SMS'e vir 17 Julie 2018
". . .is dit al wat ons werd is?"
"Tronk toe met Chiradza": Hoekom net ’n paar jaar, soos al die ander wat mense se dood veroorsaak het?
Na aanleiding van die berig in die koerant oor die hond wat gebrand het, wil ek net weet of “Have-a-Heart” nie ook in Rehoboth ’n tak kan kom oopmaak? Ons het dit uiters baie dringend nodig, want die mense kan nie ’n veearts bekostig nie.
"Tronk toe met Chiradza": Vier jaar vir drie menselewens en ses maande opgeskort? Dis een jaar en twee maande per mens. Is dit al wat ons werd is? Waar kom die magistraat aan daardie uitspraak? Is die minimum vir manslag nie vyftien jaar nie? Absoluut skokkend! Hoe siek is ons regsstelsel?
Windhoek munisipaliteit is besig om bejaardes nog verder te verarm. In Suid-Afrika betaal pensioenarisse baie minder vir munisipale tariewe. Die spesiale betaallyn vir senior burgers beteken niks as al ons geld deur die munisipaliteit opgevreet word.
NBC, dankie dat u vir ons die Fifa Wêreldbekerwedstryde gewys het. Namibië speel in die Wêreldrugby-reeks. Wys tog ook vir ons die wedstryde asseblief. Dankie.
Werk by “transport”-firma in Okahandja vir meer as ses jaar. Begin met ’n basiese salaris van N$12 000,00 met geen voordele behalwe as jy Sondae en vakansiedae ry. Na 5 jaar kry ek N$998,00 verhoging na gesoebat. Betaal my N$22 000,00 uit vir verlof. Geen verlof in ses jaar geneem nie, want daar is nie tyd nie. Na die ses jaar op diens en in vragmotor kry ek ’n beroerte ("stroke") en is toe verlam in my bene. Die firma vind my toe ongeskik vir werk en betaal my N$34 000,00 uit. Het die mense met my reg gewerk? Ek vra raad.
Ek wil tog net vra, kan die kliniek van Rehoboth nie vir die vorige tannie vra om weer daar te kom help? Ons wil net sê daardie vrou doen baie vir die gemeenskap, sonder betaling. Middernag of enige tyd help sy en sy stap. Baie mense kan getuig. Ons kan mos, as ons weet wat sy doen, ’n “blessing” vir haar by die welsynkantoor gaan los. Sy het my huisgesin wat stukkend was, as gevolg van drank en dwelms heel gemaak.
Tham Loeang-redding: Ons aanbid ’n Lewende God. Trane van vreugde en blydskap.
Om met ’n skuldige gewete saam te leef, is nie ’n goeie ding nie. Dit loop saam met jou vir die res van jou lewe. Maak reg!
Invalshoek 16 Julie 2018. Inligting oor tendense in godsdiens nogal insiggewend.
"Skole en nogmaals skole": Is dit die skool se kind wat die goed gebruik of joune? Sê jou kind moet ophou mors met sy goed, dan hoef jy nie weer te koop nie. Jy weet seker nie wat die kinders met hul skryfbehoeftes aanvang nie?
Ek wil vir Suzette Maletzky by Waltons, Okahandja sê hou so aan, jy verdien daardie bestuurderspos. Baie behulpsaam en vriendelik. "Go girl", sy maak naam.
Ek is tog op soek na ou komberse en warm klere, babaklere wat u nie gebruik nie asseblief. Kontak 08 1499 2720.
Ek is op soek na ou sinkplate wat u nie meer gebruik nie. Asseblief, wat rond lê op u erf. - 081 358 3376
Kan u tog vir my help met “baby se wheel jogger”. Skakel of SMS na hierdie nommer - 081 221 1061.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie