SMS'e vir 17 November 2016
SMS'e vir 17 November 2016

SMS'e vir 17 November 2016

“Hoor-hoor vir Nahas Angula.”
Gerine Hoff
Hoor-hoor vir Nahas Angula. Mag die pad na ware versoening en ekonomiese bemagtiging wit en swart wees.



GRN is naïef om buitelanders te weerhou/verbied om huise/grond/erwe te mag besit terwyl alles wat hulle eet, aantrek, ry, benodig om te boer uit die buiteland kom elke dag. Self die Namdollar waarmee ons elke dag betaal, word gedruk in die buiteland en deur die buiteland gewaarborg.



Wilde perde en hiënas: Daar is nog nooit enige hiënas hervestig nie. Ons werk saam met Ingrid Wiesel om hiënas te monitor en dit is op ''n navorsingspermit goedgekeur deur MET. Hierdie is hiënas wat natuurlik daar voorkom. – Dr. Rudie van Vuuren



Briewe oor bees op pad: Wil net weet, moet Nampol ook nou beeswagters raak? Verminder spoed en draai uit vir die beeste of vra die boere om vir Nampol aan te stel as hulle veewagters. Die polisie het ook hulle job descriptions en ek glo nie daar staan iets in van reguleer nalatige boere se diere nie.



Ongewilde besluite van die afgelope tyd in volgorde: 1) NEEEF clause van 25%. 2) Parlementsgebou. 3) Fosfaatmyning. 4) Parlementsvergroting. 5) Solidariteitsbelasting. 6) Onderwyssalarisse. 7) Verhoogde plaasbelasting, ens. Nou wil ek vir oom Calle vra om nog een by te sit, nl. tolhekke op alle nasionale paaie. Die RA kan die geld gebruik om ons paaie in stand te hou.



Ek verstom my. Die adjunk permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur is so besig met besnoeiing aan die begroting van die opkomende nasionale kultuurbyeenkoms in Katima Mulilo dat op die einde van die dag al opsie wat gaan oorbly, sal wees om die hele byeenkoms in sy geheel te los. Die wrang smaak in my mond is dat kultuur en tradisie waarvoor so lank en bitter gebaklei word, van alle waarde ontneem word. My versoek aan die betrokke minister is om in te gryp en die toekoms van kultuur en tradisie te red voor dit totale waarde verloor.



Groot asb. tog! Raak ontslae van die kantoorpersoneel by Rehoboth Town Council. Sommiges sit al 35 jaar daar, het al bedank en pensioengeld gevat om net weer aangestel te word in dieselfde pos. Dis hulle wat so mekaar sit en cover. Raak ontslae van hulle en julle probleme is opgelos.



Hoewel ek ''n bietjie gal gebraak het oor Home Affairs, moet ek ten minste ook ''n pluimpie gee oor die vinnige uitreiking van drie paspoorte binne drie dae. Wel gedaan Home Affairs. Keep up the good work.



Cons. A. Kandjii wat het geword van die voedselbank wat u hanteer? Als na jou uitgekieste mense. Good shot.



In Republikein se SMS-kolomme vermeld iemand van Afrikaanssprekende mense wat na bewering ongeërg, selfsugtig en arrogant is. Hulle hou vergadering op plekke soos in selfhelpmarkte waar mense moet beweeg wat inkopies doen. Ek woon in Windhoek. Hierdie tendens is ook van toepassing op sommige mense uit van ons ander gemeen­skappe, wat op sypaadjies nie ''n duit omgee vir die talle mense wat draaie om hulle moet beweeg om elders te kom nie. Hierdie is eintlik ''n nasionale euwel en Afrikaanssprekendes is die laastes wat ek hieroor sou beskuldig. Maak jou oë oop as jy in Windhoek se strate loop. As jy die mense aanspreek dan word jy of beledig of gevloek.



Hoekom is Hoachanas se polisie dan so ledig? Hulle kan voetpatrollies ook doen, dag en nag.



Die persoon/e wat die huidige munisipale raad van Keetmanshoop wil skuld gee oor die SELco gemors moet sy/haar kop laat lees. Waar was hulle 15 jaar terug? Ongelukkig moet hulle met dit deal. Ek is trots op julle wat binne 10 maande soveel positiewe resolusies geneem het. Kyk die huise! Hou op so vrot van afguns. Die minister is die hoogste gesag en wat sy adviseer sal eerbiedig word: moenie die vullis wat 15 jaar gelede gemaak is, oornag van die raad eis nie. Skaam julle!



Dis nou al 3 weke wat riool voor ons huise loop. Kan iemand asb. vir ons raad gee? Het Rehoboth “town council” gesondheidsinspekteurs en wie is hulle? Kan ''n mens die nikswerd klomp aankla en by wie? 3 volle weke nou al in die gemors. Die vader weet, Rehoboth se bestuur is in sy “glory”. Ons vra dringend hulp asb.



Dankie UPM dat julle bereid is om die gemors van die Rehoboth dorpsraad aan te spreek. So baie petisies was al aan die owerhede oorhandig. Nou ontken Swapo die klagtes? Twak! Wys jou hoe blind Swapo''s is vir korrupsie deur hul lede. Trek op jul sokkies, UPM.



Ek raak skaam vir Gibeon. Julle praat van CEO van Gibeon – sy is dan in Gibeon gebore. Hoekom maak sy nie die reg wat so verkeerd loop nie? Sy is dan heeldag op Facebook. Dink sy nie as ''n leier sy is verkeerd nie? Mens lees dan so baie slegte dinge wat sy van die inwoners van Gibeon skryf. Nee, nou is dit te erg. Ek dink sy moet afgaan van Facebook en meer by die kantoor wees. Regtig, kyk daarna.



Wil ook net vra, jy wat rond huur en probleme het met Katutura huurongerief, wat het geword van jul huis? Jy kan seker nie die beter plek bekostig nie. Moenie die gegewe perd in die bek kyk nie. Ons almal sukkel. Die regering is ook moeg vir julle wat niks waardeer nie. Ons kan nie oor jou lenings aangaan en ons huise verloor nie. Dis waar, soek net beter plek.



Spoed maak dood en NIKS anders nie. Maak spoed net 60 kilometer per uur op die oop pad. Jy gaan moontlik laat wees by jou bestemming, maar beslis nie te vroeg in die hiernamaals nie. – SAP&H



Jy wat met die president doenig is, presidente spring nie net in dinge nie. Elke ding het sy tyd. Pres. Hage Geingob is ''n man met Job se geduld. Hy sal daai man gelukwens wanneer dit hom pas.



Ja, Trump se beleid stem ooreen met die van die huidige regering en Zuma s''n. In sy voorspan vir sy oorname is sy twee dogters en skoonseun. Familie kry dus ook voorkeur bo ervaring en bekwaamheid.



Bravo Keetmanshoop councillors! Don''t ever feel guilty about the SELco Extension and/or temporary new short-term contract because it''s not you who caused this. Even a blind person knows that. Don''t be pushed in a corner by sick-minded persons. No one of us is for SELco but don''t act from the head but ask God for guidance and act in line with the ministers'' advice or instruction. Note that we the always ungrateful residents, will call you names and say things left and right. Despite this, put your trust in the Lord.



RHB het behuisingsprobleme. Wat van NHE huise en Reho Spa? Daai huise kan mos aan mense verhuur word dan kan daar geld wees om RHB skoon te maak, of hoe voel inwoners?



RTC, kry vir Bloutjie en Eva daar uit. Nee man, kry bekwame mense. Gedink die inwoners is poppe, toe vat hul ''n vet kans. Tata julle twee saam met Willie wil-nie-weet-nie.



Ai tog, ek kry die 60-jarige ou baanmeesters jammer wat nou weer terug gekom het TransNamib toe om te kom werk na hulle op 55 afgetree het van die werk af. Hoekom gee julle nie die jongmanne kans nie? Of ken net julle hoeka TransNamib se werk om baanmeesters te wees?



Praat van demokrasie. ''n Mens sou sweer Trump het met ''n staatsgreep aan bewind gekom so gaan die pers tekere.



Dis teleurstellend soos onse plekkie Gibeon lyk. Die CEO van Gibeon doen niks nie, bly net op verlof terwyl ons nie water het nie. Gaan kyk wat doen Aroab asseblief.



Die persoon wat verantwoordelik is vir Groot Aub se water, waarmee is jy besig? Hoekom kry ons na drie dae eers water en ook in die middel van die nag? Wat dink jy waarvan moet ons lewe? Kan ons inwoners van Groot Aub asseblief begin opstaan en begin veg vir ons regte. Ons sal dood van die dors op Groot Aub.



Ons was die naweek by die begrafnis in Omaruru. Die probleem waarmee ek sit is my kleinkind wou die president groet en ek het hom opgetel en hom gewys en hom weer gelos. Wat ek hom los, hardloop hy na die president. Ek het hom baie vinnig van agter gegryp en vir hom gesê jou oupa word nie so gegroet nie. Dis hoe hy hom elke keer noem as hy hom op TV of in die koerant sien. Nou is ek raadop, want die kind huil. Hy is net 4 jaar oud en sê ek is nie ''n goeie ouma nie. Wat moet ek tog doen? Ek wil my nommer my naam nie gee nie, mense sal dink ek is mal. Help tog as u kan.



Spesiale versoek. Joos Platt, wil jy nie ''n predikant of pastoor word nie, dan weet ek daar sal nie oor geld gepreek word nie. Net soos Donald Trump nie gaan vra vir donasies of geld nie. Julle het dieselfde eienskap en dit is om reguit terme te gebruik en mense nie te mislei en dat mense weet presies waar hul met jou staan.



Grootfontein-voertuig tussen Swakopmund en Henties. Vra jy die bejaarde om sy ryligte aan te skakel, word jy met ''n sekere handgebaar begroet. Dit is kommerwekkend hoeveel mense nog steeds sonder hul ligte tussen Henties en Swakop bestuur.



Dit gaan ''n mens se verstand te bowe dat ons regering buite-egtelike verhoudings as wettig beskou. Is die huwelik dan nie ''n instelling van ons hemelse Vader nie? Dit is weer eens net ''n bewys hoe ver van God ons president, ministers en almal wat besluite neem rakende ons land, lewe. Is iets kommerwekkend. Kerke moet opstaan, petisie opstel en na hul kantore stap om te wys ons stem nie saam met hierdie besluit nie.



Ek wil my misnoeë uitspreek teenoor die huidige pomper wat besluit het om net Sondae en Donderdae die gemeenskap van water te voorsien. Almal het nie, en kan nie tenks bekostig nie. Draai tog die krane oop terwyl almal nog wakker is, want ek glo u het probleme met vorige pompers gehad. Verbeter net daarop, asseblief.



Laat die pastoor ophou om dreine in die lokasie te laat uitloop. Ons raak siek. Dis nie reg nie. Ons het bejaardes en kinders. Asb., doen dit soos dit moet wees. Jy kry geld daarvoor man.



Ek voel eintlik seer vir Hendrik Ismael Witbooi. Al wat ek in hierdie stadium vir hom kan doen, is om vir hom te bid dat die Here die sluier van sy oë moet wegvat, want daar is wolwe met skaapsklere in jou kamp wat wag vir die gulde geleentheid en dan sal jy jou kapteinskap net in naam dra, want daar is alreeds verskuilde agendas en strategieë waarvan jy nie weet nie. Pasop!



Road Safety during the upcoming holidays – just invite every able­bodied former police or traffic officer to help with traffic law enforcement in their areas during the holidays. I am sure the majority will help. I for one will volunteer – if resources are provided and a legal framework is gazetted. – HB Goraseb, former Police Officer



Mr. President, can you please ask the Minister or PS in Finance when they will pay us for services rendered? After the good news about the Good Standings there is still nothing being paid. I''m really worried about our state''s financial position.



Die eienaars van perde in Rehoboth, u sal aangekla word van dieremishandeling. Die arme diere is so brandmaer en loop die hele dorp vol. By die Mall op die pad vanaf die poskantoor tot by die stadsaal loop ''n brandmaer perd al die afgelope weke en die eienaar is missing in action. Dit gaan lekker in Rehoboth.



Ek wil saamstem met die SMS van die 16de November. Die watermeester moet asseblief sy verstand gebruik. Hy kan nie die water 09:30 in die aand oopmaak terwyl baie grootmense al slaap en môreoggend maak hy die krane weer 07:00 toe nie. Ek wil vra dat iemand wat flexible is asseblief die water oorvat, want al wat ek weet, is met hierdie die man in beheer sal ons net vergaan op Groot Aub.



Ek wil weet. As Willie Swartz na bewering N$13 miljoen by sy persoonlike rekening inbetaal het, moes die bank ''n suspicious report by Bank of Namibia gefile het ingevolge die Financial Intelligence Act. Dit is mos money laundering. Bank of Namibia sal moet ondersoek instel, anders sal die handelsbank aan die pen moet ry. Volgens wet moet hulle ''n suspicious report file. Bank of Namibia se Financial Intelligence Centre, can you please investigate.



Dit is met groot bekommernis dat ons as lidmate die agteruitgang in ELKRN dophou. Alles het in 2002 begin toe die bospolisie ingebring is in die kerk. Beswaddering, swartsmeerdery, isolering van andersdenkendes en vervolging en skorsings. Verander die kerkorde wat vetoreg gee aan die biskop sodat die magmisbruik van die kerkraad kan verander. Desentraliseer die kerkstrukture sodat die kringe self die dekens kies. Laat die biskop ook in staat gestel word om rigting te gee aan die kerk. Dit kan net geskied as die mag uit die hande van die kerkraad verwyder word en die sinodevoorsitter ook uitvoerende regte kry om amptenare tot verantwoording te roep.



Meneer oor die bakkie: Dis pragtig! Ek soek daai japtrapmans Bertie en Buks. My nr. is 081 228 0989. Waar''s julle?



Engen Service Station Okahandja, ek wil julle net alle lof en dank toeswaai vir die besluit wat julle geneem het om julle plastieksakke te verkoop, want dis deurdat die winkels daai plastieksakke verniet weggee dat ons land so ontsettend vuil is. Kyk net voor jy na Okahandja toe gaan hoe lê die plastieksakkies tussen die bossies rond. Dis glad nie ''n mooi gesig om te aanskou nie. Pateties. Ek wens alle winkels neem so ''n besluit om sakke apart te verkoop, dan sal ons land skoon bly. Dankie weer eens, Engen Okahandja.



Congrats colleagues for officially reg­istering the fourth Lutheran Protestant Church here in Namibia. We are looking forward to the official launch next year if God permits 2017.



Ek lees in die koerant van vanoggend, 16 November, “Nuwe woema vir veiliger paaie”. Dit is belangrik dat oliemaatskappye hul bydrae lewer. Nou vra ek, sal oliemaatskappye asseblief stop om alkohol na ure by hul diensstasies te verkoop?



Graag ondersteun ek Dries se klag van gaslose Coke. Onlangs in Swakop ook 2 x 2L gekoop waarvan dit flat was en dit by Spar. Uiters frustrerend. – Louis (Ons moedig lesers aan om die raad te volg wat die maat­skappy verskaf het. - Red.)



Aan die persoon wat raad soek vir helicobacter, kyk by Dischem is ''n natuurlike pil met die naam van mastic gum, moet saam met manuka heuning gebruik word. Ek kon nie manuka kry nie, toe gebruik ek appel­asyn met mastic gum en laaste toets het gewys ek''s ontslae. Hallelujah, ek prys die Here!



Ek het jare gelede goeie behandeling ontvang vir helicobacter hier in Rehoboth by dr. Van Wyk. Wat my bygebly het as les, is ek was my hande amper heeldag en die kiem is nie weer terug nie.



Kan iemand asb. help? Ek soek ''n foonnommer waar ek AMC classic potte kan koop of waar hulle winkel is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!