SMS'e vir 17 Oktober 2019
SMS'e vir 17 Oktober 2019

SMS'e vir 17 Oktober 2019

"Netjiese manne."
Mandy Rittmann
Die Namibiese rugbyspan het nou wel nie 'n wedstryd gewen nie, maar sowaar, daar waar julle van die vliegtuig afstap, is julle tops. Netjiese manne. Ons is trots op julle.

Goeie genade! Net 2 000 groen paspoortboekies? Hulle is mos in ’n paar weke opgebruik. Daar moes eerder 4 000 groen en net 2 000 bruin boekies bestel gewees het. Die bruin paspoorte kan nie vir oorsese reise gebruik word nie. Ai, mense. As julle iets doen, doen dit tog reg!

Was by ons plaaslike paspoortkantoor. ’n Vriendelike dame het gesê "meneer, ek kan nie sê wanneer paspoorte beskikbaar sal wees nie". Eerlik en reguit. Stel voor dat die plaaslike kantore paspoorte kan verleng, want van die boekies het nog baie skoon blaaie. Een persoon het gesê hy gaan net Desember RSA toe om familie en vriende te besoek. Maak ’n plan asseblief, ek vra en sê maar net. – JJ

Indonesië het N$100 000 geskenk aan die Namibiese droogtehulpskema. - Johni Ford

Ek stem saam met A. Hoffman. Ons was op skool gewax en ek het tot vandag nog groot agting vir my onderwysers. As jy kom kla by jou ma of pa, dan kry jy weer pak, want jy het drooggemaak by die skool. Vandag, as die kind kla, word die onnies mos hof toe gevat. Ouers, leer jul kinders om die onnies met respek te behandel. Baie dank aan die Rynse Laerskool en Dr. Lemmer op Rehoboth.

Sommige NG predikante se verklaring in die koerant oor homoseksuele verhoudings. Presies, wat is julle motief agter die skrywe? Wat wil julle met die openbare skrywe bereik of sê?

Leraars verwerp sinodebesluit oor gay verhoudings. Voeg my naam by. - Pierre Bosman

Stem saam dat al die staatsamptenare, president ingesluit, staatshospitaal toe moet gaan en nie buiteland toe vlieg as hulle ’n kramp het nie.

Geneig om saam te stem met die lesers oor meningspeiling. Dit gee nie ’n mooi prentjie nie, as dit van ’n sekere groep af kom. Dit is tog ooglopend.

Rössing behoort hulle te skaam hoe hulle die oumense nou behandel wat baie jare daar gewerk het.

Dankie tog. Almal is baie lief vir president Hage Geingob. Wie wil hom nie hê nie? O nee, nee! Hy is daar vir ons Namibiërs, stil en dankbaar. Namibiërs moet bid laat die hemelkrane oopdraai. Pensioenarisse moet N$2 500 kry. Viva Hage, viva Swapo!

As 70% van die 85% vir die regerende party stem, dan moet ons seker ook nie kla nie, nè. Dis ons verdiende loon!

Was gister by ’n begrafnis. Wat ’n teleurstelling! Munisipaliteit was nog besig om die graf te grawe, terwyl mense wag dat die ondernemers stoele en die tent reg kry. Vrou was baie getraumatiseer. Agt munisipale werkers daar en 2 grawe gat. Watse herinnering gaan die familie oor hê van die dag?

Oral in Swakopmund se middedorp ruik mens urine. Nie goed vir ons mooi dorp nie! Daar sal moet opgetree word.

Ou vriend van my Floors (Kamati) Visser, wat sy by NamPower (Swawek) op Ruacana as stoorman gewerk het, is oor die Groot Rivier. Sterkte aan sy familie met die pad vorentoe. Bly ek kon jou ken, Floors. - Ollie Joubert

Well done and thank you to the group of NG Kerk dominees who refuse to compromise on the Word of God, regarding God’s Biblical view of homosexuality. God’s principles never change. God loves all people but He hates sin. We pray for these leaders who like Jesus, stand up for the truth.

Jy wat so swaar kry, ek kry ook swaar. Ek gee en deel my kos en geld waar dit nodig is. Ek is nie selfsugtig nie. Lyk my jy speel die jammerviooltjie. Jy gaan nie jammer gekry word. Ja, ek gun mense ’n bietjie vreugde in die lewe. Hou op jouself bejammer. Wie is die "ons" van wie jy praat? Ek het kos op my tafel, ek drink nie en rook nie. My prioriteite is om vir my gesin te sorg, daarom kon ek hulle na die vuurwerkvertoning vat. Dit nadat ek vir droogtehulp en vir huislose kinders op die straathoeke kos gekoop het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer