SMS'e vir 18 Desember 2018
SMS'e vir 18 Desember 2018

SMS'e vir 18 Desember 2018

"...tog asseblief skole toe."
Mandy Rittmann
Waterkrisis op Hentiesbaai: Die CEO het die waterwesekontrak om meer water te voorsien nie geteken nie. Hy is met verlof en nêrens te vinde nie.

En daar gryp van die heel hoogste bome, president Hage Geingob, oudpresident Hifikepunye Pohamba en minister Charles Namoloh, mekaar toe in die openbaar by vegter Mbulunganga se staatsbegrafnis in 'n bekgeveg . . . Sjoe, elke Jan Rap en sy maat kan weens sulke goed die verdeeldheid in die Kabinet en die magtige Swapo sien. Plan se vryheidsvegters het sedert 1990 keer op keer talle voordele ontvang wat die belastingbetalers miljoene dollar kos. Mediese behandeling is dalk 'n kwessie, maar ander voordele is beslis oorgenoeg.

Ek hoop inderdaad die naweek se los druppels groei aan tot behoorlike donderstorms!

Ons moet maar bid die sterftes op die paaie hou nie aan teen dieselfde tempo as die afgelope weke nie, want dan kan die afname in ongelukke en sterftes dusver vanjaar uitgewis word.

Mense wie bome afkap: Weet u dit bewys dat u onnosel is. Bome is só belangrik vir suurstof dat ’n intelligente mens hulle nie sal uitkap nie.

Dit maak nie vir my sin dat die ministerie van landbou, water en bosbou aanvoer hulle hoef net permitte vir houtoeste uit te reik en die ministerie van die omgewing en toerisme moet op sy eis die kwessie van omgewingsklarings hanteer nie. Daar moet 'n makliker, verenigde administrasiemetode vir die belangrike kwessies wees.

Ek wil tog net sê, minister Katrina Hanse, kom van volgende jaar af tog asseblief skole toe. Asseblief, jy slaag, dan word jy sommer teruggestuur. Dankie.

Dr. Andreas Obholzer se raad is nou eenmaal snaaks. Punt is, dit is lekker vol humor en baie goeie raad daarby en gratis en verniet. Ek gaan dit beslis volg!

Dr. Obholzer - u stel genoeg koue windpompsjerrie voor voordat die manne die bier nader trek. Daai moet hulle tog ook maar matig doen om verdriet oor Kersfees en die nuwe jaar te vermy.

Kan heeltemal Jesse Schickerling se frustrasie verstaan. Joel Mattheus, soos hulle sê, jy is wat uit jou mond kom.

Meneer Peter Zimunthaler. Ek het nou amper van my stoel geval vir jou absurde aantyging. As al jou sestien mense opstaan en werk, dan hoef julle nie op ’n knop te bly nie. Is dit nie logies genoeg nie? Ons werk ons alies af om daardie vier mense te akkommodeer. Dankie.

Lyk vir my deesdae gaan dit net oor geld vir besighede en winkels met geen rus vir party van hul werkers. Des jare op die 24ste Desember was alle winkels en banke inkluis regoor die land om 10 uur die oggend gesluit, of jy nou jou kersinkopies of ander benodighede gekoop het of nie, en werkers kon lekker uitrus. Tye het darem baie verander.

Dit was lekker om 'n nuusberig in 'n heel ander styl te lees soos "Op (vermeende) booswigte se spoor . . ." Welgedaan.

Gochas polisie, doen jul werk reg. Moenie omdat jul vir die gereg werk, dink jul kan maak en breek soos wat jul wil nie. Dinge kan draai, jul onheil gaan ook uitkom. Ander mense word voorgetrek en ander word soos honde behandel. Doen jul werk reg asseblief!

Hoekom moet dit jare vat om sekere te maak Namibië verdien sy regmatige deel uit groot aandeletransaksies tussen maatskappye soos wat by Langer Heinrich gebeur het? Oom Calle sê Mauritius wou nooit die regering se versoek vir bykomende inligting antwoord nie. Wat sê Mauritius? Private besigheid sal altyd met so min as moontlik belasting probeer wegkom.

Joos Platt en Platt-familie. Ons innige meegevoel met die heengaan van Tannie Nettie Platt. Die gemeenskap treur saam met julle.

Olympia se swembad altyd toe! Hoekom?

How on earth is it possible that the public swimming pool in Olympia is closed again? Due to the fact that no lifeguard is available? Again? Who is responsible for this mess? This really is unacceptable! Please CoW explain! Thank you!

Die leser wat kla oor mense wat vir hul vriende briewe skryf via Republikein se Praat saam-bladsye . . . Ek hoop nie u praat van die geskrifte deur kaptein John McNab, mnr. Martin Dentlinger en andere oor die kapteinskap van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) nie. Vir ons as lidmate van hierdie gemeenskap is dit belangrik om hierdie menings te lees en dat dit op rekord geplaas word. - Reho-groete

Mnr. Rudi Koekemoer ("Invalshoek", 17 Desember 2018), ek sou ook graag die tentpenne langs die see wou gaan inslaan, of 'n huisie by Myl 50 huur, maar dit was my in my lewe nog maar min beskore. En veral nie vanjaar nie! Ek sou graag in gees wou saamdoen, maar selfs daarvoor is my gemoed hierdie jaar te swart.

Ek kry ’n man jammer wie se vrou net links voor in die motor bly. So duidelik wie dra die broek in die huis? Die man het geen sê nie. Hy moet sy mond toe hou. Dis leeuwêreld. Sies vrou, jy is skandelik!

Graag wil ek Apex Motor Spares Walvisbaai bedank vir ’n vriendelike en goeie diens. Baie selde dat ’n kliënt sulke goeie diens kry!

Dankie aan Coca-Cola en vennote vir die skoonmaakveldtogte aan die kus en in die Noorde. Ek dink baie ander besighede kan die voorbeeld volg. Tot almal eendag vanself weet om nie te mors nie. Die hoop beskaam nie?

Beslis - bêre jou selfoon wanneer jy bestuur!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!