SMS'e vir 17 Oktober 2017
SMS'e vir 17 Oktober 2017

SMS'e vir 17 Oktober 2017

"Dis nou streng kinders. . .”
Mandy Rittmann
Gesondheidsbelasting om vir die gesondheidstelsel te betaal. Buy-a-brick om vir behuising te betaal. NEEEF om vir werkloses te betaal. Dit gaan nooit stop nie, want hoewel die mense reeds te veel is, draf ons vooraan met die maak daarvan. In my standard 6 jaar het juffrou Prinsloo al gesê dis nie ’n kuns om kinders te maak nie, maar boeta om hulle groot te maak! - SAP&H

Polisieman wat vrou in kar doodgeskiet het waar hy op die wiel gemik het en is vrygespreek is van moord kry opgeskorte vonnis en loop vry? This sets a dangerous legal president in that anybody who shoots someone can now say: Ooops! I aimed at something else. I did not mean to shoot the person and get away with murder. Again, what a sick justice system!

Hoe siek is ons land se regsstelsel: Wrede gemsbokslagters kry boete van N$3 600,00, polisieman wat op kar se wiele mik en insittende dodelik tref se moordaanklag word gekanselleer en hy is ’n vry man, maar Rust waar bewyse is en dwarsskoot beweerde wildstroper per ongeluk tref, sit ’n jaar sonder borg? Arme Namibië.

Maandag se koerant. Marius Balhao, as ek en jy die hele land kan kry om saam vir ons reg op te staan om lyfstraf en godsdiens terug te bring in skole, sal hierdie land kinders hê wat groot dinge vir hulself en die land sal doen. Die regering het nie gefokus nie, want sedertdien is daar nie meer kinders in die land nie. Dis nou streng kinders en gehoorsame ouers en sodoende meer kinders wat rond lê en nie skool klaar maak nie, want jy kan my nie aanraak. - S.H.

Salarisbedrog deur onderwysers, maar dan kla hul oor verhoging en meer geld? Wat ’n skande!

Nou weet ek darem nie. Het Oranjemund nie meer geld nie dat hulle nou ’n gemsbok gebruik vir zebrastrepe by ’n voetoorgang? Nou wat sal gebeur as die nuus tot in die Ooste versprei? Gobabis byvoorbeeld. Kan natuurbewaring nie ingryp nie?

Hoe kan ons Namibiërs 'n donkieslagpale toelaat? Besef julle dat donkies lewendig afgeslag word om kastig die kosmetiese kwaliteit van die velle te verhoog? Dis skokkend, afskuwelik en gruwelik! Wat van die wet teen dieremishandeling? Waar gaan ons land heen?

Ek hoop lesers vergewis hulle van die feite voor hulle SMS'e stuur na die koerant. Die prokureurs in Engeland wat betaal is vir die "genocide"-saak is Namibiërs wat in England woon en nie ’n Britse burger nie. Asseblief, laat ons nie net skryf wat ons dink wat korrek is nie, want dit irriteer andere wat bewus is van die regte feite. (Daar is ook betalings gemaak aan buitelandse prokureurs. - Redakteur)

Ek is 'n gebore Namibiër vanaf Walvisbaai toe dit nog deel van Suid-Afrika was. Na die RSA gegaan het, bly ek nog daar. Ek het meer as twee jaar gelede aansoek gedoen vir "restoration", maar meneer Shatiwa by immigrasie sê tot nou kry hy nie tyd om daarna te kyk nie. Is daar iemand anders wat my kan help?

Onderwys is in sy peetjie in. Wou nou graag 'n ander woord gebruik het. Die bulletin vir volgende jaar is nog nie gefinaliseer nie en dan belowe sy gordyne vir ’n skool. Katrina, jy is verby onbekwaam. Die wat jou steun in wat nou aangaan in onderwys is irrelevant. Vra raad by ou mense wat die goed ken. Kleinhans, bied jou dienste asseblief gratis aan om te red wat daar te redde is. Hou uitslae met valkoë dop. Katrina sê vir mense jy is nie opgewasse vir jou "job" nie. Dis glad nie so "einfag" om onderwys te bestuur nie. Vat jou goedjies en trek Ferriera na iets eenvoudiger toe. Los onderwys onmiddellik.

Al wie my op die skouer klop en sê “well done” vir 29 jaar drink jy nie, is ek self! - OJ

Ek kan regtig nie verstaan hoekom moet die olifant deur die mense loop nie. Die Here het vir die diere Etoshawêreld gemaak. Ou dae was dit so.

Soms wonder ’n mens wat die doel van die stadspolisie is? Daar is nou meer "crime" in Windhoek alleen as in enige ander plek. Ek verstaan nie! Sien hulle dit nie raak op hulle kameras nie of sit en slaap hul heelnag of is dit net om die belastingbetalers se geld te eet?

The GIPF is boasting of having billions of dollars but they use the colonial formula of South Africa and pay the pensioners very poor pensions. They must change the outdated formula and look forward to poverty eradication.

Kan iemand nie iets doen aan die honde wat so in Cimbebasia se strate rondloop nie?

Drywer van N142431W, “Vrydag 13 Oktober” op pad Rehoboth toe. Jy is ’n gevaar!

Julle wat sê dat julle Christene is, maar wat rondloop met wraak, haat, bitterheid en onvergewensgesindheid en dit nogal vertroetel, hoe kan julle nog daarop roem dat jul Christene is? Ek sê dit reguit, julle. Dit is ’n groot verleentheid vir God die Almagtige. Vat liewer jul Bybels (wat stof vergader), raak daarvan ontslae, keer die rug op God en dien die duiwel met julle optrede. Gaan aan, God se oordeel wag vir julle.

Joos Platt, my dank aan jou vir ’n kort en kragtige huldeblyk op die begrafnis van wyle oom Feris. Jou stelling dat iemand jou in die wip kan vang met respek, gaan ek in my lewe van toepassing maak. God seën.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!