SMS'e vir 18 Augustus 2017
SMS'e vir 18 Augustus 2017

SMS'e vir 18 Augustus 2017

“. . .wraggies weer borg. . .”
Mandy Rittmann
"Spoedvrate kan lisensies verloor": Ek dink die probleem is veel wyer as net spoedvrate. Kyk net hoeveel verkeersoortredings is daar elke dag op ons paaie. Op pad werk toe gaan ek ten minste tien persone sien wat verkeersoortredings pleeg, hetsy oor 'n rooi lig jaag, op 'n onwettige plek stop om passasiers op of af te laai, nie by 'n stopstraat te stop nie en so kan ek aangaan. As die spoedvraat sy of haar lisensie verloor, gaan hy of sy waarskynlik sonder 'n lisensie rondry ook, tensy sy of haar kar geskut gaan word tot hy of sy weer 'n geldige lisensie het. Die feit dat hy of sy nie 'n lisensie het nie gaan nie verhoed dat hulle sonder lisensies gaan bestuur nie. Dit gaan alles terug na die mentaliteit van padgebruikers. Dit is waar dit moet verander. Ek wens ek het 'n oplossing gehad vir die een. Ordentlike wetstoepassing sal seker help, maar jy hanteer dan die oortreding self en nie die rede hoekom die oortreding gepleeg is nie. - Pieter van Heerden



Republikein Maandag 14 Augustus: Spaanse vrou op slag dood toe toerbus 'n paar keer gerol het op die hoofpad tussen Tsumkwe en Grootfontein. Ek het al baie toerbusse teengekom op grondpaaie, en ook al het baie toerbusse my verbygesteek. Ek wil net vra wat was die snelheid van die toerbus toe dit verby die dubbelkajuitbakkie beweeg het? As ek op grondpaaie 90 km per uur ry, steek toerbusse maklik met 100 tot 110 km per uur van agter my 4x4 verby! Baie toerbusbestuurders ry onverantwoordelik vinnig met toeriste op Namibiese grondpaaie. Hulle is altyd maar haastig om betyds die volgende bestemming te bereik. 80 km per uur vir toerbusse sal moet toegestaan word op Namibië se paaie en nie meer nie. Pap bande deur klip, stene is moontlik en die bestuurder verloor beheer oor die bus. En die gevolg is ongelukke waarin toeriste sterf. - 'n Eks-busbestuurder



Die slagtery vir donkies deur Chinese by Outjo! Dis absurd! Dit moet nie toegelaat word nie!



Kan mnr. Hanekom asseblief sê waar die mense met geen voordeel van 'n rekenaar hul stem kan byvoeg by die petisie? Daar is duisende wat by die huis is wat graag sal wil stem. Kan daar nie 'n ander plan bedink word waar ons almal ons stem kan plaas nie?Asseblief.



Chinese donkey abattoire near Outjo: With only 160 000 donkey's in the country is the abattoire a smokescreen for other wildlife being processed? Rhino? Elephant? Pangolins? Can Quivertree Consulting please publish their website where the EIAs (donkeys and others) are published and where people and interest parties can give their comments. I cannot find it on the internet?



Dankie mnr. Hanekom vir die petisie teen misdadigers wat so vrylik borgtog kry! Laasjaar was daar ook 'n verkragter wat uit was op borg op drie sake van verkragting en een van moord en het wraggies weer borg gekry op nog 'n verkragting. So kan dit nie aangaan nie. Is die magistrate en regters ooit gekwalifiseer?



Eers bohaai oor gemsbokvideo en nou stilte. Soos altyd!



Mr President: No, no Mr president and Minister of Finance. It is disingenious to belittle the messenger! It is clear that Moody's know some things you the Minister of Finance and your Economic Adviser do not know regarding the economy and the finance of Namibia. It is reported that a local economist has been warning the government regarding the deterioration in growth and debt ratios since 2015. You are therefor not being ambushed by Moody's! It is also reported that government has recently discovered increased debts to the private sector which was not budgeted for totalling billions of Namibian dollars. Clearly government is not in control of its finances. Your assurance that nothing has changed since the previous rating is therefore untrue. Mr President accept responsibility, encircle yourself with competent advisors (not numerous advisors), listen to valuable advice and introduce financial discipline.



Chinese abattoir plans continue! Note horror warning: Botswana authorities shut down a Chinese-operated donkey abattoir based on evidence of severe abuse and neglect! Namibians fear the same will happen at Outjo. Namibia only has 160 000 donkeys which means that in 228 days donkeys will be wiped out! Please do something to stop this madness! Petition!



The SMS Wednesday 15 August Swakopmund turns 125. To you I can only say jealousy makes you nasty.



Grace Mugabe attacks model in Johannesburg and quietly leaves the country. Shameful. Her two sons stay in the luxury Capital Hotel in Sandton - between 1 400 and 2 300 per night while studying in SA - a slap in the face of hundreds of thousands of Zimbabweans who live in misery, poverty and don't know where or when their next meal will come from. Shame on you Mugabes!



Rehoboth polisie, ons is bly vir die jongens wat weg is by die karwas voor Grens Store Blok E. Nou doen dan dieselfde met die anders ook. Blikkiesdorp agter Welkom Funeral, Royalstraat, 2de Straat, Bahnhof-lokasie en die hele Blok E. Dwelms loop voetsaam rond. Ons benodig jul hulp polisie.



Baie dankie vir die oulike troeteldierfoto's. Dit gee my dag 'n gelukkige begin!



My huishulp van 4 jaar sê vanoggend aan my, dat haar vriendin net van 8-12 werk vir N$230 en 1-5 vir iemand anders ook vir N$230 (ek betaal haar dit van 8-4). Dit beteken ek moet haar N$460 per dag betaal plus N$20 vir taxi. Ek is 'n alleenouer en in 'n toestand! Daar is geen manier hoe ek haar sal kan bekostig nie!



Toeriste beroof: Ek dink die staat het die geld nodig, dis hoekom hulle elke keer borg kry. 'n Skande.



Karibib-munisipaliteit se “build together houses” se mense van Windhoek kom glo nie om dinge reg te kom maak op die “system” nie. Ek betaal my lening af, maar die bedrag gaan nie af nie en wat ek gaan vra het, sê hulle dis die mense in Windhoek se fout. Ek is raadop.



Mnr. Kleinhans, ek wens so dat die regering kundiges soos u kan inspan voordat hulle net besluite rondom onderwys neem. Ek wil aansluit deur te vra: Het die regering al besin oor ons bevolkingsaanwas en die hoeveelheid plekke in skole vir leerders? Met die uitvloei van leerders na privaat skole was daar nog altyd geredelik plek gewees in staatskole. Ek reken dit het 'n versadigingspunt bereik. Kom ons maak die som: Kry die getal leerlinge tans in privaat skole wat na 1990 gebou is en reken hoeveel superskole van 'n 1000 plus leerlinge alreeds gebou moes gewees het. Het die regering al beplan vir die volgende tien jaar?



Chinese donkey abattoir: widespread reports from all corners of the continent have shown that there are serious concerns about animal welfare at Chinese operated donkey abattoirs. Botswana closed it down for this maltreatment. Will regular inspections be done by Namibian officials/inspectors?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!