SMS'e vir 18 Julie 2018
SMS'e vir 18 Julie 2018

SMS'e vir 18 Julie 2018

". . .begin belas ons. . ."
Mandy Rittmann
“Italiaanse dokter”-slenter: Ons was ook gekontak deur Giovanni Palermo en hul toergids, Johan van Wyk. Hulle wou 'n lodge koop vir N$80 miljoen. Ons het onmiddelik besef dit is 'n slenter. Net om weer 'n paar weke daarna deur 'n Luigi Palermo gekontak te word. Dieselfde slenter!



20 jaar vir moord is redelik, hoewel nie voldoende. Maar hoe verantwoord is vier jaar tronkstraf vir drie lewens wat summier weggeruk word, soos op 'n jagveld en dit nogal deur 'n geneesheer?



Oom Calle, wanneer begin belas ons die mensies wat wegkom met die staat se miljoene? 15% van iets is beter as 100% van niks. Sterkte aan al die SME's.



Die mense wat oorkant Aris skool (op die Dorabis-pad) verlede week afgelaai is en gister 'n sinkhuisie daar opgeslaan het, by wie het hul toestemming gekry? Hoe lank gaan hul daar plak?



Meneer die boer wat jou werkers verlede week onder 'n boom gaan aflaai het, dankie dat jy jou probleem iemand anders s'n maak. Daar is geen toilet- of wasgeriewe, en dit is in die middel van die winter. Hoe lank gaan hul nog daar onder die boom moet bly?



Dit is totale chaos by Bipa. As hulle nie lêers laat wegraak nie, maak hulle foute met die uitreik van kwitansies en ons moet net betaal. Uiters ongeorganiseerd!



In verband met hoes in klas. Watter absolute snert! Hoe op aarde sal verandering van kwartale meebring dat die gehoes sal stop? Trek die kinders volgens weerstoestande aan, en gee hul hoesmedisyne as nodig. Nog nooit sulke sinlose twak gehoor nie. Ai!



Aan die redakteur. Baie mense weet nie wat gedoen moet word nie tydens 'n “National three days State of Mourning”. Verduidelik tog vir besighede, skole, staat en die publiek. Dankie.



Erongo RED, please explain why large power users who obviously do large business and make large profits only get a two percent tarrif increase, and why the man already struggling, the man on the street an increase of five percent? Should be the other way around. You are milking dry cows until they starve!



Okahandja-munisipaliteit, ons in Oshetu nommer 3 sukkel met water. Die manne wat die watermeters insit, hulle sit by die mense wat hulle ken in, en die ander moet wag. Kyk tog asseblief daarna. Ons sit met die gelde om die meters te betaal, maar daar is nog niks wat gebeur het.



Assistent- en ingeskrewe “enrolled” verpleegsters was en sal die ruggraat bly in alle gesondheidsdiens­lewering. Nou is die opleiding van assistente gestop en die opleiding van ingeskrewe verpleegsters in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste word geleidelik uitgefaseer en miskien ook die totale opleidingsinfrastruktuur met al sy fasiliteite, omdat daar nie poste is nie. Ironies genoeg word dieselfde kategorieë in die ontluikende privaat sektore opgelei. Die hele benadering is so verwarrend, of is dit juis dié doel wat die middele heilig?



Liewe ouer mense moet nou wraggies ophou kla oor die tydsverandering. Ons het vir jare met die tyd oor die weg gekom tot dit verander is. Skole kan 'n half uur later begin. Dis lui mense wat kla oor die tyd! Die tyd wat ons nou het, werk. Almal moet net inpas soos toe hulle laas moes aanpas.



Dis Julie. Wanneer kry die kinders die “advice”, dit belemmer kinders se werk soek, want dit word gevra.



Veels geluk Franse Hane! Hoop net my broers wat deel van daardie span was bring 'n span op die been vir die volgende “World Cup” wat Afrika sal laat juig!



Mr. Duiker. When can we expect an answer on our children sportswear? They still did not receive the wear or any clarification on this. You are fast to react on accolades that suits. Be honest with us parents!



Grootman het beeste gesteel en sy brandmerk opgesit, en op die ore sy merke gesit. Dit is by Blouberg, Omaheke.



Invalshoek 16 Julie 2018. Inligting oor tendense in godsdiens nogal insiggewend.



Ek wil net graag baie dankie sê vir die man wat my by Pionierspark se “service station” uitgehelp het met kontant toe my kaart nie wou werk nie. Jy is 'n goeie mens en sal nog baie geseën word.



Ek wil vir Suzette Maletzky by Waltons, Okahandja sê hou so aan, jy verdien daardie bestuurderspos. Baie behulpsaam en vriendelik. "Go girl", sy maak naam.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!