SMS'e vir 18 Augustus 2016
“Kyk na die onderwysers!”
Stem saam. Onderwysers sluit op Dinsdag 23 Augustus; 2 werksdae, vakansiedag, naweek, een weeksdag en dan terug hok toe op Dinsdag 30 Augustus. Iemand se kop raas. Skaars week vakansie, maar April-Mei-vakansie 4 weke lank? En dan is onderwysers gedwing om op dag van Afrikakind skool toe te gaan. Kyk na die onderwysers!
Munisipale dienste raak onbekostigbaar duur in Windhoek. 28% is my verbruik vir water, elektrisiteit en vullis. Die res is tariewe, verbeteringe en basies.
Sowaar! Dit is waar. Ons mense van Kamanjab drink rioolwater. Rioolwater vloei in die dam wat die plek met water voorsien. Dit is baie ongesond vir ons wat arm is, want raadslede en ander in posisies koop mineraalwater. Kom help voor ons doodgaan, president asb! Beopdrag die betrokke minister om draai in Kamanjab te maak om ondersoek in te stel asb.
Ek dink volgende jaar se skoolkalender met die “mid-term break” vir Maart is meer aanvaarbaar, want onderwysers sowel as leerders is teen daai tyd moeg. “Planning”, kyk daarna asseblief.
Minister Ngatjizeko, die wortel van die huurprobleem lê by huiseienaars. Hulle betaal hulle dood aan huispaaiemente. Wie sal sy huis vir minder uitverhuur as wat hy/sy by die bank moet betaal? Huurders kyk na huispryse en die rente verbonde daaraan; weer eens ’n saak het twee kante. Na albei sal moet gekyk word om regverdigheid te laat geskied.
Ek werk op ’n plaas, ek pay N$800 per maand. Ek moet self kos koop, het ’n vrou en 5 kinders wat skool gaan. Ek kan nie klere koop nie, ek werk net vir kos en hostelgeld. Help ons, ons kry baie swaar!
Republikein 16/8/16: SMS-reaksie oor ongelukkige leser wat druip by RHB NaTIS voeg ek by: My kind het 3 keer gedruip en 4de keer geslaag, eenvoudig omdat hy/sy die vorige kere foute gemaak het en ek stem 100% saam met die verkeersbeampte. Ons kan nie mense laat slaag om môre op ons paaie ’n bedreiging vir hulself en ander te wees nie. Ja, korrupsie kry jy, maar nie oral nie en waar ons elkeen kan help en verseker dat dinge reg gedoen word, maak tog ’n verskil. Dankie RHB NaTIS-span.
Ja nee, nog die beste vir die dag van Tanja sê maar net. Dis waarom ek toe Untag-man hier was 1990 met hulle ’n dag gekuier het. Toe ons moet gaan, wou ek by my broer weet hoe sê mens goodbye in Engels. So druk nog peppelienies in koerant.
Is dit net die profeet wat op ons Kalkrand negatiewe dinge sien? Het jy al iemand gemotiveer of iemand wat presteer se hand geskud? My “advice” is “concentrate” op kerksake of woon “problem solving”-klasse by.
Huurbeheerraad: Die persoon wat met “mooi man” sy kommentaar lewer, moet dan nie uitverhuur nie, maak met jou plekkie wat jy wil. Maar ek weet diep in jou hart weet jy die huur wat oor die algemeen gevra word, is baie hoog. Iets moet gebeur.
Huur van NBC-woonstelle: Die ding dat jy jou ore van jou kop af moet betaal omdat die woonstelle in Pionierspark is, moet glad nie gebruik word as ’n maatstaf nie. Die bestuur is moontlik gelukkig dat hulle in huise bly wat hulle bekom het voordat die huispryse so vertiendubbel het. Die probleem wat ons het in Namibië is dat die “haves” besluit oor wat is goed of nie goed vir die “have-nots”. Dis NBC “staff members; let them pay an affordable amount like N$3000 rent per month. The people need to save to be able to aquire their own dwellings.”
Ek wil my dank aan Keetmans tronkbewaarders vir hulle gasvryheid uitspreek. Ek dink hulle verdien die rose. Dankie, hou so aan.
Kan daar asb. ’n plan gemaak word met die diere in Kamanjab se dorpsgebied, asook in die dorp. Die diere gaan in die erwe in en vreet alles op en af. Die eienaars kry jy nie, en lyk my die dorpsraad los dit ook maar net so. Dis dalk ’n geval van die dorpsleiers staan agter die deur en nou kan die onderdane nie aangespreek word nie. So is Emma se hele erf leeg gevreet deur bokke. Jy jaag weg, maar hulle kom net weer.
Ek wil weet hoekom word daar net in die Noorde ontwikkel. Wat van die Suide? Van die Noorde se mense is volop in die Suide. Van Rehoboth tot Warmbad, van Lüderitz tot Koës. Daar gaan niks aan nie.
Baie geluk aan Laerskool JTL Beukes. Hulle o.12- en o.13-rugbyspanne speel komende naweek die finale in WHK. Wie kon dink hulle het dit bereik! Bravo aan die personeel, afrigters, ouers en spelers. Julle verdien ’n pluimpie. Sterkte. Ek weet julle gaan daai finaal wen. JTL bo!
Waarom moet private instansies grondontwikkeling doen (Elisenheim, Finckenstein, ens.), maar die CoW is nie in staat om Kleine Kuppe, Cimbebasia, Luiperdsvallei uit te brei nie? Die CoW-bestuur gee nie die regte leiding nie en is swak.
Rugby, Swallows: Dit maak my bly met Swallows as wenners. Dankbaar dat daar nog manne is wat rugby bedien in ons “hometown” Lüderitz. – Ou homeboy Tommy F
Walvisbaai-munisipaliteit moet wakker skrik! Kinders se ouers of oumas en oupas is jare al dood dan bly die kinders nog in huise van hulle groot mense. So trek hulle as kinders voordeel uit die pensioenvoordele. Is die kinders nie veronderstel om die huise in hulle name te registreer nie?
Rehoboth-mense, kyk watse kar ry die burgemeester MAYOR 1. Wow! Maar ons kan nie vir NamWater betaal nie. Kyk vir wie word tenders gegee? Waar’s ons nuwe padskraper? Stukkend? Word weer op ’n veiling verkoop, want daar is iemand wat al ’n oog het op die padskraper. Hy werk daar by RTC. Asb. ACC, wanneer gaan julle optree?
– Rehoboth Arend
Ek’s ’n uitgetrede ondersoekbeampte en as fooie vir getuies wat van buite af kom hof toe betaal julle net N$600. Dit maak nie saak of jy uit verre noorde, Katima of Lüderitz kom nie. Dis pateties. Die petrolpryse is al N$11,20. Dis hoekom sake nie afgehandel word nie, want niemand wil meer hof toe kom nie. Doen dringend iets, asb! PG en jou “team”, dit dek nie eens helfte van die petrolonkoste en ander goed soos slytasie nie. Die paaie is onveilig en jy “travel” ’n volle dag? Getuies verhuis weens werkverpligtinge. Ek is bekommerd oor ons “justice system”.
Mense, pasop! Jou troeteldiere word doodgemaak in komplekse sodra sekere individue nie die diere kan verdra nie. Hoe siek is ons samelewing nie? Darem pateties as jy ’n troeteldier kan doodmaak en jouself kan wysmaak dat jy die reg het.
Stem saam. Hoe kies mens ’n dorp van die jaar as almal so vuil is en dit vir toerisme? Moes liewer gesê het: Dorpe moet skoon/netjies gemaak word. Dan die skoonste dorp gekies het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie