SMS'e vir 18 Junie 2020
SMS'e vir 18 Junie 2020

SMS'e vir 18 Junie 2020

". . . eerlik met mekaar . . ."
Mandy Rittmann
RCC, Amta, Agribusdev moet dadelik toegemaak word. Ek is 100% seker daar is geen doeltreffende regrukplan vir die entiteite nie. As SOE-minister, mnr. Leon Jooste, oortuig is dat daar ’n effektiewe regrukplan is, laat die entiteit dan die geld gaan leen by ’n finansiële instansie. Die miljoene wat die maatskappye soek, is bloot vir salarisse.

I am so disappointed in our parliamentarians. They clearly lack the following: critical thinking, logical argumentation/reasoning, general knowledge and intellectual perspicacity. What they have in abundance is political hooliganism.

Daar was baie mooi foto's, maar Klouter-Kabouter span die kroon.

Ons moet tog eerlik met mekaar wees. Die sommige mense wat drank kan hanteer, is maar net 20% van die totale drankgebruikers. Hoekom moet die 80% laat suffer word, ter wille van 'n minderheidsgroep wat claim hulle kan die drank behartig.

Ek stem dat sperstrepe landwyd bekyk moet word. Op sommige plekke waar daar moet wees, is niks en dan op ander plekke waar jy kilometers ver kan sien, is daar sperstrepe. Gebruik hulle blinde mense om te bepaal waar sperstrepe geverf moet word, wonder ek baie?

Skinkikofi met oos wat kwaai waai inni baai. Stofdig en baie kwaai. Jare gelede so gewaai. Groete uit Walvisbaai. Later skoonmaak en braai. - Mogamat Salie Saban

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer