SMS'e vir 17 Junie 2021
SMS'e vir 17 Junie 2021

SMS'e vir 17 Junie 2021

"... groen, blou en rooi ..."
Mandy Rittmann
Toe Swapo vol bravade hul kamstige oorlogsveterane eien en uitkies vir pensioen het hul net Swapo-lede bevoordeel en al die ander as vyande gebrandmerk en met die staatskas vergoed. Toe werk one Namibia one Nation nie, net die groen blou en rooi, maar nou moet die Namas en Herero's teen wie die uitwissingsbevel uitgereik is terugstaan, sodat die groot vreters kan aas. Diegene wat vandag as Swapo-tamboernooientjies op die sierwa geklim het, moet weet die geldwolwe sal hulle nes bubblegum gebruik. Eers kou en as die soet klaar is, dan uitwerp, want hul was net ’n middel tot ’n doel. – Keinamab

Hoe simpel is hoërskool O ... om nie die kinners copys van werk te gee omdat skoolfonds nie betaal is. Dit ’n staatsskool, hoe werk dit?

’n Bank in Tsumeb. Julle moet asseblief julle in rat kry. Die ry het nou vir 50 minute stilgestaan oor al die klerke besig is om vir iemand rekenings oop te maak. Behoort julle nie afsonderlike rye in te rig vir kliënte wat net iets moet kom optel nie en die wat rekenings open nie?

Wat ’n heerlike lodge om by tuis te gaan in Windhoek. Aloe Travel Lodge in Windhoek. Hartlike, vriendelike ontvangs. Hul diens is baie goed. Die kamers is baie netjies en skoon en wat dit nog lekkerder maak, is jy kan Bush Bar wat behoorlik binne loop afstand is van hulle ook gaan geniet!

So pharma sponsored studies are the only ones that pass? Those who pay for the studies are paying for the results of the studies too.

Versoek dat koerant inligting verskaf oor nuutste wêrelderkende, wetenskaplike feite oor inentings. Asseblief, mnr. die redakteur, doen dit asseblief.

Persoon op WhatsApp oor anti-vaxer. Snaaks dat jy nou oor al die mediese kennis beskik oor die vaccine. Gisteraand op RSA nuus word gesê SA wil ontslae raak van 2 miljoen Johnson & Johnson vaccines wat besmet is. Slegs 2,97% van die bevolking is al ingeënt. Gebruik jou brein en dink self. Hoe lank gaan dit vat om 60 miljoen mense te ent (met ’n opvolgspuit). Hoe weet ons die wat hier gebruik word, is nie ook besmet nie. Of reg verkoel en vervoer en geberg volgens voorskrifte en is dit steeds effektief. Dink bietjie terug. Wat het SA ’n paar maande gelede uitgegooi oor vervaldatums? En wie het dit gekoop? Dit het niks met conspiracies te doen nie. Dis feite in die pers en sosiale media.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!