SMS'e vir 18 Junie 2018
SMS'e vir 18 Junie 2018

SMS'e vir 18 Junie 2018

". . .eers leer bestuur. . ."
Mandy Rittmann
As ons teruggaan na vier kwartale toe, asseblief sorg dat ons kwartale en vakansies ooreenstem met die van die RSA. Wat is so moeilik daaraan? Gaan steek kers op by die RSA se skole. Waarom moet ons nou so oor ons eie voete val en dit so ingewikkeld maak?



Voordat die taxi's verhogings kry, moet hulle eers leer bestuur en die verkeersreëls nakom.



"Meatco re-instates 15% VAT on all livestock delivered to the abattoir. All cattle delivered from 15 April 2018 onwards and invoices subsequently that were zero-rated will thus be recalculated. All monies due will be paid at the end of June 2018." Verduidelik asseblief waarom BTW in die eerste plek weggevat is. Was dit 'n onsensitiewe besluit van die regering wat tot werkloosheid sou lei? Of 'n oningeligte MoF-personeellid se instruksie aan Meatco. Min boere sal laat slag by Meatco as BTW nie betaal word nie.



Dit maak ons seer dat lewens verlore gaan as gevolg van verkeerskonstabels wat nie uittrek na ons hoofpaaie nie. Die "regional commanders" moet hulle los dat ons paaie begin gewerk word. Hulle is vir ons van kardinale belang op ons paaie. Net hulle teenwoordigheid laat die booswigte en jaagduiwels versigtig bestuur. So wat sê julle? Ons roep na julle verkeersmanne. Hoop ek sien julle binne die volgende week gereeld op die paaie.



"Deputy"-kommissaris van Nampol "Traffic": Asseblief, u weet presies waar die probleem op ons paaie is. Geen verkeersmanne op ons paaie nie. Almal maak nes hul wil. Laat die manne uit die dorpe kom en hul dienste verrig waar dit nodig is. Glo my, net hul teenwoordigheid op die paaie sal 'n groot verskil maak.



So NWR announced that with imme­diate effect if you are caught with a plastic bag in your car in a Nature Park/Reserve you will be fined N$500 or 6 months in prison (the relation always boggles the mind!). Exceptions are however if they are used for garbage collection for agricultural purposes or used for specific packaging? Total contradiction? Halloooo! What else would one use them for?



Baie dankie, TUN, vir jul voorstel om terug te keer na 4 kwartale per jaar. Beste nuus ooit! Kom, ministerie van onderwys. Dit kan nie so moeilik wees om dit vir julself uit te werk nie.



Dis skokkend om te sien dat skolerugby ook gebukkend gaan onder onregverdige skeidsregters. Bou nou so sportmanskap!



NBC Kaisames moet onmiddelik mnr. Ricardo Garoeb van die wêreldbeker-kommentaar afhaal. Hy praat dinge wat niks te doen het met die “game” wat gespeel word nie. Ons stel nie belang in ander stories nie. Asseblief, mnr. !Garab.



MTC, ek betaal my selrekening, nie julle nie. Julle gebruik dit vir julle eie promosie. Kan nie stopgesit word nie. Elke 5 minute pla julle my met promosies.



Hans Eichab het op radio Damara-Nama aangekondig dat hy deur DC Gertze, wat homself as Veldskoendraerleier verklaar het, genader is om die Veldskoendraer-geskiedenis met die Damara-Nama luisteraars te deel. Volgens Hans se weergawe is die Veldskoendraers deur die Damara ontdek. Dit is 'n ope geheim dat Gertze eintlik nie 'n Veldskoendraer is nie, maar 'n doodgewone kansvatter wat môre weer iets anders sal probeer. Hoekom moet Eichab en Gertze soveel skade aan Veldskoendraers doen, net omdat hulle nie aan die volk behoort? Die Veldskoendraers het mos ook hul trots.



Ek het nie geweet 'n mens kry sulke onnies soos die onnie van Rehoboth nie. Totaal oningelig met geen begrip van die realiteit nie.



Watter SPCA sal kan help met die klomp verwaarloosde en honger honde van Kamanjab, Rotsvesting-woonbuurt?



Waar kan ek medisinale “Cannabis oil” kry? Gehoor dit is goed vir persone wat kanker of asma het. Wie is agente daarvoor? Baie dankie.



Sleepmasters het geen telefoonnommers by enige van hulle advertensies nie. - Paul de Klerk

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!