SMS'e vir 17 Oktober 2016
Ek is nou regtig moeg daarvan om te hoor van staatsamptenare wat vet salarisse verdien. Ek wens ek kon my salarisstrokie aan daai persone wys. Ons trap die mikroleners se drumpels plat, net om te oorleef. Maak asb seker van jou feite voor jy iets in ''n koerant sê.
Ek verwys na die (beweerde) aanstelling van ''n finansiële bestuurder wat aangestel was sonder ''n erkende sertifikaat in Rehoboth. Moes die bestuur dan nie vanaf dag een seker gemaak het dat die persoon wel die nodige dokumentasie besit het nie? Hoeveel ander in die kantore is daar wat ook nie ten volle geskik is vir hul pos nie?
Wat ''n goeie verduideliking van NEEEF. Ja nee, arme 1% van bevolking moet nou 99% "oplig". En die "fat cats" in die regering word net vetter! SIES!
Ek wil graag weet wat die skoolkinders maak omdat die onderwysers staak. Onderwysers het meer verlof. Die ander staatsamptenare het net 25 verlofdae in ''n jaar. Laat weet asb.
My dank aan Joos Platt vir jou teenwoordigheid by gemeenskapsbelange. Hetsy begrafnisse of funksies in ons gemeenskap. Jou teenwoordigheid word waardeer en raakgesien. Vir my persoonlik is jy ''n ware ambassadeur vir die gemeenskap, want jy verteenwoordig ons by verskillende gemeenskappe. Persoonlike dank van my kant af.
As die regering menslikheid preek en die voorbeeld stel, sal dinge nie so raak soos dit nou is nie. Maak eers die Namibiese Huis skoon deur wette effektief en reg toe te pas, regverdigheid by aanstellings, versoening met SWATF. Niemand kan in ''n deurmekaar huis bly nie, want dit veroorsaak chaos. Mense weet en sien die dinge. Laat die Here in die huis toe om ons te lei. Verander die Grondwet as dit moet.
Die persoon wat sê die All Blacks maak rugby dood, moet weer dink. Eks ''n Bok-ondersteuner, maar moet sê die All Blacks speel met trots wat die Bokke nie meer het nie. Kyk die Argentyne! So pel, as jy nie goeie rugby kan waardeer nie, moet dan nie kyk nie. Bok fan 4 life. - RCD
All Blacks maak rugby dood? Hulle gee juis die wêreldpas aan. Jammer, die res van die leser se SMS verstaan ek nie.
Die persoon wie sê "onderwysers kry so baie verlof": gaan bly by ''n onderwyser wanneer die skool sluit, dan sién jy hoe werk hul deurdie vakansie. Holiday School, workshops, voorbereiding, apparate, ens. Onnies werk tot in laatnag, selfs naweke!
Jul wat lelike aanmerkings maak oor onderwysers: Het jul skool gegaan? Was jul by ''n kollege/universiteit? Wie''t jul daar onderrig? Was dit nie onderwysers/lektore nie? Het hul jul gehelp/nie?
PSUN verteenwoordig NIE ondrewysers NIE! Dit is vir die andr staatsamptenare. Hulle het die 5% aanvaar, want hul word ektra betaal vir "oortyd"-werk. Onderwysers word NIE vir oortyd betaal NIE.
Daar moet Bybelklasse wees dan sal God Namibië seën en ons gebede verhoor. Opvoeding kom deur die Bybel.
Hon. Minister Shaningwa and Regional Coordinator //Kharas, is the Local Authority Act and Personnel Rules only applicable to ordinary members? Who''ll take on the Chaiperson of MC? Is he the one who channelled a confidential email to the Namibian and admin. Why is the Chairperson so silent?
In Suid Afrika is daar onlangs 27 skole afgebrand en universiteite is ontoeganklik gemaak deur betogers. Hoe kan jy gaan studeer sonder om vooraf betaling vir jou studies te verseker? En nou wat jy sit met studieskuld, nou moet iemand anders pa staan vir die rekening. ''n Universiteit het ''n inkomste nodig soos enige ander diensverskaffer om die beste dienste te kan lewer.
Ek dink die persoon wat sê "moenie met my taal mors nie" verstaan nie sy taal nie. Om die "s" uit te haal, is net soos om te vra om die vier klinkers (clicks) uit te haal. Die "s" is nie net vir vroue bedoel nie, maar vir diere ook, en ons moet ook weet dat die taal wat die Damara en Nama praat nie 100% dieselfde is nie, soos in ander tale. - Esegiel !Noabeb
Onderwysers doen regtig baie vir ons ongehoorsame kinders. Spesiale dank aan mev, Kirsten en mnr. Rust van Academia Hoërskool. - Dankbare ouer
Rössing: Ons wil weet, die saak was einde September aan by die Supreme Court. Die komitee moet terugvoering gee, maar daar is ''n doodse stilte. Daar is twee manne wat ons gelos het wat ook vir die surplus gewag het. Laat weet ons. Desember is om die draai. Asseblief, ons is moeg.
Parliamentarians, please stop with the childish debate of sanitary issues. Rather focus on the issues relate to the common interest of the nation.
Mnr. Salad van Damara/Nama, in Gibeon-distrik word die veewagters nie gebetaal nie en ook nie op tyd gekyk nie, en die mense kry honger. Praat tog met die eienaars asb.
Joos Platt, dankie vir jou belangstelling in oud-polisielede se begrafnisdienste. Jou teenwoordigheid en jou patriotisme is vir my ''n mooi simbool. As oud-lid van SAP bedank ek jou vir die teenwoordigheid by wyle Orren se dienste. Jy is ''n kameraad! Sterkte vir jou ook. Jy is ''n ware SAP in murg enbeen!
Ek weet nie by wie moet ''n mens raad soek oor die vuilheid van Rhb nie. Die hele dorp is verskriklik vuil, van Blok A tot Blok F tot by Vergenoeg. Die plek se paaie is ook in ''n baie sleg toestand en die dorp kry nou baie toeriste by die mall en die toeriste gaan graag lokasie toe, ma'' die plek is baie baie vuil. Die regering moet plan maak en die raadslede reshuffle asb. Ons is moeg. Kan hulle nie eens ''n dorpskoonmaakdag organiseer nie? Wil hulle net steelwerk doen?
Okahandja se polisie, asb. Staan op teen daggaverkopery in grysblok, ons is moeg tog.
Bly om te verneem dat taxi''s in Swakopmund by die munisipaliteit moet registreer. Wonder of hulle ook besigheidsregistrasiefooie betaal soos enige ander onderneming. Natuurlik is hulle ook by die Ontvanger gerigstreer en betaal inkomstebelasting soos ons almal.
Katrina Himarwa was gewaarsku oor die gevolge met Cambridge as die onderwysers staak.
I fully support the teachers strike, but NANTU must stop fighting for increases in percentages but rather for car allowances and housing allowances for all teachers based on their salaries. Thank you that you have shown this government that they cannot rule a country with arrogance.
Kan ons Okh se mense nie skaam kry nie? Ons is in elke koerant oor die vuilgeid van Okh. Munisipaliteit, word wakker asb.
Dankie onnies dat jul opgestaan het vir wat jul toekom. Die president, 1ste minister & min. Himarwa, jul het só uitgestel & jul harte verhard dat jul ons eksamen banadeel het.
MTC advert of exploding office furniture not in good taste.
Wat help dit om te staak. Met die volgende verkiesing stem julle net weer vir dieselfde party wat dieselfde gaan doen. Dan moet julle weer staak.
Agbare Minister !Naruseb, net so twee maande gelede wou u ministerie bouwerke ter waarde van miljarde dollars aanpak, maar vandag is daar nie eens sente vir ''n skamele waterrekeninkie nie? Hoe werk julle sommietjies dan?
Ek kan nie glo dat daar gesê word Walvisbaai is een van die vuilste dorpe nie. Ek sien gereeld mense in die dorp besig om die strate te vee en vuilgoed op te tel. As inwoner van Walvisbaai is ek bly om in ''n skoon dorp te woon. Veels geluk Walvisbaai munisipaliteit.
Met verwysing na 2 Oktober 2016 se "Kliënte moet self die fynskrif lees" net die volgende. Wanneer verkoopsmanne iets aan jou verkoop, vertel hulle jou dalk net dit wat jou gerus sal maak om die transaksie te beklink. Ek dink dit is iets wat hulle aan die kliënt moes gestel het, want in my opinie is dit een van die belangrikste komponente van die produk wat hy gekoop het. Jy kan daarna die kliënt aanraai en aanmoedig om die fynskrifgedeelte ook te lees vir gemoedsrus. As julle nagelaat het om dit te doen, moet asseblief nie agter die fynskrif skuil nie. ''n Mens het tyd nodig om ''n kontrak behoorlik deur te lees en te verstaan.
"As ma nie deel van die huishouding was" - Maria, jy het dit sooo raak. Ek het my klaar gelag . . . en so gedink aan die ma wat al ver in gebed is en die kind wat haar begin skud, want hy wil net asb weet waar ma die suikerpotjie neergesit het. Ma. Mammie, leef laaank, asb.
Ek is so trots op WHS se onderwysers - hulle gaan voort met skoolhou en eksamens ondanks staking.
Ons, die gemeenskap van Rehoboth sal dit hoog waardeer as die polisie tog asb na-ure op ''n Vrydagaand en Saterdagaand ''n draai kan gaan maak by sjebeens. In Blok B word die jongmense toe gesluit in so ''n plek na tomaaktyd, dan vergryp hulle hulself aan dwelms en drank en die eienaar lê en slaap rustig. Die jongmense vloek en maak lawaai daar en niemand mag iets sê nie, dan word jy gevloek. Polisiemanne bly in die straat. Hoor en sien hulle nie wat gaan daar aan nie? Dwelms loop te voet in daai straat en sjebeen.
Jou Nama-van eindig met ''n b omdat jy ''n man is. As dit bv. Gariseb is, kom die b daar omdat jy ''n man is. Jy is dan van die Garise-familie, en ''n vrou sal Garises wees. Probeer jy om in jou taal van jou "Gariseb-vrou" taalkundig korrek te praat, dan sal jy sien hoe simpel dit is. Ek praat nie van Engels of Afrikaans nie.
Wat is my regte? Gee raad, asb. Ek het my man aangekla oor hy my emosioneel afkraak en mondelings hard en aggresief met my praat. En nou praat en groet hy vir meer as 5 maande nie.
Sisa Namandje, ek haal my hoed af vir jou. Dis die regte adviseurs wat ons vir president Hage Geingob soek. Dan sal die probleme v d struggle kids, Koevoet en SWATF-soldate opgelos wees. Sisa, ons bid dat onse lewende God jou baie jare sal spaar en dat jy die president van Namibië sal word. Laat God jou nog wysheid bygee.
Mr. Beau Izaaks, deugsame en merkwaardige Mitsubishi-tegnikus, waar bevind jy jou? Jy het diep spore getrap en jou goeie diens word gemis. - Trotse Mitsubishi-kliënt

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie