SMS'e vir 18 Junie 2021
SMS'e vir 18 Junie 2021

SMS'e vir 18 Junie 2021

"... 'n see van kaias ..."
Mandy Rittmann
Gaan kyk bietjie die staatshospitaal, Andries Lombaard, in Tsumeb. Dit is ook ’n dumping site vir ou stukkende karre en dit lyk of die werf laas voor onafhanklikheid skoongemaak is. Dr. Lombaard sal in sy graf omdraai. Waarom is hierdie nuwe regering so lief vir vullis? Lyk dit binne die hooggeplaastes se wonings ook so?

Watse lockdown? Absoluut idioties. Van tweede golf tot nou het GRN niks gedoen om derde golf te akkommodeer. Geen beddens, ventilators, suurstof. Viva Swapo!

Hoekom dink die regering was daar jare terug 4 kwartale. Natuurlik om die kinders die grootste tyd van winter by die huis te hou. Nou moet Covid julle seker wakker skud, asseblief kyk daarna.

Ek ken geen mens wat dood is van Ivermektien, maar hoor elke dag hoeveel mense oorlede is van Covid-19. Is ons lewe dan minder werd as ’n skaap s'n?

Is die Covid-19- entstowwe geregistreer vir menslike gebruik? (Ja. - Redakteur)

Het nog altyd gewonder. Voor die koms van die Duitsers was die Herero’s en Namas gedurig in oorlog gewikkel oor grondbesit. Ek en ek is seker baie Namibiërs sal graag wil weet wat wil die Chiefs van Duitsland hê.

Hoekom moet ek na sommige politici verwys as honourable as hulle doendinge nie eerbaar is nie? In wat excel iemand exeptionally well dat ek iemand wat onder geen omstandigheid buitengewoon presteer na hom moet verwys as your excellency? Waarom moet ek na iemand opsien wat op my neersien? Hoekan ek met trots na my president verwys as sy presidensie die land in ’n politieke doolhoof laat beland het met geen uitkoms in sig? Hoe slaap jy rustig op ’n ingevoerde bed van duisende plus, terwyl ’n see van kaias vermenigvuldig het tydens 31 jaar se leë beloftes met Vision 2030 net 9 jaar vêr? – Keinamab

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!