SMS'e vir 18 Desember 2019
SMS'e vir 18 Desember 2019

SMS'e vir 18 Desember 2019

"Hou op kla..."
Mandy Rittmann
Ai tog Esau en Kie. Ek kry julle so jammer, dat julle agter in ’n polisiebakkie moet ry. Ja dit is ongelukkig nie ’n Mercedes nie. Het julle geweet dat die meerderheid van Namibië se getroue arbeidsmag dit daagliks gebruik en dan nog belasting moet betaal om julle korrupte fat cats te voer! Hou op kla en besin oor dit wat julle die land aangedoen het!

Esau en Kie. Julle is kriminele en moet soos ’n krimineel behandel word. Julle moet soos vrot visse in die vangwae gegooi word en in die selle gaan dump word, of verwag julle daar moet swart Mercedes Benze wees.

Hoeveel ander maatjies is daar nog van die Fishrot 6 wat hulle 6 maatjies vrygelaat wil hê? Laat dié 6 sit waar hulle hoort, sonder borgtog. Ontsteld.

Ons Namibiërs praat so sleg van Nigerians, maar ek dink ons is erger as Nigerians. Ons vat ’n trip vanaf Namibië net om in Zambia te gaan steel en dan moet jy in ’n ander land gaan sterf.

Het iemand al gewonder of die stinkvis 6 soos alle ander bandiete behandel word. Maybe hou hulle nice time daar binne.

Ek het al 21 Oktober aansoek gedoen vir ’n paspoort. Nog steeds niks. Mense wat na my aansoek gedoen het, het reeds hulle s'n. Dan praat mnr. Etienne Maritz van eerste in, eerste uit. Dit is nie so nie. My paspoort is al sedert 19 November in die laaste fase, moet net gedruk word, maar niks. Die adjunkminister moet haar miskien minder verlaat op verslae van die kantoor. Dit is leuens en sy verkoop dit vir soetkoek.

Bethanie Village Council. Die hele dorp stink orals waar jy beweeg. Ken die mense ooit die werk? Dit is onhigiënies vir ons almal. Die kinders speel in die stink, groen, swart waters. Dit is net verstoppings waar jy loop. Ons kan nie eens buite sit, dan kom die reuk ook in die huise in. Die hele jaar is die verstopping maar julle gee nie aandag en dan is julle werksure ledig. Doen julle se werk ordentlik asseblief!

Ek het ’n kontantbeloning vir enige persoon wat my kan oortuig van enige verbetering wat aangebring is onder die Swapo regering se bestuur!

Die Swapo-beeldpoetser wat so ten velde trek teenoor diegene wat Swapo vergrype, magshonger, EVM, knoeiery en so meer blootlê, moet met introspeksie begin asseblief. Dit is natuurlik u goeie reg om u mening te lig, maar om verby Swapo se wanbestuur van landsake te kyk, te maak asof als okay is en dat dit normaal is om ’n eens gesonde staat tussen twee heuwels van donker laan met ’n drein tussen in te trek en andere skuld te gee, is vêrgesog. Groetnis aan die geldwolwe. – Verkyker

Het 42 jaar na ’n vriend en sy vrou gesoek. Die dag toe ek hulle uiteindelik opspoor is die man ’n jaar gelede al oorlede en sy in die intensiewe eenheid van die hospitaal opgeneem. Sy het nooit uitgekom nie.

Polisie is besig om te bribe met shebeens in Gemengde lokasie, mr. Ndeitunga, die shebeens het lisensies.

Aan die skrywer oor kompetisie. Ek het alles gelos van MTC, alle bier en so meer. Dis voor die hand liggend wat agter die skerms gebeur. Die koerante waarin hul verskeie produkte adverteer word, kry ook geld van die adverteerders. Waarom sal hul ag slaan op die seleksie wat net sekeres bevoordeel? As jy wat kla, die ding op sy letter noem, dat net A en B voorkeur geniet, sal jy wat in die minderheid is van rassisme beskuldig word. Party weet van die bevoordeel, maar verkies seker om ander pad te kyk of hoe? Siener sien alles.

Ja nee! Wonder ook maar wie wen al die pryse. Seker iemand wat reeds genoeg het. Dis een korrupte wen storie hoor!

Ek het leë konfyt- en mayonnaisebottels, van plastiek en glas. As iemand belangstel, kontak my op 081 286 0780.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!