SMSu2019e vir 18 Januarie 2018
SMSu2019e vir 18 Januarie 2018

SMS’e vir 18 Januarie 2018

“. . .inderdaad Namibiese helde!”
Dani Booysen
Studente wat wil inskryf vir onderwysdiplomakursus moet vir Engels en jou tweede moedertaal inskryf, maar hulle bied nie Afrikaans as tweede taal in Windhoek aan nie. Studente moet in Keetmanshoop gaan studeer. Niemand in die land was daaroor ingelig nie. Sal die Universiteit van Namibië ons kan inlig hieroor en wat die rede is.

Dis darem laat in die dag as ‘n 20 jarige vrywilligeronderwyser die foute in Namibië se onderwysstelsel moet uitwys. Dis amper ‘n geval van gaan na die suigeling as jy die waarheid wil hoor. Hoop ons minister het die brief gelees en ter harte geneem.

As daar rêrig nie geld is nie, hoekom nog staatsbegrafnisse hou wat so duur is terwyl “election promise “ van “free education” nie bekostigbaar is nie. Dis nou begrafnisonkoste en reis en verblyf vir president en gevolg, “PM” en gevolg, “Dep PM” en gevolg, ministers, adjunkte, “bodyguards”, brandstof vir konvooie en noem maar op. . .

Aan Matuzalag. Oor jy dalk fiks is of nie gaan kruppel wees in jou oudag nie, is dit baie lelik om sulke opmerkings te maak. Tel asseblief jou woorde. Vra die Here om jou huppel vir jou oudag te spaar????

Leeuslagting van 172 skape by Brandberg? Rêrig? Hoe is dit moontlik dat niemand by die lodge net 100 meter verder 172 skape nie hoor blêr in die nag nie? Kyk die foto mooi. Sand is glad, geen tekens van “struggle” of skaapspore wat moet paniekbevange gewees het of leeuspore nie? Geen bloed? Reuseslang in die gras? Daar is 600 tot 700 skape, nie net 172 en niemand het hul paniekbevange geblêr gehoor nie???? Nie net slang, maar reuseanakonda in die gras?!?!

Reusebankbedrog - Van wyk steel 288 keer oor jaar en half en niemand kom dit agter? Ander betrokke? Enigiemand wat gehelp bedrieg of saamgespeel het, is mos ook skuldig?

Phala, Dylon en Herman, die drie tieners wat die vier seuns gered het uit die magtige Atlantiese Oseaan is inderdaad Namibiese helde!

Ons so bly vir die reën in Okahandja, maar die munisipaleteit se gate word net groter en meerder.

Die Rehobothers was nog nooit ‘n klaende nasie nie, maar net ‘n trotse nasie. Ons kla nou oor die uiters swak bestuur van ons pragtige dorp wat nou met rasse skrede een van die swakste dorpe onder die amptenare geword het. Hulle het ‘n agtermekaar dorp gekry.

227 selfone gesteel by Pep in Usakos? Hoekom sal die winkel so ‘n reuse-“stock” selfone hê? Dis nie of daar duisende mense leef en gedurig selfone koop????

Ek vra seker nou ‘n dom vraag, maar kan iemand my dalk sê wat is die inflasie-“rate” in Namibië vir 2018 – plaas u antwoord in die koerant. (Die gemiddelde inflasie vir 2017 was 6,2% soos deur Market Watch berig. Inflasiesyfers is nog nie vir die nuwe jaar beskikbaar nie.)

Kan die koerante asseblief nie foto’s plaas en plekname gee van waar renosters is nie. Trizelle Green, bewaar daardie foto vir jou nageslag. Hulle sal dalk nie die voorreg hê om ‘n renoster te sien nie. Skelms en jagters lees ook die koerant.

Uitstekende punt, SAP&H. As daar haatspraak teen blankes gepleeg word, is dit doodreg. Waag iemand dit om die waarheid te praat oor Afrika, is almal kastig kwaad. Kwaad vir die waarheid!

Die arme kinders in Hoachanas-“hostel” kry honger, want die tannies loop soos krappe skeef van die gewig van die kossakke wat hul huise toe karwei vir hul gesinne. Mans werk nie. Verkoop klaar gesmeerde brode rond. O, dis darem lekker. - Bekommerde ouer

Apparently Rukoro found von Trotha’s original letter / order to fire. Could he please publish this so the people can read the complete letter / order themselves and get the whole picture?

Aan die skrywer van die SMS in vandag (Woensdag 17 Januarie 2018) se Republikein. Jou taal van “ou broer” verraai jou ook! Ons is lidmate van die ELKRN deur ons ouers en voorouers. Jy het geen, maar geen reg om mense te laat gaan nie. Jou leiers het ons mening nodig om ons te lei. Jou vermoede oor die SMS’e moet daar in die hoofkantoor begin. Dis so!

Liewe inwoners van Sipresstraat, Suiderhof. Doen asseblief iets oor die klein wolhaarbrakkie wat alewig aan die gekef is. Dis van vroegoggend tot laat aand. Aanhoudend!!! Dit maak mens mal! Hoor julle nie self as die brakkie so aangaan nie????

Ek wil net gevra het oor graad 8-kinders wat ons by Frans Indongo-gebou gaan inskryf het, hoe lank moet ons nog wag?

Ek kan nie verstaan dat ‘n mooi dorp van ‘n paar jaar gelede in ‘n ashoop verander het. Die teerstraat bestaan net uit slaggate. Ek wonder wat doen die mense wat verantwoordelik is vir die onderhoud van strate.

Die gesalfde skryf uit Idimus. Daar is oorvloed reën op pad. Dis baie water al op ons noordgrens van die Atlantiese tot die Indiese Oseaan. Dis ‘n 300 km breë gordel van wes na oos. Die res van SADC is bogemiddeld tot die suidpunt van Afrika. Maar sy Vadersorg is elke môre nuut. Ek sê jou so sal dit wees.

Karin Eloff, jou rubriek oor ontgroening (“Soos ‘n sot op droë grond”) laat my wens jy was een van my skoolouers en ek weet met so ‘n gesindheid wag daar ‘n blink sekondêre skool-loopbaan op Spruit. Sterkte julle twee! - Oom Apie (oud-onderwyser)

WHS blou rompe (3), langbroek, “jersey”, “pullover” en 2 baadjies beskikbaar vir gr 8 tot 10 dogters. – 081 218 8937

Ek vra maar net of daar iemand is, of dalk die Reserwebank van Suid-Afrika, wat na hul ou randnote soek. As daar dalk iemand is ,antwoord met u nommer dan kan ek vir u bel. Dankie.

Wie in Whk het die vorm (“mold”) van Lovey (porseleinpop) van Bets Jetschko gekry? Het dit nodig om te leen om een reg te maak. Kontak asb Rosemarie 081 242 5135.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!