SMS'e vir 18 Februarie 2021
"Ons het huise . . . nodig."
Die coronavirus is algemeen bekend vanaf 2019. Nou is Namibië nog onbevoeg om in 2021 nie sowat 2 miljoen te immuniseer nie en dit terwyl koerante van miljarde skryf wat skree om verantwoording. Waarheen is Namibië op pad?
Privatiseer sekere NWR geriewe: diskwalifiseer polities-gekonnekteerde persone nou al, anders gaan dit weer in ’n bôggerop ontaard wat die belastingbetaler weer voor moet betaal. Kyk byvoorbeeld na Langstrand, Myl 14 (voor Windpomp 14) ens.
Hoeveel vrot kom daar nog? Ons het ’n visvrot, nou ’n Air Namibia-vrot en ’n olievrot is besig om sy kop uit te steek. Alles te danke aan ’n onbevoegde, korrupte regeringsvrot.
Kan ’n ingenieur met kennis asseblief vir ons sê of die bedrag van N$93,50 ’n werklike weerspieeling is van die koste om ’n 5,8 km lang gedeelte van die Omahenene-Olushandja-kanaal te herbou? As belastingbetaler wat vir die betaling van hierdie bedrag verantwoordelik is, wil ek graag weet.
Die regering het vir alles geld, so ek hoop dat ons ook daaronder val. Ons het laasjaar niks ontvang nie en lewenskoste het baie gestyg. Die N$1 300 is hopeloos te min.
Rudie, jy het so baie lawaai gemaak oor swak dienslewering in Rehoboth, maar nou dat jy in die posisie is om dinge reg te ruk, lyk dit vir my doen jy ook niks. Begin in die dorp, skraap die stop se strate naaste aan die dorp eerste en nie Blok F nie.
Rehoboth-inwoners, bly by die reël van net 50 mense by 'n begrafnis. Bly by die huis. Daar is ’n gesin wat Covid-19 opgedoen het by ’n begrafnis en die dominee en sy vrou. Is dit hoeka oor die kos, want daar is kos by begrafnisse.
Mnr. Mayor in Mariental, Landless People Movement. Ons het huise in Mariental nodig.
Ek is asseblief opsoek na die kantoornommer van LPM in Windhoek.
Is daar iemand wat my asseblief kan help, hoe om katte te verwyder uit my erf. Asseblief gee raad. Dankie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie