SMS'e vir 18 Februarie 2019
SMS'e vir 18 Februarie 2019

SMS'e vir 18 Februarie 2019

". . . gee jy dalk om . . ."
Mandy Rittmann
Landdros wat borgtog van ’n skamele N$3 000 aan die spul wat die wildehonde afgemaai het, toegestaan het, verstaan of gee jy dalk om vir die bewaring van ons bedreigde spesies? Iemand help tog bietjie daar, dat hulle geleer word.

Studente wat aan Maltas-klub behoort het na Amerika gereis om Amerikaanse kultuur te leer? Dit is natuurlik lewensbelangrik dat hul akteurs leer ken het, Beverly Hills, Justin Timberlake, Michael Jackson en Houdini se huise besoek het en die stel waar Harry Potter flieks gemaak is? Baaaie leersaam? Wonder wie het betaal vir hierdie “jolly trip”?

Papierlose parlement. Die PP. Is ons verbaas? Al die papiere en plastieksakke word mos as rommel in die pad of veld gestrooi om ons nasionale blomme te word. Amper almal, nie net die parlement is skuldig daaraan.

Nasa het fout gemaak om Opportunity Mars toe te stuur, hulle moes ’n Toyota gestuur het!

Minister of Environment. Please read the article “Plunderers are at the gate” on page 11 of the Namibian of 15 February 2019. It spells out the devastation and consequences of the plundering/killing of our hundreds year old trees and forests and ecosystem. Did you know that pictures of the shocking devastation in the north was aired on German TV? So even the world environmentalists are watching and are shocked. Stop the carnage immediately and completely.

Moet noem. Ek sal liewer na die 10 uit 237 mediese en tandheelkundige studende gaan vir hulp as die wat in Namibië gestudeer het.

Sal die ontvanger asseblief hul stelsel/sisteem in orde kry! Hulle onbehulpsaamheid (en skynbare onwilligheid en onbevoegdheid) frustreer ons wetsgehoorsame burgers tot op breekpunt. Betaal ons VAT terug en moenie die stelsel skuld gee nie.

Ingeval ’n kleiner kabinet, wat ons kiesers die afgelope jare bepleit nie duidelik is nie, word die volgende bedoel en gevra: doen weg met alle adjunkministers en adjunk-permanente sekretarisse se poste en plaas ministeries wat verdeel was weer terug soos voorheen onder een minister.

As die meester van die hof boedelkostes op 3,5% vasstel, hoekom loop die boedelberedders ons so in?

Onwettige skool in Cimbebasia? Ons in Hochlandpark sukkel al jare met 'n onwettige kollege. Hulle het nie goedkeuring om besigheid daar te bedryf nie, en daar was ook ’n saak teen hulle gemaak van bedrog na hulle ’n dokument vervals het. Niks gebeur nie. Weet nie wie word betaal om te keer dat die plek toegemaak word nie.

Los vir Max: Jy is tog laf. Die gemors is al genoeg, ja, nou nog klankgemors by. Nee man, dink weer!

Verkeersafdeling. Inspekteur L en inspekteur B skryf weer boetekaartjies dat dit kraak tussen Mariental en Stampriet. Ek word afgetrek omdat my bakkie se hoofligte nie aan is nie. Terwyl ek onder die koelteboom staan en wag vir my boetekaartjie kom daar ’n polisiebakkie aan. Hoofligte nie aan nie, maar net parkeerligte aan. Inspekteur L laat die polisiebakkie deur by die padblokkade, sonder enige vermaning. Is die polisie nie veronderstel om ’n voorbeeld te stel nie? Suur druiwe!

Ek het ’n groot probleem met Mariental se polisie wat in uniform drink en mense slaan. Dit is nie iets goeds nie en polisie van Mariental, hou op mense slaan. Dit is nie julle kinders nie.

Ek stem saam. Laat Siedentopf sy goed uit die woestyn verwyder. Die Namib het sy eie musiek gemaak deur wind en sand. En stilte.

The Witbooi Traditional Authority seemingly mistaken about political power. The power is with the core Witbooi family and surviving Elders in that Royal House. Ishmael is from the religious section (soft of the clan). Kaptein Designate S J Witbooi was properly nominated at a public clan meeting and properly coronated.

’n Baie groot dankie aan die personeel by Checkers Maerua Mall vir jul hulp op Valentynsdag. Dit is baie waardeer en goed om te weet dat mense nog omgee en help.

Twee dames trou op Swakop. Jy wat noem dat jy dalk agter die klip is, jy is agter die berg. Wat maak dit saak of hulle hier kan trou en waar hul huwelik geregistreer is? Of vra jy, want jy wil dieselfde doen?

Die mense wat die optog op Kalkrand lei, is “drug lords” en drink op die huise se dakke en die hele gemeenskap en owerhede is bewus. Nou hoe nou? Waarheen word die jeug gelei en hoe? Veral as hierdie twee jong manne betaal word deur mense wat op die werkloosheid van die jeug se rug ry. Dis ’n skande om iemand anders se vuil werk te doen en so gebruik te word, terwyl ons kwesbare mense se nood misbruik word om “drug lords” se besigheid te bevorder.

ACC en Ombudsman moet regtig Kalkrand se polisiestasie besoek en die polisiesake waarby hierdie jong manne betrokke was, ondersoek. Grootste krimineel wat los rondloop op Kalkrand en nou gebruik hy die werkloosheid van die mense om geld daaruit te maak en sy dwelmbesigheid te bevorder. Wees verseker, ACC sal besoek word en ’n volledige verslag sal oorhandig word oor al die “kingpins” wat die weerlose mense op Kalkrand gebruik vir julle korrupte aktiwiteite. Onwettige erwe ingesluit.

Kalkrand se optog is net ’n doodloopstraatstorie. Die inhoud is “xoboxobo” stories.

Ek het nog ’n Opel Corsa automatic. Ek soek tog na ’n goeie “mechanic’. Kontaknommer – 081 245 2377.

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer