SMS'e vir 17 September 2021
SMS'e vir 17 September 2021

SMS'e vir 17 September 2021

"...nie almal nie..."
Mandy Rittmann
Sou dit waar wees dat die minister van finansies 15 162 Psemas-pensioenarisse se lidmaatskap beeïndig het, omdat voorskrifte glo nie nagekom is nie, sal ons graag wil weet presies wat hierdie voorskrifte is. Is dit net pensioenarisse wat voorskrifte nie nagekom het nie? Heel waarskynlik is die werklike rede dat finansies nie geld het om die dokters te betaal nie. Seker alles weer gesteel.

'n Bank het twee maande gelede sy deure op Usakos gesluit en na Karibib verskuif. Slegs twee kitsbanke is op dieselfde plek agtergelaat. Ou mense moet nou taxi neem na Karibib om persoonlike sake af te handel. Nou is die bankgebou ook nog verkoop, sonder ’n tender of advertensie? Is alle kliënte op Usakos dan nie geregtig op ’n gelyke kans om ook daardie gebou te bekom nie? Wat het agter die gordyn of onder die tafel gebeur? Enige ander bank word hartlik verwelkom. Kom open die deure en kry kliënte. Ons wag.

Jammer, maar ek moet kla vandag. Spesifiek gemik op voertuigwerkswinkels, nie almal nie, maar die meeste. Die eienaars sit net met pen in die hand, reg om die rekening te skryf, dis al wat hom pla, nie dat sy werkers jou kar opmors nie. Hy sal ook geen skade wat hy jou berokken het op hom vat. O nee, want dan is hy mos armer. Hopelik vang julle die skimp dalk pla dit julle. Doen die regte ding en maak reg wat verbrou word.

Die besigheidsbase: Elkeen wat nie ’n motor het nie steel ’n stootwaentjie. Hulle steel dit openlik. Wat doen julle? Dok ons hiervoor op?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!