling economy. Now there is something sensible our president can learn from another African country.

?Not only the NSFAF is ungovernable, every single SOE and government entity is and nobody is ever held accountable. Country going down the drain!

?Ek wil my stem voeg by Axaro oor mnr. Mbumba se ongevraagde reaksie dat Nico Smit 'n politieke verloorder is. Ek dag dis die opposisie se werk om vrae te vra en 'n mens wonder nou of dit mnr. Mbumba se manier is om homself te laat goed lyk deur ander parlementslede so te beledig?

?“Gesinsbeplanning een van die sekerste uitvindings teen armoede” - Melinda Gates. Uiteindelik iemand wat sulke wyse ware woorde uitspreek.

?Kan iemand my dalk sê of krag en water opgaan? Waar ek huur wil die eienaar nou einde van die maand opgaan met sy huur. Mos nie asof loon vir ons huishulpe na 'n maand net so opgaan nie. My vader!

?Sedert die opening van die grense jare terug was die personeel alreeds ongeskik. Hul steur hul nie aan die skade wat hul aan toeriste maak.

?Is die ministerie regtig onbewus van hul personeel se swak gedrag op ons grense? Ek dink hul laat dit maar so.

?Raadop van Hentiesbaai. Die probleem is dat ons nou al 'n geruime tyd sukkel om 'n arbeidsbeampte hier te kry. Die sake is aangegee in Swakopmund, maar as 'n mens bel, of hy antwoord nie, of hy het die verskoning dat hulle voertuig nie brandstof het nie. Miskien is ons dalk nie die regte mense nie. Gee raad, asseblief.

?Ja, Biskop, ons weet dit lankal dat al die briewe wat glo deur Christiaan Tiboth geskryf word in werklikheid deur DC Gertze geskryf word. Maar hy sal dit nooit vir die Biskop in sy gesig sê nie. Ons ken Gertze se taalgebruik. Hy sal hom nog vasloop. Laat hy hom by sy stam­twiste bepaal wat hom eintlik ook nie daar soek nie. Biskop, staan vas en weet dat hulle brief van mosie van wantroue hulle nêrens sal bring nie. Hulle dink dat hulle met behulp van hul prokureur uit die buiteland die sinodeverkiesing onwettig laat verklaar het en ver sal kom, maar daar wag skokke vir hulle. God slaap nie.

?Fat cats must know that donkeys are very important in every poor homestead. So stop that nonsense of Chinese abattoir cos we know that u are the one who will be used by them to come and confiscate poor people's donkeys for peanut price! - Blassy, Walvis

?NBC se geldtekort: doen inspeksie van huis tot huis en duisende onbetaalde TV's sal gekry word.

?Verban al die skooldogters wat swanger raak van die skool. Die skole is vir skoolkinders nie vir skoolouers nie, asseblief. Maak soos hulle in Tanzanië maak.

?Dit word gesê: Gee die blomme terwyl dit kan gesien word. Daarom aan Suster Susan Schroeder, u is 'n baie vriendelike en behulpsame "nurse". Dankie vir alles wat u vir ons beteken het die tyd wat ons daar was. God sien wat u doen en so ook ons pasiënte wat wag op Okongauri se bus. Bly met daardie mooi glimlag, asseblief. - Mr Jen company

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!