SMS'e vir 18 April 2018
SMS'e vir 18 April 2018

SMS'e vir 18 April 2018

". . .net 'n oproep weg. . ."
Mandy Rittmann
Hoekom is dit dat as hooggeplaastes, die “well connected”, korrup is en of bedrieg, hulle nie aangekla word nie, maar net geskors word, of kan bedank? Geen gevolge, hoef nie terug te betaal nie, geen "jail-time"? Maar die klein man gaan tronk toe oor hy ’n paar rand steel? Hoe kan dit toegelaat word dat so baie gif in ons kos, water, klere, "cosmetics", medisyne - die lys is eindeloos - ons siek maak? (Byvoorbeeld J&J?) Wat het van ons wêreld geword, waar alles korrup, siek en gewelddadig is, in die naam van "greed"/geld? Soooo "sad"!

The CEO of NSFAF awarded herself a study bursary. How is it possible? Is there not a kind of body which must approve these applications? If it is not so, then and an individual has absolute power and then I am afraid that these bodies will be drained by ruthless and corruptive individuals and when its discovered after an extensive period the damage will be so vast that a country can be dragged to its knees. Needy students are the victims and all those cries of viva will be a hollow reverberation of ignominy. At the end Namibia will be captured by officials who just do not give a damn about the consequences.

Ek is ’n inwoner van Walvisbaai was weer vir die tweede keer vasgekeer deur stormwater voor my huis, as gevolg van die tweede skielike reën, maar mnr. Dennis Basson van Walvisbaai se brandweer was net ’n oproep weg en Sondagaand toe werk sy manne en Maandagoggend was dit kurkdroog voor my huis. “Well done.” Die Here seën julle.

Wanneer kry ons ’n kaptein van die Bondelswarts? Waar is onse trots, laat ons nog net teen die huise sit en mekaar beskinder en gate grawe, maar vir om op te staan vir die regte goed, is ons nie te vinde nie. Bondelswarts, staan op, skrik wakker, alles gaan vir by ons. Los die agterspeen drink en kom voor. Ons is deel van alles wat met ons gebeur, want ons sit nog net. Skrik wakker!

Geld word gesteel in die regering, die myne s'n ook. Sies, krimineel.

Slegte verhoudings is ’n nagmerrie, veral as jy mense klaar uit hul omstandighede gehelp en dan wil hul oor jou trap. Vind troos in Bybelverse.

Ek, as gebore Rehoboth Baster, wil net sê, dat die UPM-manne hul neuse uit die kapteinsaak moet uithou, want ons as gebore Basterkinders sing nie politiek nie. Ons geloof is in God wat ons gered het. Lansie trots Basterkind.

Die persoon wat die SMS gestuur het oor iemand wat 'n babakat uitgegooi het op die lughawepad, hoekom het jy nie gestop en die kat gehelp nie?

Magtig! Waar is ’n babakat agtergelaat op die Windhoek-lughaweroete? Ek sal gaan kyk, laat weet waar! Hoekom het jy niks gedoen nie?

NYS 7 million unaccounted fuel expenses due to faded fuel slips? Ever heard of insisting on a VAT invoice which does not fade, as is normal practice in business? Fuel cards are an open cheque book for miss use?

In die Republikein van die 19de Maart het ek ’n rare verskynsel gesien. In die foto van die braaikompetisie van Shoprite Checkers waarin ’n oulike seuntjie besig was om heerlike boudtjops te staan en braai, was in die tjop naaste aan die pers skottel ’n duidelike kop van ’n man. Ek het baie mooi gekyk en sien sy hare, wenkbroue, oë, neus, mond en linkerskouer in daai tjop. Nie die wat hy met die kwas druk nie.

Ek wil net graag geluk en dankie sê vir die manier waarop die Erongo 0.16 streeksrugbyproewe gehou is. Veral aan mnr. Rust. ’n Goeie, gebalanseerde groep is gekies. Ons hoop ter harte dit sal dieselfde wees met die Grand Khomo-proewe in Windhoek.

Ek werk nie by Beefcor in Okahandja; ek skuld hulle ook nie geld nie. Het toevallig daar gestop, en praat van skoon en net buite. Ja, so moet dit lyk waar ek my vleis koop. Binne lyk dit beter. Hou so aan!

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer