SMS'e vir 17 November 2017
“Grace. . ., gaan terug na jou mense. . .”
Genade! Hierdie storie dat leeus soveel vee dood byt, koop ek nou vir geen enkele oomblik nie. Enige mens wat dieremaniere ken, sal weet dat ’n leeu ’n ding wat hy vrekbyt wegdra, waar hy dit rustig kan gaan lê en vreet. As ’n leeu nie honger is nie en vol gevreet is, sal dit te lui wees om nou sommer ’n hele plaas se skape net vrek te byt en so te los. Dit is definitief nie leeus se werk nie. Gaan doen maar eers julle huiswerk voordat daar weer lings en regs diere vrekgeskiet word.
Dit is baie beskamend en treurig dat buitelandse liefdadigheidsinstansies in die Noorde skole, klaskamers en koshuise moet bou. Iets wat een van die regering se topprioriteite behoort te wees!
Die geval van Zimbabwe was ook wat God toegelaat het, want hul president wou seker lewenslank die posisie beklee.
Grace Mugabe, hoop nie jy kom kruip in Namibië weg nie. Gaan terug na jou mense en kyk hulle in die oë of gaan Suid-Afrika toe, waar hulle jou kan arresteer en toesluit vir aanranding van ’n vrou. - Johan
Hoe is dit moontlik dat ’n Zimbabwiese burger wat tereg staan op ’n klag van roof met verswarende omstandighede (verwys na die Pionierspark-winkelsentrumroof) toegelaat word om eksamen te skryf by Unam en dit nogal in die regte. Dit kan tog nie waar wees nie! Ek wens ek kon sterker woorde gebruik om my afkeur uit te druk.
Khomas Governor Laura McLeod-Katjirua. If school kids (learners) are caught using drugs and other substances please do what is done the world over. Expell them.
Norman, by Berg Karmel was dit Elia en nie Elisa nie. Dit was profete, nie priesters nie. Dit was 450 en nie 49 nie.
MR24/7 Ambulance Service Otjiwarongo Crew. Julle is ’n uitstekende groepie van drie. Ek wil sommer ook dankie sê aan Simoney Buzzel wat my behandel het, jy het ’n “excellent” werk gedoen tot in Otjiwarongo. Klein en fyn, maar goed gep"train". Kon nie glo. Sal altyd van jul dienste gebruik maak.
Auas Road plakkers bly steeds onwettig en "drugs" word steeds gesmous in die veld by die indraai na Cimbebasia vanaf Auas Road na Matamanstraat. Kan ons wetstoepassers nie maar daar gaan skoonmaak nie?
Ek stem saam dat “slide shows” tydens begrafnisdienste by kerke verbied word. Ek dink die familie kan daarna by die huis tot vervelens toe kyk, omdat sommige van die snitte op die “slide shows” ’n lewe teenstrydig met Christelike waardes uitspel. Laat dit vir die familie by die huis wees, om hulle te vertroos.
Op soek na ’n koolstoof asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie